Hi daar.
Die seisoen is baie frustrerend sovêr die jaar. Almal om my skiet en gaan te kere maar ek maak niks. Laasweek Saterdag ry ek en 'n ander ou saam na ons poste. DIe poste is so 150m uit mekaar. Ek vra toe vir hom of dit ok sal wees as ek die eerste een vat die ou het 4 jaar daar 4 geskiet op dieselfde oggend. Hy sê dis geen probleeem ek ek is bergop en nou wag jy maar - die wind waai erg tussen 7 en 9m per sekonde. Ek maak niks maar daar kom 3 varke by my buurman uithgehardloop. Hy skiet die sog en 'n kleiner een en mis die 3de een. Bleddie hel.
Tou jag ons nou Saterdag weer. Ons kom by klubhuis en sien ons poste - ek is ingeskryf waar my pal Seb gewoonlik is en hy het my gewone pos. Toe ons opry vra hy vir my watter pos ek verkies - ek sê toe nee hel ek kies nie meer nie want ek kies altyd verkeerd. Hy sê toe dis reg ns bly by die plan soos dit opgetrek is. Ek stap toe die ent tot op die pos en dis pragtige wereld. Baie mooi views - kan tot die see sien van daar en Arles ook.
Ons is op ons spots so teen 8:30 en die honde word gelos. DIe honde begin vinnig spoorvat en skielik begin hulle mal blaf. 9:19 kry ek 'n oproep van my buurman Didier- hy het die varke gesien en hulle kom op na ons kant toe.
Ek is aan die bokant van 3 valleie - hulle kan net links of regs gaan want agter my is daar nie opgaan plek nie want ek is op die onderkant van 'n berg. Hulle vat die pad na my linkerkant toe - net wat ek nie wou gehad het nie want die son is nou agter hulle.
Ek het 'n driepoot skietstok gekry vir my verjaarsdag en ek gryp hom en hardloop na my links. Daar is seker so stuk of 8 varke. Ek kyk na die eerste een en toe dit oor 'n bos spring dog ek, ek sien hare onder die pens so dis 'n beer vark. Ek sit die 308 in driepoot en op so 130m mik ek vir die kop en laat die skoot loop. Die vark val en staan weer op maar draai in die rondte. Ek haal oor om nog een te try skiet maar kan niks meer sien want hulle is oor die bult. Hardloop tot by die knop sodat ek in ander vallei kan sien maar die varke is weg en die skote klap van my vriend aan my linker kant. Hy skiet een en kwes een.
Ek draai om te kyk waar my vark lê en sien dit besig om in vallei in af te gaan. Ek sien die tande en weet hier moet ek nou vinnig speel want ander gaan daar honde seerkry. Lê aan deur die mikstokke en weet ek moet nou daai vark plat kry maak nie saak hoe. Vark hardloop so quatering away. Mik op pens om deur die longe te skiet, skiet klein bietjie agter toe op so 150m - deur boud maar die vark val en ek gaan af om honde te keer.
Kom by vark en dit lewe nog - ek wil nie weer skiet nie want klippe en honde maar ek het my groot dolk in my sak gelos. Het net 'n afslag cutter by my. Sleep vark uit onder bos uit en druk vas en sny slagare af met die lemmetjie. Pap nat gesweet.
Die jag hou uiteindelik so 11:30 op en ek pak my sak en geweer en als. Stap af na vark - ek die klossie hare onder die pens misgis vir 'n willie - Dis 'n dröe sog wat nog nooit kleintjies gehad het nie van 85kg.
Nou moet daar vark uitkom daar. Ek is alleen en begin maar teen die bult opsleep na my linkerkant wat vir my die naaste lyk. Sleep die vark so 150m alleen sonder tou teen bult op toe my Seb daar aankom met 'n tou - nee ek moet ander kant toe gesleep het, daar is klein paadtjie daar. Hy kan nie help sleep nie want sy rug is seer...
Ek sleep toe maar weer die vark af en begin weer opsleep. DIs harde werk maar Seb dra ten minste my geweer en help dar die kop nie in die bosse vas sit nie. Toe daar so 60m oor is kom seun van 16 by en my vriend Didier wat binnekort geopereer moet word vir sy rug daar aan en 'n omie van 70. Dit help nie veel nie maar daar is ten minste morele suport

. Hulle help as die vark vas sit en so aan. Ek het die tou om my middel lyf gebind en om die vark se tande en neuk net reguit voort.
Kom eventually by die paadtjie uit en vark word opgelaai saam met 4 ander. Kom by die klubhuis aan en daar lê al klaar een. Myny is die grootse vir die dag. Ek besluit toe om haar af te slag om my koëls te kyk. Eerste een is in die nek in het blad in sy glorie geskiet. Kan nie glo sy was nie opslag dood nie. 2de skoot is by boud in en by pens uit - ook nog nooit soveel skade gehad nie - gelukkig was albei stukkie wat flenters geskiet is aan dieselfde kant, so een ou het dit sommer gevat vir sy honde.
Bly om op die scorebord te uiteindelik!