Page 1 of 1

Raad vir n scammer

Posted: Mon Oct 09, 2023 4:02 pm
by Armand Steenkamp
Dagse vrinne... ek hoop julle kan my dalk n bietjie raadge. Ek weet ek poep seker teen die wind maar dalk is daar n plan. Ek het laasweek woensdag op n groep op Facebook gevra ek is opsoek na n russiese Mosin Nagant. Iemand wat op die groep is het my n whatsapp gestuur en gese hy het so n geweer in die mark en of ek sal belangstel. Ek het gevra of en net eers n deposeto kan betaal en hy het ja gese. Na ek die deposeto laas woensdag betaal het het hy net sil geraak en gladnie my boodskappe geandwoord toe ek vra hy moet die papiere stuur. In die fotos van die geweer kan ek n reeksnommer sien.. is daar enigeiets wat ek kan doen? Ek kan nie niks doen nie. Dit gaan net aanhou en aanhou gebeur tot niemand meer 2dehanse goed wil koop nie....
Ek sal julle insette ongelooflik waardeer

Groetnis

Re: Raad vir n scammer

Posted: Mon Oct 09, 2023 4:10 pm
by alecjohnson
Dis baie jammer, ek betaal nie meer depositos of koerier of so nie, meeste is scams, maar dit help jou nie nou nie. Die kans dat daai wapen se fotos net gebruik is en op 'n ander onskuldige se naam is is baie groot. Volgens my moet, met die RICA sisteem, dit moontlik wees om so 'n mens vas te trek, maar dit is volgens die polisie hier nie moontlik nie. Dalk is hier mense met meer kennis. Die skelms is baie slim...

ek sal hier volg.

Re: Raad vir n scammer

Posted: Mon Oct 09, 2023 4:31 pm
by Gideon@1
Delete facebook!!!
Nie almal op “facelessbook” is skelm nie, maar die meeste van die skelm is op facebook…
🤣🙈🤣

Re: Raad vir n scammer

Posted: Mon Oct 09, 2023 4:46 pm
by Forester
Dit gebeur nie net op facebook nie, ek het onlangs my vingers gebrand met 'n bekende handelaar wat al meer as 30 jaar bestaan. Sterkte, ek twyfel of jy die deposito gaan terugkry.

Re: Raad vir n scammer

Posted: Mon Oct 09, 2023 5:10 pm
by tripodmvr
Armand, koop net hier op Jaracal of gebruik 'n plaaslike lid om die item te gaan inspekteer. Die skelm verdwyn dan en jou geld bly in jou sak.

Re: Raad vir n scammer

Posted: Mon Oct 09, 2023 5:45 pm
by Capt. Yoda
Daai fotos gaan van n geweer op gunbroker wees, jammer ma jy moes vra of jy iemand kon stuur om te kom kyk. Ek raai nou maar die prys was seker ok n bargain

Re: Raad vir n scammer

Posted: Tue Oct 10, 2023 6:45 am
by Toxxyc
Ja nee van iemand wat amper daagliks met scammers werk, kan ek jou eerlikwaar sê jy piepie teen die branders. Skryf dit neer as skoolgeld en beweeg aan. Mag ek vra watter fotos hy gestuur het? Dalk hulle hier plaas, dan kan mens kyk waar hulle vandaan kom?

Re: Raad vir n scammer

Posted: Tue Oct 10, 2023 6:57 am
by Armand Steenkamp
Toxxyc wrote: Tue Oct 10, 2023 6:45 am Ja nee van iemand wat amper daagliks met scammers werk, kan ek jou eerlikwaar sê jy piepie teen die branders. Skryf dit neer as skoolgeld en beweeg aan. Mag ek vra watter fotos hy gestuur het? Dalk hulle hier plaas, dan kan mens kyk waar hulle vandaan kom?

Re: Raad vir n scammer

Posted: Tue Oct 10, 2023 7:26 am
by Armand Steenkamp
Armand Steenkamp wrote: Tue Oct 10, 2023 6:57 am
Toxxyc wrote: Tue Oct 10, 2023 6:45 am Ja nee van iemand wat amper daagliks met scammers werk, kan ek jou eerlikwaar sê jy piepie teen die branders. Skryf dit neer as skoolgeld en beweeg aan. Mag ek vra watter fotos hy gestuur het? Dalk hulle hier plaas, dan kan mens kyk waar hulle vandaan kom?

Re: Raad vir n scammer

Posted: Tue Oct 10, 2023 8:02 am
by RUPERT
Watse informasie het jy van die ou?

Re: Raad vir n scammer

Posted: Tue Oct 10, 2023 8:21 am
by Dawie Malan
Faceboek is vol scammers. Ek volg gewoonlik die volgende reels:

1. Ek betaal sovêr moontlik kontant, of indien die item vêr van my is, dan kry ek iemand wat ek ken om te gaan kyk.
2. Ek is baie versigtig vir 'n Faceboek profiel wat net 'n jaar oud is en/of 'n gmail adres.
3. Mens kan 'n foto Google en sien of die foto voorheen op die internet geplaas is.
4. Baie scammers sit reeds in die tronk, so hulle medegevangenis tree op as bank verifieerders, "polisiemanne", mede eienaars en help met stuur van SMS'e.
5. As jy eers gescam is, is dit verby. Vergeet maar om jou geld terug te kry.
6. Bankrekeninge van persone wat niks met die scam te doen het nie, word gebruik teen 'n fasiliteringsfooi.
7. Jy is klaar 'n teiken as jy op 'n publieke forum laat weet dat jy na iets soek.

Re: Raad vir n scammer

Posted: Tue Oct 10, 2023 8:31 am
by Armand Steenkamp
RUPERT wrote: Tue Oct 10, 2023 8:02 am Watse informasie het jy van die ou?
Rupert op die stadium het ek sy bankbesonderhede, sy regte name en van, en ek is reedelik seker sy regte besighyd se naam en waar dit is

Re: Raad vir n scammer

Posted: Tue Oct 10, 2023 10:33 am
by Toyrsi
As ek reg is kan jy jou bank kontak en hom as n "scammer flag"

Re: Raad vir n scammer

Posted: Thu Nov 02, 2023 10:22 pm
by Cobus(Cobb)
Watse bank is hy by?

Cheers