Ek kyk so na die taalgebruik oor die jare op die forum, en sien die eens ernstige gebruik van terme soos “koeels” en “punte”, is warm debatte gevoer; en teregwysigings as n lid n verkeerde term gebruik. Lyk of dit so oor die jare afgeplat het. Die manne vat mekaar nie meer so baie aan daaroor nie.
Ja, die taal is n interesante ding. Ons almal gebruik terme vir dinge, en as mens mooi daaraan dink, begin jy wonder wat dit nou eintlik beteken.
As n man wat nou so lank in die tuig, weet jy as n getroude man het jy nie n groot woordeskat nodig nie. Al wat jy hoef te kan se is: “Ja skat”, “Goed skat” of “Onmiddelik skat” – solank sy netnie elke 6 maande oor dieselfde ding neul nie. Jy het nie eintlik n opinie nodig nie, want jy word een gegee. Eenvoudig.
Ongelukkig begin n man hierdie waardes eers n bietjie laat in sy getroude lewe leer en begin jy nie n argument nie, en as hy na jou kant toe kom, smoor jy hom so gou moontlik in die kiem. Wen gaan jy nie.
So kry ek so n rukkie gelede een nag weer n knie in die ribbes en n aanmaning: “draai, om, jy snork”. Ek betwis nog tot vandag toe die feit dat ek snork, maar ek bly maar stil. Wat my die aand besiel het om oor die stelling te begin dink en hier in die middernagtelike ure n argument te begin, weet ek nie, maar ek dink toe so by myself, as jy moet omdraai, moet jy tog om iets draai.
Die aarde draai om sy eie as, as jy n verkeerde pad gery het neem jy n afdraai en“draai om” en ry weer terug, jy kan om n paal draai, ens. So vra ek, “om wat moet ek nou juis draai”? en ek begin my verduideliking van my begrip van omdraai en dat sy n bietjie meer spesifiek moet wees. Dit moes ek liewers nie gedoen het nie, toe kom die elmboog en die knie met mening hier in my ribbes, en ek draai maar anderkant toe en sonder dat sy veel gese het, verstaan ek haar begrip van “draai om”
Laat hom val waar hy wil, maar le hom saggies neer.
Koeels, punte, en "draai om"
- Predator
- Sr. Member

- Posts: 354
- Joined: Wed Jan 30, 2013 5:41 pm
Koeels, punte, en "draai om"
BERKELEY GEER
083-6423225
"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
083-6423225
"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Koeels, punte, en "draai om"
Jy draai om jou eie ruggraat! 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Koeels, punte, en "draai om"
Wel, jy het vir seker 'n punt beet...
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: Koeels, punte, en "draai om"
Waar en wyse woorde Predator.
Goed geskryf en beskryf.
Ek het self al meer male gedink ek snork nie. Nie vanaand nie.
Ek het ook al myself wakker gesnork. Dan weet ek dit.
En ek het ook al gewonder hoe dit moontlik is dat ander hulself nie wakker snork nie?

Net gedink en gewonder. Nooit hardop nie... Dit sou tyd in beslag neem.
Goed geskryf en beskryf.
Ek het self al meer male gedink ek snork nie. Nie vanaand nie.
Ek het ook al myself wakker gesnork. Dan weet ek dit.
En ek het ook al gewonder hoe dit moontlik is dat ander hulself nie wakker snork nie?

Net gedink en gewonder. Nooit hardop nie... Dit sou tyd in beslag neem.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Koeels, punte, en "draai om"
Ek kan getuig na so paar jag avonture en entlik mekaar die eerste keer in Engelsland ontmoet lank terug oorkant die water dat Predator nie snork nie!
Draai Om! is 'n manier om jou van die slaap te weerhou sodat jy ook moet wakker word en dan Om Draai en begin wonder.
Draai Om! is 'n manier om jou van die slaap te weerhou sodat jy ook moet wakker word en dan Om Draai en begin wonder.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Koeels, punte, en "draai om"
Moet jy nie na soveel jare van getroude lewe jou skuilnaam van "Predator" na "Prey" verander nie?Predator wrote: Tue Sep 05, 2023 6:56 am Al wat jy hoef te kan se is: “Ja skat”, “Goed skat” of “Onmiddelik skat” – solank sy netnie elke 6 maande oor dieselfde ding neul nie. Jy het nie eintlik n opinie nodig nie, want jy word een gegee. Eenvoudig.
Ongelukkig begin n man hierdie waardes eers n bietjie laat in sy getroude lewe leer en begin jy nie n argument nie, en as hy na jou kant toe kom, smoor jy hom so gou moontlik in die kiem. Wen gaan jy nie.
Dit is hoe die huwelik werk: Huwelik nuwe gordyne hê, huwelik die hondehok hê, ens.
Wanneer 'n man trou, word hy ook 'n mens. Al ooit die volgende gehoor?:
Jy dink nie 'n mens kan hierdie muur oorverf nie, of enigiets dergeliks......
