Watter teleskoop stamp nie uit nie??
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Goeiemôre Jaracal, ek vra namens n plaaslike boer:
Watter teleskoop stamp nie uit nie?
Die geweer ter sprake is n Sako 243 wat daaglikse plaaswerk doen: motorfiets ry, bakkie ry, ens.
Die man se sakke is nie diep nie; hy kan dalk tot R10 000 betaal.
Aanbevelings wat hy tot nou toe ontvang het was Leupold, Hawke, Lynx en Vortex.

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Jy gaan sukkel om Leupold te klop. Ek het al Amerikaanse meningstuk gelees was sê dit is die arm man se Nightforce!
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1383
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Baie interessante vraag, dink nie daar is al baie toetse daaroor gedoen nie (nie wat ek op internet kon vind). Ek sou sê dit moet verkieslik iets met capped turrets wees, en dan so eenvoudige konstruksie as moontlik bv n vaste vergroting soos 8x56 (eenvoudig beteken min kan verkeerd gaan). Ek sou nie kon se van watter vervaardiger se spesifieke scope modelle beste hul zero hou tussen stampe nie, maar my keuse sou S&B, Leupold, Lynx in daai volg orde wees.
Die beste sal wees as iemand wat bakkie geweer het sy betroubare model kan aanbeveel
Groete
Sent from my M2101K6G using Tapatalk

- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Dit gaan nie net oor die scope nie. n Rail is volgens my beter as basis tiepe monterings en dan die ringe ook. S&B en Leupold sal ek na kyk.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Leupold!!! Loshande...
VX Freedom 3-9 of 4-12 as die finansies knyp.
Met n vleisie...

- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Vortex Viper 6.5-20. Cornel van Dooierus het n paar in daai prysklas.
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Hierdie 2 manne praat waar:
snakker wrote: Fri Aug 11, 2023 6:46 am Ek sou sê dit moet verkieslik iets met capped turrets wees, en dan so eenvoudige konstruksie as moontlik bv n vaste vergroting soos 8x56 (eenvoudig beteken min kan verkeerd gaan).
Toyrsi wrote: Fri Aug 11, 2023 6:49 am Dit gaan nie net oor die scope nie. n Rail is volgens my beter as basis tiepe monterings en dan die ringe ook. S&B en Leupold sal ek na kyk.
Goed, beter, 6millimeter!
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Waars die "like" knoppie?Mellies wrote: Fri Aug 11, 2023 7:42 am Leupold!!! Loshande...
VX Freedom 3-9 of 4-12 as die finansies knyp.
Met n vleisie...
Groetnis
Philip
Philip
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Baie lekker vraag en ek sou sê behalwe die teleskoop daar ook mooi gekyk word na die monterings en dan die kolf. Is die aksie mooi gebed want soos die weer verander gaan die kolf ook verander wat POI beinvloed.
As hy geduldig is sal hy dalk 'n mooi Leupold VX3 4.5-14 kan optel binne sy prysklas.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13530
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
In sy prys range n Leupold VX3 4.5-14 of n VX Freedom 4-12, daai 4-12VX Freedom is baie scope vir die geld
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
As jy goeie diens van 'n scope kry is dit net menslik dat jy daardie scope aanbeveel as die beste al het jyself geen toetse gedoen met ander scopes nie. Ek het 'n hele klomp jare gelede so 'n toets probeer doen maar omdat finansies beperk was en ons nie die scopes kon koop nie, moes ons die scopes van die vervaardigers kry. Net twee vervaardigers/verspreiders was bereid om scopes te gee waarvan Lynx een was. Ek het 'n groot hamer op 'n raam monteer wat dan tot op sekere hoogtes opgetel kon word en dan laat los word om teen die scope te stamp. Ek het ook een van my eie scopes opgeoffer. In daardie toets het die Lynx by verre die beste presteer. Die artikel is nooit gepubliseer nie want Ron Anger, Magnum se redakteur het gevoel hy wil nie die ander scopes afskiet nie. Beide was adverteerders. Ek besit vandag Swarovski, Vortex en Lynx scopes. Toe ek as brand manager by Whylo gewerk het, het ons in daardie twee jaar byna geen Vortex Viper scopes terug ontvang vir herstelwerk nie. Die Viper was toe nog 'n baie bekostigbare scope en ek was verbaas oor hoe goed hulle gevaar het. Terloops, toe ek daar gewerk het, het dit my opgeval hoe baie voëlkykers se verkykers ons moet instuur vir herstelwerk. Die drie Lynx scopes wat ek het, presteer uiters goed in terme van "nie uitstel nie" en hulle was bekostigbaar.
Mooi loop
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Fri Aug 11, 2023 10:31 am, edited 2 times in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Lynx het 'n plaaslike herstel fasiliteit wat binne billike tydsduur en gewoonlik kosteloos hul produk herstel. Hou dit ook in gedagte
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3073
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Leupold
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
More Jaap
Wat Koos se is waar, elke ou praat maar net van sy spesifieke ondervinding en min mense het blootstelling tot die hele prentjie. Ek kan seker my 2c ook nou maar hier byvoeg vir wat dit werd is. Ek en my broer het vir baie jare oeswerk in Namibie vanaf quads gedoen en deesdae minder gereeld vanaf bakkies. Daar is seker niks wat n scope so toets as daai quads nie. Die gewee word op die handlebars monteer so hulle tesamee met jou ringe word vir jou wragtig tot die uiterse beproef. Dit was altyd bitter snaaks om die manne so in die oggend of middagsessie te sien hulle gewere weer in te stel op n sigaretboksie wat staan gemaak is teen n kameelboom.
Hierdie trip het ook die meer vasberade jagters getrek of beter gestel die manne met dikker beursies, so jy het gereeld net die beste roere en teleskope teegekom wat jy nog net van gelees het tesame met n prentjie of twee. Ek en my broer het meeste van die tyd maar redelik skamerig gevoel vir die Leupolds wat bo die ons gewere gesit het. Wat ek wel kan se is dat nie een van ons twee in al die jare die nodigheid gehad het om ons gewere daar weer in te stel nie. Inteendeel het ek nog nie n enkele geval gehad waar ek in al my jare met die meer as 35 Leuplold's op my gewere n zero verloor het nie, selfs nie eers na n oordentlike val of drie nie. Al waar ek dalk al weer moes instel is wanneer ek n kolf verander het of aan een laat werk het met nuwe bedding. Leupold het n wereldwye reputasie vir betroubaarheid wat ek dink onge-ewenaard is veral as jy in ag neem die spektrum waarin hulle orals kompetreer, van basies intree vlak tot die hoogste.
Groetnis
Wouter

Baie dankie Wouter! Ek dink nie n mens kan vra vir n beter praktiese bewys nie.Wouter Roets wrote: Mon Aug 14, 2023 2:17 pm More Jaap

Vir die interessantheid: watter Leupold sal jy aanbeveel? Of anders gesê: wat sal opsit as jy net een moes kies vir skietwerk tot op 400m?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Jaap
Hier is n man wat n Lepold VX3 HD 4-5-14x40 CDS hier adverteer vir R10 500. Dit sal baie naby aan die perfekte teskoop wees vir jou aplikasie. Andersins is Cappy se aanbeveling spot-on met n paar rand spaar. Ek het twee van hulle op my kinders se gewere en ek moet se ek is werklik beindruk vir die prys. Meskien vir n roer en teleskoop wat houe gaan vat die idiaal. Onthou net die raad van die ringe. Jy sit die beste op wat jy kan bekostig.

- thys308
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Ek kan bevestig dat Lynx vir my die toets gedoen het waar ek nog op skooldae saam honde moes loop en my K98 308 mauser met Lynx 4x40 tv view net voor die ring ñ sloot ingeval het en hy skiet nog vandag nog na 20jr later met daai selfde merk geen probleme verder nie.
Sent from my SM-A336E using Tapatalk
Sent from my SM-A336E using Tapatalk
-
JCR
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Sat Aug 02, 2014 10:33 pm
Re: Watter teleskoop stamp nie uit nie??
Middag manne. Baie interesant en baie dankie vir die goeie inligting wat gedeel word.
Ek self het Vortex en nog nooit n probleem glad nie.
Het ook wel n Leupold besit en ook geen probleem gehad nie.
Ek kan ook wel getting dat ek ook n Element aangeskaf het en kan met eerlikhied sê sover is ek bitter gelukkig met hom.
Sterkte met die keuse.
Groete.
Sent from my SM-S908E using Tapatalk