Balistic tips vir jag.

Post Reply
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Balistic tips vir jag.

Post by Hugo »

Hierdie moes seker al erens bespreek gewees het, het iemand die link, indien nie, is dit n swak punt vir jag op ons wild?
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by BLOK »

Hugo

Die ballistic self is baie sag vergelyk omtrent met V-max, maar jy kry n Nosler ballistic hunting wat se agter gedeelte effe sterker is maar hy is maar nog heelwat sag, die hunting gebruik ek op jakkalse en as ek een klaar geskiet het kan jy omtrent net sout op die vel gooi hulle is klaas geslag.

Ek sal hulle slegs op springbok grote wild vir lyfskote gebruik en dan moet jy seker maak jy tref nie been nie anders seperate die lood maklik van die mantel vir erge vleis skade.

Kopskote is n ander saak en hulle werk al te lekker.

Ek sou eerder se probeer die Accubonds wat ek gebruik vir wild op die lyf skiet, dit is n baie goeie lead core koel en gee uitstekende resultate. Volgens my een van die beter lood koels gemaak.

Groete

Groete
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Jaco Alberts »

Hugo,

stem saam wat Blok skryf, ek jag vlakvarke en jakkalse met die Bal tip en het ook onlangs die Accubond op ander 'n kaliber gebruik, het paar BWB'ste geskiet en die een Accub wat herwin was, het baie goed gelyk, die res is dwarsdeur en vleisskade was matig, moet byse die afstande wat geskiet was, was lekker wyd. Maar ja, Accubond eerder vir wild.

Onlangs het ek twee varke geskiet met die 25-06 en Bal tip, een op 110m is regdeur die vark en ander een op 200m is nie deur die vark en het kwaai opgebreek toe ek die nekbeen getref het. Die jakkalse ( 6 van hulle vir 2012 ) lyk maar naar as daai Bal tip deur is, nie dat ek kla daaroor.... :)

groete

Jaco
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Gerhard »

Ek het die BWB koei net 150gr BT's uit n 7 x 57 geskiet

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 010960.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 20011a.jpg[/img]

[img width=560 height=404]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 20017a.jpg[/img]

[img width=560 height=377]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 20018a.jpg[/img]

Plank dwars skoot vir die middel van die vital triangle sy het so 50 meter gegaan na die skoot.

Nie regtig vleis skade gehaad nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Hugo »

Ok manne, hoe loop die Barnes Tipped TSX punt is hy beter? Dis vir n 3006
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by BLOK »

Hugo

Jy kan mos nou nie n mercedes met n corsa vergelyk nie. Koop die Barnes en kry klaar ek dog jy soek loodkern koels dis die dat ek accubonds aanbeveel. Plaas se jy jy soek die beste
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Balistic tips vir jag.

Post by KalahariKlong »

Blok + 1  ;D
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Gerhard »

Ek is tans op soek na Nosler E-Tips 150gr vir my 30 06...

Stefan luister jy  ???
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
SS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Jan 26, 2011 2:25 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by SS »

Manne
Ekke het die naweek n blesbok op 311m met n BT 100gn uit my 25-06 teen 3250fps getref. Die skoot was biki laag en voor en is onder die oog deur . Die entry en exit wound was elk net n gaatjie. Daai blesbok het gehardloop asof niks fout is nie, het by die trop gebly . Het hom n rukkie later dood geskiet met n blad skoot . Ekke gedog die BT sou meer skade maak wanneer hy tref maar soos ekke se daai punt reguit deur met n exit wound dieselfde size as entry.

Wat dink julle??

SS
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Stefan Swarts
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by BLOK »

SS

Nogal snaaks dat dit gebeer het, ek skiet meeste van die tyd net met die ballistic hunting en het nog altyd as daai koels been vang gekry dat hulle amper soos vmax ontplof. Ek Jacques Botha en James het tussen kersfees en nuwejaar gaan skiet, n jong jakkals het in die slag gebly en jy kan vir daai manne vra in hoeveel stukke en hoe uitgesprei was daai jakkals en sy organe, dit was nie n mooi gesig nie.

Maar ja daar is seker uitsonderings.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Gawie(13mm) »

SS daai blesbok moes gegaap het toe die skoot klap. Ek het 'n bojaan amper onthoof met 'n 150gr balistic hunting tip uit my 7x57. Hugo as dit vir jou oor prys gaan try die sierra game king anders is die barnes no.1.
Groete, Gawie

Ps. Geno watter maak is daai 7x57 oppie foto?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Gawie(13mm) »

Herstel troep!!!!!!!!

Jammer Gerhard ek was 'n bietjie vinnig met die post die wat ek jou herdoop het. ???
Jammer ook aan Geno in sy afwesigheid.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Gerhard »

7mm wrote: Herstel troep!!!!!!!!

Jammer Gerhard ek was 'n bietjie vinnig met die post die wat ek jou herdoop het. ???
Jammer ook aan Geno in sy afwesigheid.
He he he he ....

Voorste posiesie af en gee my 50 vir daai vout...  :o  :o  ;D  ;D

Nee ek weet nie.

Was die  "PH" se geweer en het net die een skoot op die BWB geskiet met hom...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Scrappies »

Dagse manne!

Wat soms gebeur met sulke lang skote is dat die punt se spoed te laag is en dan nie genoeg energie het om oop te maak nie. Ek het al die selfde ondervinding met vmax punte gehad op n springbok se blad.
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Raven »

Ek skiet ook 100gr Nosler Bal Tip Hunting met my 25-06, en ervaar dat 'n skoot binne 100m die punte erg laat opbreek, op lang afstande skiet die punte soos 'n droom en penetreer diep en behou redelik van sy gewig.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Ponkie »

Raves

Ek skiet 150gr Bat Tips uit my 308 en ondervind dieselfde. Sodra die skote begin ver raak, dan is die vleisskade baie minder. Weet spesifiek van 3 koedoes wat ek verlede seisoen agter die blad geskiet het tussen 200 en 250m. Skoot is elke keer netjies deur die longe met minimale vleisskade of van daai bloedswamme wat dit somtyds maak as die bok afgeslag is. Ek is tevrede met hulle, want dit pas my sak, en dan doen hulle op die baan goed en ek kan jag met hulle.

Daar is seker beter "jag" punte op die mark soos Barnes, maar ongelukkig kan ek nie dit bekostig nie.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Zack Benade

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Zack Benade »

Ponkie, Ek stem 100% saam.

Ek skiet 'n Lapua 90 gr senar match punt in 'n 6mmBr teen 3030fps.  Ek het beplan om die punt slegs vir teiken skiet te gebruik maar die laaste 2 seisoene skiet ek ook my sprinbok, blesbok en takbokke met hom.  My twee jong seuns mag net vir die blad area skiet en ek was verbaas oor die min vleis skade.  Die skote wat almal in die omgewing van 170 tot 250 meter. 
Ek weet jy kan miskien eendag 'n probleem kry op die sagte match punt maar ek verkies die akkuraatheid van 'n match punt veral op die ver afstande.

Groete
Zack
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Francois Marais »

SS

Soos scrappies se, daai koeel doen net sy 3200ft/sec hier by die loop en beginne onmiddelik spoed verloor soos dit verder gaan.......en behoort hy op daardie afstand nie veer vinniger as so 2400ft/sec te gewees het nie, daar is programme wat dit presies kan bepaal, myne is sommer so ball park figure.....die spoed en die sagte/bros been kan alles bydra dat die koeeltjie nie wou opbreek nie....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Verkenner »

More manne
Ek het na advies op die forum besluit om Noslers te probeer.
Ek gebruik die Bt Hunter vir lading ontwikkeling en papier skiet.
Dit is akkuraat en is bekostigbaar vir instel en papier skiet.
Dan vir jag gebruik ek die selfde lading as vir die Bt Hunter maar ek laai Accubonds....
Nou het ek n keuse as ek in die veld is en n aggresiewe bobejaan kom terg my kan ek hom looi met n Bt hunter... as die kudu voor my inloop kry hy n Accubond pillietjie...
Selfde trajek, 2 patrone, my oefen punt is ook dus my jagpunt...
Groete

Verkenner

MAAK ELKE SKOOT TEL

Howa 300WM, 22 Krico
User avatar
Verkenner
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri Jun 03, 2011 7:49 am

Re: Balistic tips vir jag.

Post by Verkenner »

3006
Dis nou n teer grappie.....net so teer soos daai prag kudu van die langpad vir jou was.......
Groete

Verkenner

MAAK ELKE SKOOT TEL

Howa 300WM, 22 Krico
Post Reply