More almal.
My naam is Dirkie. Boer hier in die NK met skaap. Ek het 10 jaar terug ook self my jakkals geroep en geskiet(met sukses) en toe dit makliker gevind later om iemand te kry om dit te doen. Onlangs het ek besluit ek sal weer self moet jag omdat jy nie 2 weke kan wag voor die ou weer by jou kan uitkom terwyl daar NOU gevang word nie.
Ek kort iemand wat my kan help om die regte toeristing aan te skaf en dan ook uit te vind waar die volgende kursusse dan weer is, ek het baie om weer te leer.
Dan sal ek ook mense se mening oor Thermal teleskoop vs gewone lig en dimmer wil hoor. Is dit die moeitewerd? Watse tipe Thermal is dan genoeg?
Ek kort dan die volgende:
Stoel
Thermal?
Roeper
Kursus
Klanke
As daar iemand is met voorstelle sal ek dit baie waardeer. Dis maar vir my self jag en by die buurman as my probleem eintlik aan sy kant le.
Groete en ek sien uit om van julle te hoor
Nuwe ou-lid
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Nuwe ou-lid
Jis Dirkie.
Welkom terug!
Whatsapp my dan help ek jou met alles wat jy kort. 0825354100
Groete
Geno
Welkom terug!
Whatsapp my dan help ek jou met alles wat jy kort. 0825354100
Groete
Geno
Goed, beter, 6millimeter!

