Bekendstelling

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Rawstorne
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm

Bekendstelling

Post by Rawstorne »

Goeie môre


Ek is Rawstorne van Jaarsveld, van Polokwane. Of Pietersburg.

(In die Kaap-provinsies verwys ek na altwee. Sê ek Polokwane, dan vra iemand fronsend waar dit is. Sê ek Pietersburg, dan vra iemand grootoog of dit nie deesdae Polokwane is nie? )

Ek het die forum die eerste keer ontdek in die jare toe ons nog met 'n 56k modem teen 33 600 bps die voordele van die www (wye wêreld web) verken het.

Daardie tyd was jakkals jag nie hoog op my prioriteite nie. Die forum was relatief nuut en die wapen wetgewing was aan die verander.

Nou-ja... Die laaste drie of vier jaar is dit nie net die hondejagters wat ons pla nie. Die jakkalse en rooikatte vreet rooibok en njala lammers asof die plaas 'n hap-en-stap restaurant diens lewer.

Met die skieters wat elke dan en wan hulle opwagting in die omgewing maak om 'n jakkals te skiet het die lot nou graad gevang. Almal. Van Ouma wat self nog soog, reg deur tot klein Jakkie in die gat wat net vlooie vang.

Na 'n kuier by iemand in die Kenhardt omgewing, besluit ek verlede jaar om goeie raad te volg: Leer hulle gewoontes en gebiede. Leer jakkals praat. Doen 'n kurses of bekom Heinrich se materiaal. Dan, eers dan raak skiet 'n opsie.

So gemaak. Met een verdere byvoeging. Jan-se-maat roep nie naby met sy selfoon op sy wit bakkie se dak nie.

So klop ek dan ook aan by die voorste gesamentlike gesag (die Jaracal forum), hierdie keer met vinniger internet toegang.

Ek lees en leer nog. Maar, daar het in die laaste paar maande meer pelstande stof gebyt is in die vorige vyf jaar.

Ek het ook meer aande buite in die opelug onder die sterrehemel spandeer. My gedagtes gespoel. Diep nagedink... Die mooi en Grootheid beleef. Ingeneem. Genade gesien.

Dit is kosbare tyd. Kosbare ervarings. Al word daar soms nie 'n patroon in die kamer gestoot nie.
Soms alleen, soms saam met my vrou, my seun en my pa.


Ja, ek erken. Ek is erg analities. Ja, ek besit ook 'n .270. 'n Pragtige Winchester Model 70 Weatherweight.

Behalwe vir jag, skiet ons ook sport. SAPSA en SASJF.
Meestal pistool en semi-outo geweer, ek mis nie maklik 'n haelgeweer liga nie.

Ons gesin ry ook perd. Western Mounted Games vat etlike naweke per jaar op.

Ek lees en leer graag verder by die Jaracal lede.

Vrede
Rawstorne
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Bekendstelling

Post by tripodmvr »

Welkom en dankie vir die mooi verduideliking.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Bekendstelling

Post by Francoisv »

Welkom vriend.

Shoot straight

Francois Vogel
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Bekendstelling

Post by Pvdw »

Welkom welkom, en ja jy bly steeds in Pietersburg!!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bekendstelling

Post by wlm »

Welkom
Voel vir my jakkalsjag is maar deesdae in die minderheid op Jaracal maar daar is 'n magdom kennis tussen die lede en in die argiewe.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Bekendstelling

Post by Johan Nel »

8) Jou bekendstelling het so half soos 'n jagverhaal gelees. 8) O0
Welkom hier by Jaracal.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply