Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by GreyGhostGear »

More manne,

Toe die wekker 03:30 afgaan en ek die lekker Kaapse sif reen buite hoor, moes ek 'n split sekonde besluit neem tussen die wekker by die venster uit gooi of die ketel aan sit.
Nou ja as 'n jagter was daar net een wenner en toe ek wakker word is ek in die mooie Boland, Wellington se wereld. Nou behalwe dat die dorp sy naam deel met menige manne se gunsteling bederfie, is daar ook 'n plaag van die wilde Varke/Boars in die omgewing.
Dit was nog donker toe ons almal bymekaar kom en die warm koffie uit die bottel het nie veel gehelp om die nat gereende lywe beter te laat voel nie.
Maar die opgewondenheid is in die lug en die planne word beraam. Gerrie waarsku ons die varke is skelm soos 'n Koedoe en ruik en hoor die rook uit 'n ding uit. Dit is waar het ons agter gekom...
Ek is toe deel van die spannetjie wat woud in en berg op is. Kerrels maar dit reen en als is nat. Dit voel soos iets uit 'n Vietnam oorlog fliek met die woud, reen, mis, modder paadjies en 3 manne wat saggies loop met hul roere.
Ewe skielik onderbreek die gesnork van 'n vark die stilte en die takke breek. 3 Slotte gaan soos een man oop en toe en 3 teleskope tel 2 massiewe bere op soos hulle die takke breek. Dit is baie ruig en die skelm varke leef nog 'n dag om skade te maak.
Om die volgende draai tel ek beweging op onder in 'n donga. Varke. Toe gebeur dinge vinnig. In een beweging is die 308 teen die skouer en ten spyte van die druppels op die teleskoop tel ek die vark op en laat loop! Die vark ruk haar skouers op en vlie met 'n spoed daar weg. Toe lyk dit soos kokkerotte soos vark se kjinners oral uit dop.
Ek merk my vark se plek en kry dadelik bloed. Die gids stel voor ons loop voor met al 3 roere reg, want so gekweste vark raak moeilik so op 'n Saterdag oggend. Die adrenalien skop toe in en ek kan nie glo ek is 'n half uur van my huis af nie. Reen, mis, 3 jagters in 'n woud en die spanning loop hoog. Ek sal seker nooit 'n Buffel kan jag nie, maar die voel vir my of dit dieselfde kan wees.
Die bloedspoor loop mooi en so 60 meter verder kry ons die vark morsdood. Skoot gelukkig raak gebewe deur die enjin kamer.
Na die tyd kon ons droog raak voor 'n lekker vuur en 'n worsie braai. Die aksie weer "replay".
Wat 'n lekker oggend.
Ek wonder nou hoe die vleis gaan wees? Gaan 'n boud, kaas worsie, paar tjoppies en rug stringe laat maak.

Nou ja, Saterdag maak ons weer so.
Groete,
Petrie.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Heinds »

Lekker Petrie

Dit klink na groot sports, bly julle kon darm 'n vark platmaak!
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by WillemS »

Petrie

Mooi man!!!

Nou soek ek reelings!

Willem
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by henried »

Baie geluk, klink lekker.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by DWB »

Mooi man!

Daar moet seker darem 'n foto wees!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by GreyGhostGear »

DWB wrote: Mooi man!

Daar moet seker darem 'n foto wees!
Als was so nat en teen die tyd wat ons die vark gaan recover het wou ek net droog kom en voor daai vuur kom, so het nie eers gedink daaraan om 'n kiekie of 2 te vat nie.
Ek dink elk geval nie met my gevreet en die modderige vark sou dit 'n baie aanskoulike foto gemaak het nie ;D
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by baboonstalker »

Hi Petrie,

Goed om te hoor julle het hulle gekry. Met die dat kluitjieskraal se plantasies afgebrand het, het ek al gewonder of daardie varke nie almal ook nou Wellington/ Hermon adresse het nie.
Wat het jou sog uitgeslag? Kon jy enige van die kakkerlak kinders bykom?

kan nie wag vir die naweek..
P
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by SV MAD (Henk) »

klink ongelooflik. Geluk met die goeie skoot en dankie vir die mooi storie.
ek soek nog wapens...
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by GreyGhostGear »

baboonstalker wrote: Hi Petrie,

Goed om te hoor julle het hulle gekry. Met die dat kluitjieskraal se plantasies afgebrand het, het ek al gewonder of daardie varke nie almal ook nou Wellington/ Hermon adresse het nie.
Wat het jou sog uitgeslag? Kon jy enige van die kakkerlak kinders bykom?

kan nie wag vir die naweek..
P
Pieter,

Sy het 28 kg uitgeslag. (sonder een hele blad, wat ek uit gesny het) Nogal moeilik om te slag met daardie dik vel.
Ek het my vark dopgehou na die skoot, maar die oom saam my het 'n skoot op een van die kleineres geskiet, maar gemis.
Sien Saterdag..
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by MJK »

Hi Petrie

Great storie, nou eers opgewonde oor Saterdag - kan nie wag nie!

Groete
Marius
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Arnold »

Dit klink baie goed! Ek sal maar moet sien hoe baie my toerusting my Saterdag handicap.

Laat weet hoe laat en waar, ek is daar.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Gerhard »

Klink na baie lekke jag.

Baie mooi geskryf.

Dink die 375 H&H met n 300gr sp sal beslus hier mooi werk.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by GreyGhostGear »

Gerhard wrote: Klink na baie lekke jag.

Baie mooi geskryf.

Dink die 375 H&H met n 300gr sp sal beslus hier mooi werk.
Dankie Gerhard,

Ja nee, ek dink jy sou dalk een van daardie bere kon geroer het deur die ruigtes. Kon nie glo hoe groot daardie varke raak nie. Die een ou reken hulle het al een geskiet wat net oor die 200kg uitgeslag het :o

"Dit klink baie goed! Ek sal maar moet sien hoe baie my toerusting my Saterdag handicap."

Arnold, jou toerusting sal fine wees. Dit is meer 'n geval van hulle kry en vinnig skiet oor redelike kort afstande..bel jou in die week.

Groete,
Petrie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by DWB »

Hier sien ek nog 'n paar manne wat binnekort die waarde van quick release mount en oop visiere gaan verstaan ;D

Welkom in die wereld van vark jag
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Arnold »

Petrie, ons sal sien hoe die toerusting werk. My gewese 9.3x62 sou natuurlik mooi gewerk het, maar dit is dalk net die ding om 'n vark geweer te regverdig ;)
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by MJK »

Juistement - my 9.3 met die 286gr koele gaan mooi werk Saterdag!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Arnold »

Ek dink so 375 Rugertjie met 20" loop kan goed werk? Of dalk het mens eintlik 'n 450 Rigby nodig ;)

Marius, ek dink as jy 'n varkie raak gooi met een van daai 286 greiners is die vleis in die pot.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by WillemS »

Arnold

Wat gaan jy gebruik? Ek sal maar my 300 moet gebruik, het nie iets anders nie..... dalk tyd om iets te begin soek net nou doen ons dit weer en dan?

Willem
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Arnold »

Willem, ek gaan sommer my 260 vat aangesien ek nou nie iets anders het wat meer gepas is nie. Die 308 is so bietjies te swaar op die stadium.

Dit maak ook nie veel saak nie, solank ek bietjie kan uitkom is ek tevrede.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by baboonstalker »

Ek het nou wel die lever action in .357 gekoop vir die doel, maar dit klink my ek sal dalk 'n groter modelletjie van hulle ook nodig h? in die nabye toekoms, soos willem tereg ges? het, netnou doen ons dit weer, en dan? Tot tyd en wyl sal ek maar die getroue 30-06 oor die skouer gooi kom Saterdag oggend!
P


PS. ek het nog 'n stuk of 20 x Winchester Super Speed koe?le vir hom in 220 grein, miskien moet ek vir hulle nadersleep vir die VC's Saterdag
Last edited by baboonstalker on Tue Feb 14, 2012 1:49 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Arnold »

Ek dink hulle sal werk Pieter. Ek dink n lever action in 45-70 sal mooi loop.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by DWB »

Manne, daai Marlin Govt 45-70 slaan hard  ;D

Ek weet waar om nuwe Rossi 30-30s the kry vir R5500  ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Rasmus »

Ai kerels ek sis self weer lus vir so wilde varkjag!! Dit bly darem vet pret.

Met voorsit in die volmaan is daar nie heeltemal so baie adrenalien nie..
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Gerhard »

Lever Actions is maar oor die algemeen on akkuraat...

303 Jungle Carbine met 215gr SP's sal net die ding wees om n otter op sy dinges te gee.

Rasmus ek moet nog vir jou kom kuier een van die dae.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Saterdag se Wilde Vark jag - Sending Vietnam!

Post by Gawie(13mm) »

Jagmaar ek het jou 'n PM gestuur.

Groete,
Gawie
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply