6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Enige iemand op die forum met ervaring van die kaliber? My gat jeuk vir die kaliber maar een van my vriende se dis 'n m#ff@* kaliber en die manne wat hom geskiet het het lankal aanbeweeg na iets beter.
Ek het 'n stainless loop met 8 1/2 twist wat ek op 'n Howa kort aksie wil sit in 'n Oryx chassis. Ek weet die magesyne voer nie lekker nie maar blybbaar Maak MDT 'n magesyn wat lekker werk. Ek wil he die pyp moet 26 duim wees is daar enige voordeel bo 24 duim. Ek hou baie van die 6mm Creedmoor maar met die moeite waarmee loop vervangings saam gaan wil ek nie weer loop vervang na 1500 skote soos die manne op die Amerikaanse forums praat nie. Vir dieselfde rede soek ek ook nie 'n 243 of 243 Ackley of 6mm Ackley nie. Die 6Xc lyk na 'n moontlike opsie want dit lyk op doppe dies nie te duur is nie maar ek weet nie of sy loop veel langer gaan hou as die ander wat ek genoem het nie. Die Dasher en al die ander lyk te moeilik om komponente voor te kry en ek wil nie doppe hydro form nie.
Ek hou van die idee van die 6BR want dit lyk of hy met min kruit (30 grein) redelik lekker perform met punte tussen 87 - 105 grein. Die Amerikaners praat van 2850 fps met 105 grein Scenars. Dit is nou met Vitavivouri en ander soort kruit. Ek sal wil weet met wat se soort Somchem kruit ek sou kon laai en wat se spoed ek kan verwag. Ek sal graag 87gr V Max wou gebruik vir pesdiere en moontlik 100gr Game Kings vir jag van groter goed soos Blesbokke en Springbokke. As spoed my nommer een oorweging was het ek die 6 Creed gevat. Blykbaar is die kaliber maklik om voor ladings te kry en te herlaai en doppe hoef nie te veel gewerk te word nie. Is dit so?
Ek gaan die geweer hoofsaaklik gebruik vir baanskiet to so ses 0f sewe honderd meter, vir verder skiet het ek ander kalibers. Ek sal die geweer ook gebruik vir jag messtal voorsit springbok en blesbokke asook bobejane. Die loop leeftyd (blykbaar 3500 - 4000 duisend skote), akkuraatheid, min recoil en beskikbaarheid teen redelike pryse van Lapua doppe asook dies maak die opsie vir my baie interresant. KInders en vrouens sal seker ook daarvan hou om met so kaliber te skiet.
Ek is baie lief vir my 223 en het al baie met die kaliber gejag skootpalsing en wind lees is maar die geheim, maar die BR lyk of hy amper so sag soos 'n 223 gaan skiet met amper 243 performance en die lekker BC 6mm punte.
Insette sal waardeer word

- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Ek kan nie veel sê oor die 6 BR nie... Maar het bietjie ervaring van die 6mm Dasher. Dit is mos maar 'n BR op steroids
Myne was 'n standaard Howa 243 Varminter wat ek 'n kaliber verandering voor aansoek gedoen het. Dit was maar 'n lang proses. Izak Hatting in Bloemfontein het die werk vir my gedoen en ek is hoogs tevrede. Dit is 'n baie lekker "all rounder" geweertjie wat hoogs akkuraat is met 87 Vmax'e en nog bete vaar met 90gr Scenars. Vir jakkalsskiet werk die 55gr Balistic tips uitstekend. Ek het onlangs hier op die forum 'n GunWarrior chassis gekoop en hy voer glad uit die PMag magasyn uit wat saam met die chassis kom. Manne soos Geno en ander kan ook hulle ervaring deel met die Dasher.
Jou 2de laaste paragraaf wat jou doel en motivering is vir die BR is 100% geldig en dit geld ook net so goed vir die Dasher. Die enigste verskil is dat daardie looplewe wat jy vermeld vir BenchRest tipe akkurattheid is.. Beide die BR en die Dasher gaan baie meer skote gee met steeds baie goeie akkuraatheid wat meer as geskik is vir jagdoeleindes. Ek wil amper beweer dat die Dasher selfs 'n langer looplewe as die BR gaan hê.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Die BR voer goed uit meeste aksies/magasyne uit dis die Dasher en BRA doppe wat die manne drama gegee het, jou Pel is seker n Creedmoor skieter die laat hy bang is vir die 6BR? Soos Riaan se jy kyk na baie duisende akurate skote uit daai BR uit vir algemene gebruik.
Die 6mm BR is nog bitter gewild in 600y benchrest sirkels asook in mid range Fklas en vir goeie rede, dit is n ongelooflike akurate kaliber en die enigste rede dat die BRA, BRX en die Dashers van die wereld beter doen op 1000y (in benchrest) is omdat hulle beter skiet op die hoer node waar die BR dit nie kan doen nie.
Ek sal enige dag n 6BR in enige kometiese gebruik sonder om vir n oomblik bekomered te wees dat ek te min geweer het, oor die loop lengte sal dit die beste wees laat iemand vir jou op QL kyk met die kruit en koels wat jy wil gebruik. Ek sou raai laat 26" beter gaan werk met die outjie
Riaan die kans laat die Dasher n langer loop lewe as die BR gaan he is baie skraal tot niks.

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Manne julle is veronderstel om my af te raai om so geweer te bou. Nou raak ek nog meer lus om dit te doen. Gelukkig is my vrou nie op die forum nie, die BR lyk al hoe beter
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1614
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Ek hou baie van my BR. Die versoeking om te BRA of Dasher is baie groot, maar op die stadium is ek beperk tot 80gr punt agv 1/12 loop.
Shoot straight
Shoot straight
Francois Vogel
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Ek kyk ook sterk na een en met 'n 26" loop en Varget berhoort jy so 2830 fps te kry as jy hier in die 105gr klas koeëls skiet vir kompetisie. Soos jy noem is dit met rondom 30gr poeier.
Ek skiet tans 2950fps met 'n 105gr RDF voor 40.6gr S365 in my 6 Creed uit 'n 24" loop.
My oorweging is egter tussen 'n vinniger twist 223 en die 6 BR want as jy die 80gr ELDM in die 223 gaan kan skiet is die twee baie naby aan mekaar as mens na die ballistiek kyk. Met die selfde 26" lang loop en Varget behoort jy daai 80gr teen 2900 fps te kan druk

- HunterB
- Sr. Member

- Posts: 340
- Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Ek sal jou afraai om n 6mm BR te bou. Is gladnie n lekker kaliber nie. Nou dat ek hom het skiet niks van ander gewere meer nie… skiet slegs met hom
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
-
Ritchie
- Sr. Member

- Posts: 444
- Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Ek het self die Dasher roete gegaan en soos HunterB hier bo gese het……nou wil ek nie meer met my ander gewere skiet nie. Ek laai 32.4gr Varget met 105gr Berger teen 2915. Vir my was die grootste voordeel dat hy ongelooflik maklik laai. Dink die BR is nog makliker.
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
Biskruit Ontbrandings Koors!
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Hy moes eerder gesê het dat hy raad gekry het by sy enigste vriend. Wat nou X-vriend is. Wil nie alleen in die veld meer met hom wees.264 Win Mag wrote:Enige iemand op die forum met ervaring van die kaliber? My gat jeuk vir die kaliber maar een van my vriende se dis 'n m#ff@* kaliber en die manne wat hom geskiet het het lankal aanbeweeg na iets beter.
Ek het 'n stainless loop met 8 1/2 twist wat ek op 'n Howa kort aksie wil sit in 'n Oryx chassis. Ek weet die magesyne voer nie lekker nie maar blybbaar Maak MDT 'n magesyn wat lekker werk. Ek wil he die pyp moet 26 duim wees is daar enige voordeel bo 24 duim. Ek hou baie van die 6mm Creedmoor maar met die moeite waarmee loop vervangings saam gaan wil ek nie weer loop vervang na 1500 skote soos die manne op die Amerikaanse forums praat nie. Vir dieselfde rede soek ek ook nie 'n 243 of 243 Ackley of 6mm Ackley nie. Die 6Xc lyk na 'n moontlike opsie want dit lyk op doppe dies nie te duur is nie maar ek weet nie of sy loop veel langer gaan hou as die ander wat ek genoem het nie. Die Dasher en al die ander lyk te moeilik om komponente voor te kry en ek wil nie doppe hydro form nie.
Ek hou van die idee van die 6BR want dit lyk of hy met min kruit (30 grein) redelik lekker perform met punte tussen 87 - 105 grein. Die Amerikaners praat van 2850 fps met 105 grein Scenars. Dit is nou met Vitavivouri en ander soort kruit. Ek sal wil weet met wat se soort Somchem kruit ek sou kon laai en wat se spoed ek kan verwag. Ek sal graag 87gr V Max wou gebruik vir pesdiere en moontlik 100gr Game Kings vir jag van groter goed soos Blesbokke en Springbokke. As spoed my nommer een oorweging was het ek die 6 Creed gevat. Blykbaar is die kaliber maklik om voor ladings te kry en te herlaai en doppe hoef nie te veel gewerk te word nie. Is dit so?
Ek gaan die geweer hoofsaaklik gebruik vir baanskiet to so ses 0f sewe honderd meter, vir verder skiet het ek ander kalibers. Ek sal die geweer ook gebruik vir jag messtal voorsit springbok en blesbokke asook bobejane. Die loop leeftyd (blykbaar 3500 - 4000 duisend skote), akkuraatheid, min recoil en beskikbaarheid teen redelike pryse van Lapua doppe asook dies maak die opsie vir my baie interresant. KInders en vrouens sal seker ook daarvan hou om met so kaliber te skiet.
Ek is baie lief vir my 223 en het al baie met die kaliber gejag skootpalsing en wind lees is maar die geheim, maar die BR lyk of hy amper so sag soos 'n 223 gaan skiet met amper 243 performance en die lekker BC 6mm punte.
Insette sal waardeer word
Sent from my iPhone using Tapatalk
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
En ja, ek sou 6mmCM gebou het. Ek het nie self een. My eintlike eerste keuse sou nog ń 270 wees. Dan Acley jy hom net.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Dan kan jy nogsteeds doppe en dies koop sodat dit voel jy het baie geld spandeer en daarom moet dit ń goeie geweer wees.henk.spioenkop wrote:En ja, ek sou 6mmCM gebou het. Ek het nie self een. My eintlike eerste keuse sou nog ń 270 wees. Dan Acley jy hom net.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1382
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Saam met jou as die 270 as eerste keusehenk.spioenkop wrote:En ja, ek sou 6mmCM gebou het. Ek het nie self een. My eintlike eerste keuse sou nog ń 270 wees. Dan Acley jy hom net.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Manne wil 6 mm BR praat dan kom julle nou al weer met 'n 270...
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Dankie manne ek dink ek gaan definitief die BR roete loop. Vandag Forster dies teen 'n goeie prys gekoop. Wat se kruit wat in SA beskikbaar is werk die beste met die BR? Ek dink ook om op 90 gr Scenars en 87gr V Max te konsentreer aanvangklik
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Ek dink Varget of iets in daai brandspoed liga gaan werk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Ek besit nog nie 'n 6BR nie, maar het al 'n paar keer met vriende s'n geskiet.
Ja, hy sukkel om te voer uit magasyne. 'n Vriend het 'n nuwe Howa 243 laat herkamer na 6BR en 'n ATI plastiek magasyn gebruik. As hy sy patrone reg pak, voer hy redelik. As ek reg onthou, was dit ATI se 223 magasyn gewees. As ek eendag ene bou sal dit waarskynlik op 'n RSA enkelskoot aksie wees. Hy het nie voerprobleme nie.
Afhangende van die gekose koeëlgewig, behoort kruite in die S335 se brandspoed klas redelik goed te werk.
Al werk 'n 24" loop goed met jou gekose lading, begin maar met 'n 26" loop. As hy teen 4000 skote nie meer wil groep nie, laat sny die kamer af en herkamer hom, dan kan hy nog 'n paar duisend skote doen teen 24".
Daar was 'n tyd toe ek van vinnige 6mm loopvreters gehou het. Let wel het. Nou verkies ek meer besadige kombinasies wat darem meer as een jaar se kompetisie en plaagdiere skiet kan oorleef voor die loop klaar is.

As ek sukkel om iets soos Varget in die hande te kry en ek moet Somchem kruit gebruik wat se een sal beste werk? S335, S365, S355 sal iets soos S361 ook kon werk
-
Braveheart
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
Al wat ek kan sê is "Baie Geluk" met jou goeie en wyse keuse. Jy gaan baie tevrede wees. Dis waar wat HunterB noem dat jy altyd terug gaan na die BR as jy vinnig 'n geweer moet kies omrede sy akkuraatheid.
Ek skiet al 'n leeftyd die 6BR. My huidige BR het 'n 20" Lila 1-14 twist loop op 'n enkel skoot RSA aksie. Fitted .266 neck. Ek het onlangs my NF 12-42x 56 Benchrest scope afgehaal na jare se lekker speel. Puik kaliber wat vinnig super akkuraat kan skiet met min herlaai moeite.
Nogmaals geluk.

- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 990
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: 6mm Norma BR moet ek of moet ek nie
S335 sal mooi werk op daai gewig punte. Met ligte punte werk S321 beter. Dit was wel op n Dasher maar behoort vir die Br dieselfde te wees.264 Win Mag wrote: Mon May 08, 2023 10:02 pm As ek sukkel om iets soos Varget in die hande te kry en ek moet Somchem kruit gebruik wat se een sal beste werk? S335, S365, S355 sal iets soos S361 ook kon werk
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen