Hallo manne.
Ek het 'n klompie blesbokke om te skuif in die 2012 jagseisoen. Ek het jagte beskikbaar vir groepe van 6 tot 8 jagters.
My pakket sluit die volgende in. 1 blesbok, 2 nagte verblyf, jag voertuig en slagfooi. Dit is volledig toegeruste verblyf al wat jy bring is eie kos ens. Ek stel my gewere beskikbaar vir die manne wat dalk nie 'n roer het nie.
Prys R1500 pp.
Groete
BLESBOKJAG IN DIE NOORD-OOS VRYSTAAT
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
- Boogjagter
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm
Re: BLESBOKJAG IN DIE NOORD-OOS VRYSTAAT
Dagse Gideon
Waar in die noord-oos Vrystaat is jou jagplek? Kan mens in die week ook kom?
Groete
Waar in die noord-oos Vrystaat is jou jagplek? Kan mens in die week ook kom?
Groete
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: BLESBOKJAG IN DIE NOORD-OOS VRYSTAAT
Gideon,
Dis regtig n goeie prys. Met dit gaan jy nie nodig he om bokke te skuif nie glo ek. Wat is die prys net vir interresantheid indien n 2de bok bykom??? Baie manne wil oor die algemeen graag n tweede een ook skiet....weet mos hoe werk dit, as die eerste geval het is daar nie keer nie.

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: BLESBOKJAG IN DIE NOORD-OOS VRYSTAAT
Middag manne. Ek gaan sommer almal se vrae probeer beantwoord. Dit is in Frankfort. Ons doen dit as pakket met verblyf vir twee aande wil nie graag net dagjagte doen nie. Sal week trips ook kan doen maar slegs in die junie julie skoolvakansie. N twede bok sal vir R850 gaan. Pm my as daar nog vrae is. Groete.
- Truvelloman
- Full Member

- Posts: 180
- Joined: Sun Jul 24, 2011 10:32 am
Re: BLESBOKJAG IN DIE NOORD-OOS VRYSTAAT
Hi Gideon
Is daar pryse vir troffee en nie? En het jy troffee ramme?
Groete
Is daar pryse vir troffee en nie? En het jy troffee ramme?
Groete
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: BLESBOKJAG IN DIE NOORD-OOS VRYSTAAT
Trevelloman. Die prys is vir ramme of ooie daar is groot ramme wat geskiet moet word maar ek kan nie waarborg dat hulle trofees is nie.
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: BLESBOKJAG IN DIE NOORD-OOS VRYSTAAT
Naand manne ek het nog een nwk beskikbaar in julie. Die prys is bietjie meer as laasjaar twee aande verblyf met een blesbok plus alle slag dag en bakkiefooie ingesluit R1700 pp.