Kan iemand asb vir my kyk na die volgende lading op n 300 win mag en drukke.
Dopkapasiteit: 92.6gr H2O
Patroonlengte: 91mm
Koel: 208gr Hornady eldm
Looplengte: 75mm
Kruit: vihtavouri N165
Doplengte: 2.59 duim
70gr N165: 2890fps magnetospeed
300 Win Mag hulp asb
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 Win Mag hulp asb
Looplengte?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 300 Win Mag hulp asb
Skuus 759mm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 Win Mag hulp asb
Daardie lading is op of oor maksimum druk. Afwaarts gaan ek twee ladings gee.
1/2 node by 68,7gr = 2850vps (Druk by 59K psi)
Node 5 by 65,8gr = 2750vps
1/2 node by 68,7gr = 2850vps (Druk by 59K psi)
Node 5 by 65,8gr = 2750vps
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 300 Win Mag hulp asb
Dankie Tripod, nou wil ek gou by julle hoor. Vihtavouri data hee n maks lading op 208gr punt vir N165 van 75.2gr en n spoed van 2818fps met n 24.5 duim loop en patroon lengte van 84.8mm. Die geweer se loop is meer as 5 duim langer so kom ons vat 5 duim en n konserwatiewe apoed van 25fps per duim. Dit gee n maks spoed van 2818 + 125fps = 2943fps Vihtavouri se data aangepas vir looplengte.
Dan vat ons die patroon lengte wat 6mm langer is as wat Vihtavouri in hul handleiding gee. Dit werk uit op n ekstra 4% water volume wat uitwerk op 1% meer spoed so se 29fps.
Die 2943fps + 29fps = 2973fps alles in ag geneem en aangepas vir maks Vihtavouri lading.
Nou is my vraag, maak my berekeninge sin, is quickload moontlik verkeerd? Met GRT wys daai lading hier rondom 57000psi. Ek vra nie om te stry nie. Ek wil net hraag weet wat is reg en veilig.
Dan vat ons die patroon lengte wat 6mm langer is as wat Vihtavouri in hul handleiding gee. Dit werk uit op n ekstra 4% water volume wat uitwerk op 1% meer spoed so se 29fps.
Die 2943fps + 29fps = 2973fps alles in ag geneem en aangepas vir maks Vihtavouri lading.
Nou is my vraag, maak my berekeninge sin, is quickload moontlik verkeerd? Met GRT wys daai lading hier rondom 57000psi. Ek vra nie om te stry nie. Ek wil net hraag weet wat is reg en veilig.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 Win Mag hulp asb
1. Vihtavuori meet druk en gee nie daardie waardes uit nie. Hulle bou ook 'n veiligheidsfaktor in om hofsake te vermy. Ek is ook konserwatief en alhoewel QL se druklesings nie 100% betroubaar is nie, bly ek liefs aan die veilige kant. Node 4 is heelwat oor die maksimum druk en ek het dit nie eers bereken nie.
2. Jou teoretiese berekeninge werk nie altyd so in die praktyk nie. QL se berekening met die verstekwaardes van N165 en 'n 70gr lading het 'n spoed van 2760vps bereken. Jou spoed is dus 130vps vinniger en die brandtempo moes met 14% aangepas word. Ek wil half raai dat jy baie naby aan die lande is? So verhoging maak dat jou nodespoed afneem en die langer TPL werk dus nie in jou guns nie.
2. Jou teoretiese berekeninge werk nie altyd so in die praktyk nie. QL se berekening met die verstekwaardes van N165 en 'n 70gr lading het 'n spoed van 2760vps bereken. Jou spoed is dus 130vps vinniger en die brandtempo moes met 14% aangepas word. Ek wil half raai dat jy baie naby aan die lande is? So verhoging maak dat jou nodespoed afneem en die langer TPL werk dus nie in jou guns nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 300 Win Mag hulp asb
Tripod of enige iemand anders met insae in die volgende kan jul asb jul raad gee. Ek wil nie n debat begin met hierdie of enige iemand in die gesig vat met my vrae nie. Ek wil net beter verstaan en leer om hopelik beter en meer akkurate data te kry.
Tripod as jy quickload kalibreer, pas jy slegs die Ba waarde aan?
Ek vra want as ek met bogenoemde lading slegs die Ba waarde aanpas dan wys dit as oor maks druk. Ek het toe Cassie Ninaber se artikels oor quickload gelees en hy se mens moet Ratio of specific heats sowel as Ba aanpas met dieselfde persentasie tot jy by die regte spoed aankom.
As ek dit so doen en altwee met 1.7% aanpas dan kom ek naby aan die regte spoed en n druk van 57000psi. Dit is basies presies wat GRT gee. Ek weet mens kan nie 100% op quickload se druk voorspellings staatmaak nie.
Ek kyk maar net na die Vihtavouri data plus die ekstra loop lengte, langer TPL, GRT se voorspellings en wil sodoende n besluit maak. Die jump is ook 1mm.
Die doppe en primers wys ook nie druktekens nie. Ek weet dit is nie die beste manier om druk te meet nie maar faktor dit ook maar in.
Elkgeval, gee maar asb raad en insae.
Tripod as jy quickload kalibreer, pas jy slegs die Ba waarde aan?
Ek vra want as ek met bogenoemde lading slegs die Ba waarde aanpas dan wys dit as oor maks druk. Ek het toe Cassie Ninaber se artikels oor quickload gelees en hy se mens moet Ratio of specific heats sowel as Ba aanpas met dieselfde persentasie tot jy by die regte spoed aankom.
As ek dit so doen en altwee met 1.7% aanpas dan kom ek naby aan die regte spoed en n druk van 57000psi. Dit is basies presies wat GRT gee. Ek weet mens kan nie 100% op quickload se druk voorspellings staatmaak nie.
Ek kyk maar net na die Vihtavouri data plus die ekstra loop lengte, langer TPL, GRT se voorspellings en wil sodoende n besluit maak. Die jump is ook 1mm.
Die doppe en primers wys ook nie druktekens nie. Ek weet dit is nie die beste manier om druk te meet nie maar faktor dit ook maar in.
Elkgeval, gee maar asb raad en insae.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 Win Mag hulp asb
Die raad vanaf die outeur van QL sowel as van die Long familie is om BRF OF RSH aan te pas, maar nie beide nie. Die sukses wat ek al verkry het met meer as 'n duisend berekeninge maak dat ek die eenvoudige roete van slegs die BRF gebruik. Soos vroeër genoem is ek konserwatief en probeer om QL se druk by so 5000 psi minder as maksimum te kry. Nog nooit klagtes daaroor gekry nie.
http://www.the-long-family.com/optimal% ... 20time.htm