My naam is Stefan, ek bly in Centurion en oorspronklik van Rustenburg. 37jr oud, man en pa van 'n 18mnd oue seuntjie.
In die kluis:
Mauser sporter in .308, Redfield 2-7x33. Dit is my #1 jaggeweer vir die afgelope 20jr, en ek vertrou hom met my lewe, met al sy skete.
1970s .303 sporter wat ek eers later gekry het.
Op aansoek:
Beretta 84, wat hopelik teen die einde van die maand deurkom!
Glock 43 in my vrou se naam, nog beginstadium van bevoegdheid.
Wishlist:
Mossberg Maverick 88
7.62x39mm in 'n ligte mini action vir die seuntjie eendag (en vir my intussen!)
Ek het geseënd grootgeword met jaarlikse jagte op familie se grond in Makoppa/Dwaalboom wereld. Onlangs begin pistool skiet, asook om te herlaai. Herlaai en ontwikkel ladings vir die 308 nou vir so net onder 'n jaar, en laai ook laaste ruk baanammunisie vir die pistole - laasgenoemde onder toesig van lisensiehouer
Sien uit om te gesels!
S
