Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Chris (vdB) »

Goeie more Almal

Met my onlangse lading ontwikkeling het ek nogal gewonder hoe lyk en hou julle rekord van julle data. Ek weet daar is manne wat presies vir jou kan se hoeveel elke dop al geskiet was en wat al hulle data op rekenaar invoer ens. Se bietjie hoe julle dit doen, dalk kom daar n' paar oulike idees uit.
My manier is niks fancy nie, ek het 2 harde band A4 boeke. In een skryf ek sommer my data met die hand en hy gaan dan saam skietbaan toe, en wanneer ek op node is print ek die QL screen shot wat Oom Tripod altyd so gaaf is om aan te stuur en plak dan daardie QL screen shot in die ander boek en dan sit ek sommer die eind data op n' Word dokument en print dit en plak dit langs die QL print. Wanneer ek dan weer moet herlaai, gebruik ek hierdie boek se data.
Lading ontwikkeling.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Kallie Fernhout »

2 Optimal Barrel Time 300 WinMag.xlsx
Ek heg my data aan.
Ek hou my doppe volgens bokse.
Elke boks dui ek aan wat se stap gedoen is.
Elke loop hou ek rekord van bushings dopvulem headspace hoe lands groei al die inligting.
Gebruik elke keer selfde reamer.
Dit is een baan sessie tussen lope en dan weet ek presies die lading.
Nie seker hoe om n exel sheet hier te plaas nie.

P.S dit is my ladings moet dit nie dupliseer nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13580
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Capt. Yoda »

Ek kyk somer op GRT vir n idee na watse spoed/druk ek opsoek is en met watse lading ek min of meer naby dit sal kom. As ek dink my lading gaan naby 40gr wees vir n spoed van 3000fps laai ek dan 3 of 4 ladings elk van 38gr tot so 41gr in .2gr inkremente en skryf somer op elke dop die lading neer.
As ek gelukkig is met my spoed sal ek die selfde met TPL doen om te fine tune, ek begin gewoonlik spoed toets met koels net uit die lands uit.
Ek het so 200 doppe per kaliber wat ek gebruik so almal staan getumble en geaneal reg om gelaai te word, sodra ek deur die 200 doppe is gaan almal weer tumbler toe en ons begin van voor af so eks nie regtig gepla oor hoeveel keer elke een geskiet is nie.
Ek hou my data soos hoeveel skote deur die loop is, watse Bushings gebruik is, lading, TPL, hoe lank ek my doppe sny, en al daai somer op my foon vir reference ek weet wat elke geweer in my kluis se data is en as ek n koel en lading het wat werk bly die data en DIEs/seating dieptes dieselfde.
So elk 100 skote meet ek hoe en of my lands gegroei het om te bepaal of ek iets aan my TPL wil doen, dia data is ook op my foon.
Behalwe vir dit probeer ek dit maar eenvoudig hou, daar is altyd n dummy ronte vir elke kaliber/koel combo in my kas wat ek mates van kan vat sou ek iets vergeet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Chris (vdB) »

Kallie jou manier is baie noukeurig. Sommer vir interessantheid ten opsigte jou speed ladder, waarom was string 1 en 2 heel verskillend? Was die loop al baie warm toe string 2 geskiet was, of was daar n' ander rede of verstaan ek jou data heel verkeerd. Daarom dan dat ek maar bly by Oom Tripod se QL voorspellings, ek sou verlore gewees het as ek van twee verskillende grafieke my afleidings moes maak.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Chris (vdB) »

Capt. Oblivious wrote: Fri Mar 17, 2023 10:58 am Ek kyk somer op GRT vir n idee na watse spoed/druk ek opsoek is en met watse lading ek min of meer naby dit sal kom. As ek dink my lading gaan naby 40gr wees vir n spoed van 3000fps laai ek dan 3 of 4 ladings elk van 38gr tot so 41gr in .2gr inkremente en skryf somer op elke dop die lading neer.
As ek gelukkig is met my spoed sal ek die selfde met TPL doen om te fine tune, ek begin gewoonlik spoed toets met koels net uit die lands uit.
Ek het so 200 doppe per kaliber wat ek gebruik so almal staan getumble en geaneal reg om gelaai te word, sodra ek deur die 200 doppe is gaan almal weer tumbler toe en ons begin van voor af so eks nie regtig gepla oor hoeveel keer elke een geskiet is nie.
Ek hou my data soos hoeveel skote deur die loop is, watse Bushings gebruik is, lading, TPL, hoe lank ek my doppe sny, en al daai somer op my foon vir reference ek weet wat elke geweer in my kluis se data is en as ek n koel en lading het wat werk bly die data en DIEs/seating dieptes dieselfde.
So elk 100 skote meet ek hoe en of my lands gegroei het om te bepaal of ek iets aan my TPL wil doen, dia data is ook op my foon.
Behalwe vir dit probeer ek dit maar eenvoudig hou, daar is altyd n dummy ronte vir elke kaliber/koel combo in my kas wat ek mates van kan vat sou ek iets vergeet.
Kaptein daardie doppe van jou wat klaar getumble en gesize was ensovoorts, druk jy hulle gou weer deur die expander mandrel of smeer jy bietjie grafiet in die nekke voor jy hulle laai, indien hulle lank terug al voorberei was?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13580
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Capt. Yoda »

Hulle word net getumble en dan aneal en dan gooi ek hulle terug in hul bokse. As ek laai vir n shoot waar ek 35 skote gaan nodig he vat ek dan 36 of 37 doppe en prep hulle die maandag en laai hulle die Woensdag. Ek hou nie daar van laat doppe te lank staan na ek hulle gesize het nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 920
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by musgrave270 »

Ek het ook n boek vir elke geweer, nog nie op verskillende lope nie. Dan elke lading se teiken word in die boek geplak vir rekord hou. By die Finale lading en teiken skryf ek weer al die data, TPL, lading ens.

Doppe word in batches gehou en geskiet en bokse word gemerk met die hoeveel kere herlaai asook of dit anneal is.

Dan het ek by n forum vriend geleer om my primer boksies te bere, altans die karton gedeelte. Cci sn skeer mooi af. Dit gebruik ek om boek te hou van die skote deur die lope.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk

User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Viking »

Ek doen nie intensief lading ontwikkelling nie, maar hou graag data van my herlaai pogings.

Ek het n app afgelaai GUNR wat vir my baie maklik werk om elke wapen se statistek by te hou. Elke teiken word foto van geneem en ook opgelaai.

Daar is selfs plek om jou lisensie en elke wapen se inligting aan te bring.
Screenshot_20230318-091509.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by ruaanb »

GUNR het al my data weggegooi. Gelukkig het Ek n boek backup.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by JF123 »

Selfde hier. Die paniek van Vrydag aand se laai en jou lading details is weg wil ek nie weer hê nie.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Viking »

Glo my dis die ou op die stoel wat die inligting "weggooi"!
Het dit ook oorgekom met die profile foto se verander....MOENIE sommer net delete funksie gebruik nie!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by ruaanb »

Nogal nie Dirk. Ek verstaan nogal IT
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Alwin »

Ek verkies om elke lading se volledige detail in 'n papier-lêer op te teken. Dis moeiliker om hom per ongeluk te "delete" en al die data is beskikbaar tydens "loadsh!tting". Ek kry alles in een reël op 'n A4 bladsy wat dwars lê ("landscape"), 16 reëls (ladings) per bladsy.
Die data is: Lading nr, datum, DOP maak, gewig, aantal kere gevuur, trim lengte, nekwanddikte, SIZER DIE tipe, PERS gebruik, SLAGDOPPIE maak, tipe, KRUITmeter tipe, verstelling lading (gn), kruit lot, vuller?, KOEëL diameter, gewig, maak, tipe, TPL, krimp, AANTAL gelaai, aantal geskiet, afstand, groep, spoed, Opmerkings (vir enige ekstra inligting).
Tot dusver werk dit vir handwapens en gewere. Ek kan 'n lading van 30 jaar gelede opdiep binne sekondes. Haelgewere het 'n ander formaat.
Ek het aparte bladsye vir verskillende kalibers, die kaliber is bo aan gemerk. As jy verskillende wapens in dieselfde kaliber laai, kan jy dit ook per wapen skei.
Sommige ladings is net 1 rondte. Party is 5 en ander is meer, soveel as wat ek in 1 sessie kan laai.
Die Lading nr word op die ammukissie aangedui op 'n plakker. Ek kan dus enige kissie se ammu terug verwys na sy data.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13580
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Capt. Yoda »

Eendag wil ek ook so baie tyd he
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by finch »

Myne is in boekie geskryf maar sit aspris sommer my data hier op forum draad waar die QL manne my gehelp het. Dan weet ek ek het dit ook digitaal. Harde en sagte kopiee kan weg raak dus is dit maar goed om albei te he.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Hoe hou jy rekord van jou lading ontwikkeling?

Post by Alwin »

Capt. Oblivious wrote: Fri Mar 24, 2023 10:01 am Eendag wil ek ook so baie tyd he
As jy eendag die een goeie lading se data verloor het, dan sal jy verstaan waar al jou ekstra tyd heen gaan. Jy doen jou hele ladingontwikkeling oor...

Dit vat 15 sekondes om al die data neer te skryf, as jy 'n sinvolle sisteem het.
Post Reply