Agtergrond, ek lees dis belangrik
My eerste geweer gekoop op 17 (ja, ja... pa het gehelp), Musgrave .308; redelik aktief met sportskiet (IPSC). Jag min laaste tyd weens die "gewone" redes.
Deur 'n moeilike finansiele tyd laaste paar jaar, maar weer aan die werk. Moes van baie skietgoed verkoop om aan die lewe te bly, maar het nog genoeg. Jag gewere tans .243, 308 en laaste aankoop 'n 416 Rem (my 60e verjaardag geskenk aan myself!). Herlaai vir alles waarmee ek skiet, behalwe .22 en 12Ga.
Bly tans in Harties, lid by Harties praktiese skietklub en SA Jagters.
Groetes.
