Help asseblief met inligting

Post Reply
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Help asseblief met inligting

Post by DawieKotze »

Ek sal dit baie waardeer as daar iemand is wat my meer inligting kan gee oor die volgende 12 boor dubbelloop haelgeweer?..

Bo-op tussen die twee lope staan: Robert Hughes & Sons Birmingham

Onder die lope is die volgende merke?

Regterloop:
Nitroproof  l1/8
12 C of O (binne ?n diamant)
BP (onder ?n kroon)
NP (onder ?n kroon)
BV (onder ?n kroon)
Die nommer ?13?

Linker loop:
Dieselfde as bo met ?CHOKE? en in plaas van ?13? staan daar ?14?

Verder met die lope op, is daar weer merke wat lyk soos ?n kroon met letters ?RRS? daaronder.

Ek het fotos prober neem van die merke, maar dit wil nie duidelik uitkom nie. Ek plaas wel so 'n paar. Die geweer het aan my skoonpa se Pa behoort rondom die laat 1800's en vroe? 1900?s en het duidelik baie gewerk.

Enige hulp sal waardeer word.

Dankie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Help asseblief met inligting

Post by Hein M. »

Het ook 'n bietjie rongesoek maar kon bitter min info kry

Lyk na 'n wapen voor 1905...  Hy is dalk ook in 'n stadium opgebou uit 2 of meer ander gewere.

Moenie vandag se patrone in daardie ou gun skiet nie...

Hoop iemand weet iets meer.

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Help asseblief met inligting

Post by BLOK »

Gou gegoogle en hier is drie sites met klein biekie info.

http://www.roadrocketchris.com/hughes-o ... ngham.html

http://www.shotgunworld.com/bbs/viewtop ... 5&t=181580

http://www.cornellpubs.com/old-guns/ite ... em_id=2618

Dis nie veel nie maar kan so effe meer vertel of jou op die pad help ten minste
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Help asseblief met inligting

Post by DawieKotze »

Dis juis omdat ek so min inligting op die net kon kry dat ek hier gevra het.

Dankie vir die belangstelling Blok en Hein.

Hein - ek het al "vandag se patrone" uit hom geskiet (seker so 100 nr 5 en 6'e) sonder enige probleme, maar ja... ek dink jys reg - miskien is dit beter dat ek dit nie doen nie!! Wat sal jy aanbeveel ? Ek herlaai nie vir hom nie.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Help asseblief met inligting

Post by blaser »

As sy lope nie van demaskus staal is nie kan jy vandag se patrone  skiet maak net seker jy kry  die wat 65mm lank is en nie 70mm nie
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Help asseblief met inligting

Post by DawieKotze »

remington - kyk bietjie na my 2de foto. Dis mos damaskus staal? Daai wat lyk asof dit patroontjies op het. So het ek altyd gedink. Ek weet dat hierdie tipe staal nie so sterk is as hedendaagse staal nie, maar die lope is ge-"nitroproof" Dit beteken mos hulle is getoets en sterk genoeg bevind?

Soos ek ges? het - ek het al vandag se ammo met hom geskiet en geen probleme gehad nie. Miskien is die volgende skoot die gevaarlike een??

Moet ek maar herlaai vir hom en watse lading beveel jy aan? As ek patrone wil koop, sal die soort wat die kleiduif manne gebruik reg wees - hulle is mos laer gelaai.

Dankie
Last edited by DawieKotze on Sat Feb 11, 2012 5:40 pm, edited 1 time in total.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Post Reply