6.5mm Lapua Scenars vir jag?

Post Reply
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 481
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

6.5mm Lapua Scenars vir jag?

Post by Lapua »

So my vraag is soos per die topic. Wie het dit al probeer en wat was julle ondervinding met dit?

Praat met my.

Lapua
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: 6.5mm Lapua Scenars vir jag?

Post by ThinusS »

Ek het die 136gr 6.5mm vir 'n rukkie in die 6.5x55 gebruik vir jag.
Ek het 90 diere met die lading geskiet:
2 bobbejane, 29 blesbokke, 1 blouwildebees, 1 jakkals, 1 koedoe, 6 rooihartbeeste, 43 springbokke en 7 vlakvarke.
Die meeste het hulle werk baie goed gedoen. Daar was 'n paar wat lelik opgebreek het (maar steeds gewerk het) en 1 het deur altwee 'n hartebees se longe (styf agter die blad) geskiet sonder om oop te maak. Ek het haar 2 dae later in 'n erosie sloot gekry, omtrent 600 meter van waar sy geskiet is. Ek kon geen bloedspoor kry waar sy geskiet is nie en daar was 'n baie klein gaatjie deur beide longe.
Ek het die koeëls gebruik omdat ek op daardie stadium geen ander 6.5mm koeëls behalwe Impala kon kry nie.
Oor die algemeen werk hulle goed, maar as daar ander betroubare opsies is sal ek nie met hulle jag nie, hulle verrigting is vir my te onvoorspelbaar. As ek hulle weer moet gebruik sal ek probeer om op die blad te skiet en nie agter die blad nie. Hulle was wel baie akkuraat gewees.
Post Reply