Oorstabilisering van ligter koeëls in stywe groefdraai
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Oorstabilisering van ligter koeëls in stywe groefdraai
Daar is nou al baie kwytgeraak oor "oorstabilisering".
Daar is ook baie min redes verskaf oor hoekom dit nou sleg sou wees. (Hierdie is nou beperk tot normale skietery tot op 1000m of so, nie formele "bench rest" kompetisie nie.)
Kom ons kyk na die feite:
As jou koeël die tromp verlaat teen 'n trompspoed (aksiale spoed = vorentoe) en rotasiespoed wat hom optimaal stabiliseer (Sg = 1,5) dan is almal gelukkig.
Sodra die koeël nou deur die lug trek, begin hy sy aksiale spoed verloor a.g.v. windweerstand/sleur. Die rotasiespoed verander baie min. Die koeël se stabiliteit (Sg) neem dus deeurgaans toe totdat hy die teiken tref. Alle koeëls is dus oorgestabiliseer vir 99% van die trajek. Ek sien nie probleme daarmee nie.
Daar is 'n teorie wat beweer dat wanneer 'n koeël oorgestabiliseer is, dan volg die as van die koeël nie die trajek nie, maar raak hy later "neus in die lug", wat glo nadelig kan wees. Wel, sien hierbo. Almal is oorgestabiliseer vir die grootste gedeelte van die trajek in elk geval.
Hoeveel is hierdie afwyking van 'n koeëls wat nie sy neus wil sak nie? As ons kyk na 'n tipiese 1000m skoot, dan word die koeël teen 'n opwaartse hoek van +/- 30 minute gelanseer en hy tref die teiken teen 'n afwaartse hoek van ook ongeveer 30 minute. (Wilde benadering vir maklike berekeninge.) Die afwyking van die koeël se as vanaf die trajek is dus 60 minute of 1 graad. Ek glo nie jy sal dit aan die koeëlgat se vorm op die teiken kan meet nie, en dis nie juis 'n aardskuddende afwyking nie. Werklike waarnemings op langer afstande wys ook nie so 'n afwyking nie.
Daar is verskeie ander redes hoekom 'n te ligte koeël nie in 'n vinnige groefdraai loop wil groepeer nie:
1. Te kort. As die dravlak korter is as die sprong vanaf die dop se bek tot by die begin van die groewe, dan is die koeël vir 'n oomblik totaal on-ondersteun en gaan jou akkuraatheid daaronder ly.
2. Nie sterk genoeg nie. As die koeël weens die vinnige rotasie ("sentrifugale krag") uitmekaar breek in vlug, dan groepeer hy ook nie. Die kern kan ook in die mantel draai en so die stabiliteit benadeel.
3. Jou koeël en jou loop hou eenvoudig net nie van mekaar nie. Nie alle gedwonge huwelike is noodwendig suksesvol nie.
4. Daar mag nog wees waaraan ek nie nou kan dink nie.
Die antwoord is toets self en kyk wat werk vir jou, soos op die video hierbo.

Jy het nou die vlug van die koeël ontleed en besef dat ons min weet van die werklike vlugbaan (eksterne ballistiek), behalwe dat praktiese resultate toon dat gewere eintlik ongelooflik akkuraat is. Moet dus nie algemene stellings glo wat verklaar dat so en so koeël nie in daardie geweer sal skiet nie.
Die spreekwoord "Probeer is die beste geweer" is dan by uitstek van toepassing.