Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post Reply
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by Tiny »

Hello Almal!

Ek het 'n vraag wat my al baie lank laat wonder het.
Ek is 'n lid van Suid-Kaap Jagters se junior skietspan en ek let op dat daar 'n hele paar senior lede is wat met 'n enkelskoot geweer skiet. My pa besit glad nie 'n enkelskoot kaliber nie en nie een van ons kan die doel van 'n enkelskoot verstaan nie. Wat ek probeer vra is: "Hoekom wil jy slegs een patroon in 'n geweer laai as jy 4 of 5 in 'n ander geweer wat dieselfde kaliber is kan laai? Indien jy dit dan verkies om slegs een patroon te laai, laai dan slegs een patroon in 'n geweer met 'n magasyn." Kan iemand my dalk help?
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by WillJak »

Tiny, vir die meeste skuts gaan dit feitlik geen verskil maak nie, want die geweer is maar net so goed soos sy drywer, maar die idee agter die enkelskoot skyfskiet gewere is dat die hele aksie en konstruksie "stywer" (meer "ridgid") is. Omdat daar nie 'n magasynkas is nie is die kolf stywer en sterker en so ook waar die aksie, loop en "bedding" alles bymekaar bring - die teorie is dat hoe minder speling en "flex" daar is, hoe meer akkuraat die geweer, maar ons praat hier van manne wat hare kloof oor 1mm en minder op 100m, wat in elk geval bo die meeste skuts se vuurmaakplek sit.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by Tiny »

Baie dankie vir die waardevolle inligting. Ek is maar nog 'n jong lat en ek glo nes enige ander seun als wat my pa se. ;) Hy se hy bewe daardie 1mm sommer in met sy P14 30-06 wat ter loops ook al kompetisies vir Suid Kaap Jagters gewen het teen die manne met die enkelskoot blinklope. Ons glo ook die man agter die roer maak die grootste verskil en jy moet jou geweer ken. Ek skiet met my oorlede oupa se Brno 7x57 met 139gr Hornady punte op 'n lading van 45,5gr 365. Hy hardloop so rondom 2600vt/s en ek stel hom 2.5" hoog op 100m sodat hy min of meer op 200m kan zero. Hy val egter 12" na 300m ek sal graag wil weet hoe kry ek hom vinniger en/of platter?
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by WillJak »

Tiny, daar is nog 'n ding - daar is ouens wat glo dat die laai van jou rondtes in die magasyn kas die goete so effens kan beskadig met die laai en terugslag (wat so is, maar oor die algemeen nie genoeg om regtig 'n verskil vir die meeste skuts te maak nie).

Oor die spoed en plat - hier moet van die ander manne maar antwoord - daar is 'n Ackley omskakeling op die 7x57 maar ek ken nie sy ballistiek goed genoeg om regtig kommentaar te lewer nie. Wat ek wel kan s? is dat dit vir my lyk of 'n 140gr spitzer so 2.4" ho?r sal skiet (minder sal val) as 'n ronde neus punt teen dieselfde spoed (2600fps), maw so 10" laag ipv 12" - en dat 'n turbo "conversion" na 3000 fps toe hom so 7" laag gaan sit op 300m - of te wel nog so amper 3" platter as wat hy nou kan skiet.

Nou is die vraag, maak dit regtig 'n verskil of hy 7" of 9.7" duim laag skiet op 300m??
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by Nico Harris »

ek necksize winchester doppe , gebruik s341 en Sierra 100 gr hp punte. laai in half grein ladings tot ek drukking begin sien. in my broer se 7x57 Musgrave kry ons hulle dat hulle 3300ft/s doen en konstant onder n duim skiet.

Range    - yds.      0    50    100    150    200  250    300
Velocity - ft./sec. 3300  3058  2829  2610  2402  2204  2017 
Path      - in.        -1.5  0.4    1.4    1.4    -0.0  -2.9  -7.5
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by Tiny »

Dankie almal vir die raad, ek waardeer dit baie.

Harris, ek het al voorheen met Sierra 100gr HP Varminters rond gespeel, maar daar was geen sprake van groepering nie. Ek het egter met S365 gewerk en ek sien jy gebruik S341, ek wonder of dit dalk 'n verskil sal maak op grond van groepering? Die probleem is soos my broer reeds gese het by 'n ander topic, dat ons sukkel om die S341 wat korreltjie kruit is te herlaai met die elektriese skaal.

Om terug te kom by Wiljak se post. Ek moet erken dat nadat ek nou so rukkie gaan dink het verstaan ek nogal wat jy bedoel met die klein verskil wat dit gaan maak op 300m. En as jy jou geweer ken, hoekom sal jy dan aan 'n ding wil krap wat yntlik reg is?

Ek het een jaar met 139gr Hornady punte geskiet wat uitstekend gewerk het. (Ek kan nou ongelukkig nie die punte se ander details onthou nie. Ek kan net onthou hulle het van daardie rooi plastiek puntjies gehad :-[) Die punte se pryse het egter daarna die lug ingeskiet en my Pa kon dit nie meer bekostig nie..

Groete uit 'n (hopelik) nat karoo
Tiny
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by WillJak »

Tiny, as jy kyk na Harris 30-06 se table - die 100gr puntjie loop 3300 fps maar hy verloor vinniger spoed as die 140gr so hy skiet maar net so plat soos 'n 140gr punt teen 3000fps.

Die Hornady punte is sekerlik die V-Max - 'n bitter lekker, maar duur punt soos jy s?. Om weereens te herhaal wat ek vroe?r ges? het - 'n 139gr V-max behoort so 9.7" laag te wees op 300 met 'n 200 zero en teen so 2600 fps. Die 100gr punt teen 3300 fps is 7.5 duim laag - vir alle praktiese doeleindes 2" verskil. Maak dit regtig 'n verskil?

Wat jy dalk wel kan probeer is kyk na GS Custom se HV punte op hulle website - dis 'n ligter punt maar met 'n ho? SD wat sy spoed goed hou en hulle praat van hier rondom 3200fps met S321 en S335. MAAR jy moet so 1:9.5 groefdraai in die loop h? wat vinniger is as wat die 7x57 gewoonlik het.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by Tiny »

Ek moet nog my 7x57 se groefdraai toets, maar dis definitief nie 1:9,5 nie. Ek moet se dit lyk my jy ken nogal die 7x57 se syfers, want dis nes jy daar se. Die Hornady V-Max het 9" gesak na 300m.

Ek skiet nou die laaste tyd met Hornady se 139gr Interlock SP. Dit groepeer net so goed soos die V-Max en sak net 3" meer as die V-Max na 300m. Die Interlocks is darem meer bekostigbaar en groepeer oor die algemeen so rondom 'n duim groepering op 100m wat op my vlak van skyfskiet heeltemal goed genoeg is. Ek weet ook darem nou al waar die punte val na die 300m merk. So as ek nou daaroor na dink is daar eintlik niks om oor te kla nie. :)
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by Nico Harris »

waarmee sukkel jy met die korrel poeier? ek het n lyman DPS3 en hy werk mooi jy moet net die inner tube insit wat hom stadigger laat gooi!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die doel van 'n enkelskoot?

Post by WillJak »

So as ek nou daaroor na dink is daar eintlik niks om oor te kla nie.
Amen ;D ;D ;D
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Post Reply