Die liberale media, waarskynlik kop in een mus met die groenes, is weer besig met 'n agenda. Dit blyk Ipsos het glo 'n opname gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat 68% van Suid-Afrikaners gekant is teen trofeejag.
Die probleem met sulke opnames is veelledig. Tensy jy elkeen se opinie kry, bly dit net 'n skatting. So het die media opnames onomwonde 'n oorwinning vir Hillary Clinton voorspel in 2016, net vir Trump om te wen.
Niemand het my ooit gekontak, of enigeen wat ek ken wat jag nie. Baie mense in my werkskringe besit nie eens 'n enkele vuurwapen nie. Ek sal geld daarop wed dat elkeen in daardie kategorie wat gril vir enige vuurwapen, absoluut gekant sal wees teen trofeejag.
Statistieke kan gemanipuleer word. Veronderstel daar is 1500 mense wat gekontak word. Indien hulle toevallig 'n klop Jaracal lede kontak, sal die resultaat heeltemal ander wees as wat dit sou wees as hulle 'n klomp omgewingsaktiviste kontak. Daar is egter duidelik weer 'n bose agenda aan die broei.
https://www.businessinsider.co.za/about ... vey-2022-8
Trofeejag Groen Agenda
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Trofeejag Groen Agenda
Die Zulukoning se leeujag is verdedig met "tradisie". Waarom kan ons nie dit ook doen nie? Die wetters eet te lekker biltong en vleis en stem dan teen iets wat hulle glad nie verstaan nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Trofeejag Groen Agenda
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

