7x64 QL hulp asb

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

7x64 QL hulp asb

Post by J le Roux »

Goeie dag

Ek vra hulp namens 'n vriend met ladingontwikkeling vir sy 7x64

Norma doppe, volume nie gegee
Hornady ELDX 162gr
S365 097/B/21 49.8gr
TPL 86.4mm
22dm loop
1:8 twist

Spoed or Chrony 2718 vps
Druktekens: stywe slot, plat primer, slotmerk op dop!
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 QL hulp asb

Post by tripodmvr »

Daardie lading bereken naby 58K psi.

Probeer 48.9gr vir spoed naby 2670vps op die chrony. Druk 54K psi.

As julle die dopvolume kan meet kan ek moontlik 'n beter waarde gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Willem Grobler
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm

Re: 7x64 QL hulp asb

Post by Willem Grobler »

En net n tip vanaf die kantlyn: met daai 1:8 twist moet hy by 170-175 gn punte bly. Teen die feite in het ek lank probeer om ook goeie groeperings met ligter punte te kry. Wou n 170-175 gn bosveldlading hê (zero 100m) met n ligter vlaktelading wat op +/-200m zero sonder om teleskoop te stel. Aikona, ek kon geen ligte punt maak groepeer nie.

Fantastiese kaliber daai! 7mm vir President…
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 QL hulp asb

Post by tripodmvr »

Willem, ek het goeie groepe met vanaf 116gr GS Custom tot en met 170gr PMP geskiet. Goed genoeg vir jag in elk geval. My huidige jaglading is 150gr Barnes TSX. Gebruik hulle teen 2860vps uit my 24 duim loop vir bos en vlakte.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: 7x64 QL hulp asb

Post by J le Roux »

Dag Marius.

Opdatering, nog nie goeie nuus nie:

Met 48.9gr is die spoed af na 2692fps, MAAR primer steeds plat en dop onttrek baie moeilik.

Dopvolumes was 65.3 en 65.9. (Met 'n heel ander lading, Oryx punte, was die dopvolume gemeet 64.7. LW. doppe is nie geklas nie.

Hoe nou?
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 QL hulp asb

Post by tripodmvr »

Met die kleiner dopvolume 65,6gr bereken die druk teen 54K psi met 'n lading van 48,3gr en spoed van 2664vps op die chrony 5m weg.

Laat kyk of daar nie kopspasie probleme is nie en ook of die kamer mooi glad en skoon is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 QL hulp asb

Post by tripodmvr »

Hoe vêr is jy van die lande met daardie TPL?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 7x64 QL hulp asb

Post by Lategan1 »

Johan, as jy lus is vir lees, lees die kopspasie/headspace draad wat ek onlangs gedoen het. Nou een geval maak mens nie ‘n kundige nie, maar ek het moeite gedoen om dit beter te verstaan, weens sukkel! Wat ek in jou skrywe raaklees klink baie bekend.

Die simptome is nie konsekwent nie en vertoon wisselend met baie vals tekens, altans myne.

Indien julle o.a. ‘n kombinasie van groot kamer op maksimum spek, dop op kleinste min. spek, lang keël(gevolglik kan die koeël nie teen lande vir behoorlike vuurvorm nie), dop vollengte gevorm - jaag hy jou rond. Behalwe plat slagdop ook soms geblaaste slagdoppe, nie noodwendig druk nie. Hou jou slotkop dop vir “etching”. Die gevolg van die tipe kopspasie probleem is dat die dopwand nie tydens die ontploffing met elke skoot op dieselfde plek teen die kamerwand uitsit en sluit nie, dus ook nie teen die slotkop dieselfde reageer nie. My ervaring het gestrook met my naleeswerk. Ens.

Meet jou gevuurde doppe, deursnee en lengte, let op of dit baie wissel, spesifiek of sekeres baie gegroei het in lengte. Kyk ook vir fyn brass skaafsels op slotkop, sowel as ‘n duidelike slagdop afdruk/imprint voorkoms op slotkop. Dit ondersteun moontlike groot kamer/chamber.

Ek het:
Hou in gedagte hierdie was ‘n proses, het dit in fases infasseer totdat die resultate beter geraak het.
Kamer mooi skoongemaak, soos Tripod noem,
Doppe ekstra skoon en glad poleer(never dull), kan patrone ook silwerskoon poleer,
Twee keer gevuurvorm,
Eers “partial full sizing” probeer met die vals dikker nek voor die skouer,
Onmiddelik punte getrek en lading verlaag met sien van simptome,
Slegs nekke daarna gevorm, lae (1gr. bo minimum) lading gelaai en patrone gepas in geweer.

Dit so klaar geskiet en daarna slegs nekke gevorm vir 3de laai met berekende lading, groepe geskiet en daarmee gaan jag. Ek kon voel dat party patrone liggies styf sluit, ‘n teken dat my vuurvorm nou reg is. Ek sien en voel geen rek ringe/verdunning(case separation) bokant die basis van die dop nie. My slagdoppe lyk soos moet.

Die grootendeelse voorkoming van bogenoemde met die gebruik van nuwe doppe is, of geen “sizing” nie of slegs “neck sizing” vir eerste gebruik en vuurvorm.

Hoop dit stuur jou in ‘n rigting.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: 7x64 QL hulp asb

Post by J le Roux »

Dankie vir die hulp en advies sover. Met verdere ondersoek vermoed ons daar is fout met die slot van die geweer. Dit is 'n Haenel Jaeger 10. Selfs met mak ladings haak die slot vas, beskadig ook die dop.
Ek sal laat weet as daar terugvoer van die verskaffer is.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Post Reply