Altyd vir my jammer om te hoor hoeveel manne sukkel met so iets...Ek het my skouer ontwrig tydens roei in die As rivier so ses jaar gelede... Met die nodige nasorg en rahabilitasie skiet ek soder enige probleem boog...

Maar daar is baie tyd en effort in die skouer in!
Daar is 'n groot verandering in die maniere wat ons skouers behandel en veral diagnoseer... daar is 'n groot hoeveelheid manne daar buite wat met "non-spesefieke" skouerpyn rondloop, dus kan ons met geen sekerheid se watter een struktuur verantwoordelik is vir die pyn nie! Daar is wel hoop vir die manne, inteendeel om onder die mes te gaan is juis gewoonlik nie 'n oplossing nie maar jy moet by iemand uitkom wat beried is om jou ordentelik te evalueer!!!! (hoop nie ek vat iemand in die gesig nie... baie manne skiet jakkalse maar daar is 'n regte en 'n verkeerde manier!)
Aanhaling uit redelike nuwe literatuur:
Robin McKenzie : "I no longer believe that the precise identification of the structure involved is necessary or a prerequisite for the prescription and safe delivery of appropriate mechanical therapeutic interventions; nor do I believe it is always possible to make such an identification."
Elke persoon is anders... elke probleem ook so!
Johan: My opinie is dat daar geen rede is om op 80 - 90 pond te skiet as jy baie pyle jaag nie... Bly by maksimum 70 pond behalwe as jy elke maand 'n buffel of kameelperd gaan skiet! Die risiko word baie hoer... sou jy swaarder ponde wil skiet moet jy net jou motivering evalueer... dit geld sekerlik nie vir almal nie!