Page 1 of 2

Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 1:02 pm
by Chris (vdB)
Dagse julle

Ek staan nou so en braai hier n' vleisie, toe dink ek kom ek hoor bietjie wat is julle gunstelling braai speserye. Ek is bietjie uitgeet tans aan Worcestersous spice en Six Gun, is nou eers weer op die crakker sout, daai oranje bottel van Marnina wat so skiet as hulle in die vuur val. Wat gebruik julle manne, ek lus bietjie n' ander smaak.

Mooi dag

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 1:27 pm
by JF123
Daar is niks beter as Marina's Braaisout nie. My vrou sê ek is eentonig, maar ek dink nie daar is iets beter as dit op 'n lamtjoppie nie.

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 1:30 pm
by Krobb
Ek gebruik ook die oranje bottel. Wissel af tussen garlic en black pepper.
Maar ek hou ook daarvan om net gewone skoon wit tafefelsout te gebruik saam witpeper.

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 1:34 pm
by Capt. Yoda
Oranje bottel, die ander goed raak ek gou gatvol voor

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 2:17 pm
by Kolhasie
Probeer bikie suurlemoen sap saam jou braai spice sal nie glo hoe verander smaak nie

Ek hou ook van safari se biltong spice op lam rib

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 2:31 pm
by Maroelas
Funky ouma se braaisout is baie lekker.

Ek gebruik die Marina altyd in die wildtuin, dis gemaklik om net een bottel saam te ry

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 4:34 pm
by joe rocket
Skut skut en ses geweer spice. Sout pepper koljander mengsel met n bietjie vars suurlemoen loop soos ant stienie met pink crocks.

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 4:38 pm
by jdpretorius

Kolhasie wrote:Probeer bikie suurlemoen sap saam jou braai spice sal nie glo hoe verander smaak nie

Ek hou ook van safari se biltong spice op lam rib
Daai safari gemeng met 6gun loop soos n jet

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 5:32 pm
by Chris (vdB)
Dankie julle, ek is ook lief vir suurlemoen op my vark en ribbetjies. Ek pluk hulle sommer vars

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 5:53 pm
by Chris (vdB)
Die groot ding is, ek eet net vleis produkte en eiers. So ek raak gou uitgeeet aan een smaak. Ek het ook al Ouma wors spice en Worcestersous spice gemix en Wapad ens. Een ding wat ek nie kan sonder nie is Aromat, nee kyk n' eier proe maar nie dieselfde vir my sonder Aromat nie. Ek koop sommer n' kg tub by Econo Foods, want die refill packs van die winkels hou nie by my nie.

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 6:22 pm
by Killzone
Vir Skaaptjops, slegs Sout, Peper en Suurlemoen sap. Al die ander goed meng ek Sixgun en Texan steak.
My Laaitie het so paar jaar terug die gier gekry om sy eie Braai spesery te maak. Ons het Knoffel vlokkies, koljander, Growwe Himalaya sout, Swart Peper korrels ens gemeng en in 'n grinder gesit. Ek het vir hom stickers laat maak, en hy het dit uit gedeel as geskenke. Was maar 'n duur uitstappie gewees 😉

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 6:25 pm
by Ratel
Growwe swart peper, growwe Himalayan sout en vars suurlemoen

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sat Jun 18, 2022 10:03 pm
by Francoisv
Ratel wrote:Growwe swart peper, growwe Himalayan sout en vars suurlemoen
Presies net so. Vleis hoender & vis. Werk lekker in Air Braaier ookImage

Shoot straight

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sun Jun 19, 2022 8:28 am
by Kolhasie
Chris (vdB) wrote: Sat Jun 18, 2022 5:53 pm Die groot ding is, ek eet net vleis produkte en eiers. So ek raak gou uitgeeet aan een smaak. Ek het ook al Ouma wors spice en Worcestersous spice gemix en Wapad ens. Een ding wat ek nie kan sonder nie is Aromat, nee kyk n' eier proe maar nie dieselfde vir my sonder Aromat nie. Ek koop sommer n' kg tub by Econo Foods, want die refill packs van die winkels hou nie by my nie.
Die chillie Aromat is net so lekker saam varkchops letwel ek eet dalk 2 mal n jaar vark maar dan geniet ek hom baie so

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sun Jun 19, 2022 8:30 am
by Kolhasie
Ek hou van ander spices probeer ens.

My gunsteling bly maar sout en peper met vars suurlemoen vir skaap.

Steak growe sout en growe peper

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sun Jun 19, 2022 10:21 am
by airhunter
Kolhasie wrote: Sun Jun 19, 2022 8:30 am Ek hou van ander spices probeer ens.

My gunsteling bly maar sout en peper met vars suurlemoen vir skaap.

Steak growe sout en growe peper
AMEN

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sun Jun 19, 2022 12:47 pm
by Joe13
Probeer ook daai skape in so bietjie jimmy se BBQ sousie oornag slaap. Sit steeds jou six gun of sout en peper.

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Sun Jun 19, 2022 8:18 pm
by 3kus
Ek het nogal baie van die Worcester Sout spice van Veld tot Vurk gehou, behalwe dat jy sukkel om dit in die hande te kry. Dit saam met knoffel, vars roosmaryn en suurlemoen sap op n skaaprib loop mooi saam veral as hy so n dag le in die besigheid

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Mon Jun 20, 2022 9:06 am
by Capt. Yoda
Ek het die naweek die ou op fillet gebruik saam n bq olyf olie, baie lekker gewees

https://www.yuppiechef.com/funky-ouma.h ... gIqfPD_BwE

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Mon Jun 20, 2022 9:39 am
by Jakkalsgat
Môre ek wissel maar af

Cerebos original BBQ
Six Gun
Cerebos Salt and Pepper
Marina se skietsout met koljander (groen)

Vir ontbeende lamsboud gebruik ek suurlemoen, knoffel, sout en peper en Ina Paarman se Sticky Marinade

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Mon Jun 20, 2022 10:44 am
by Chris (vdB)
Ek het al vergeet van Cerebos se steak @ chops spice, gaan bietjie weer van dit kry. Die ou klein botteltjies waarin dit deesdae kom, is net bietjie stupid.

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Mon Jun 20, 2022 5:26 pm
by Malan123
Kerels, ek is 1 van daai manne wat basies elke dag braai as dit moontlik is. Hierdie is by verre die beste wat ek nog geproe het...

http://www.the-mix.co.za

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Mon Jun 20, 2022 8:08 pm
by KalahariKlong
Ek is self baie lief vir braai. Die is maar hoe ek hom doen.
Skaap chops. So uur voor die braai lê die choppies in 50/50 woestersous en suurlemoen sap.
Spice op die vuur met spice wat ek meng. Marina gemaal, knoffel sout, swart pepper en jimmy braai sout. Ek gooi dit sommer dan in die jimmy sout bottel want dis die bottel wat vir my die lekkerste gooi.

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Mon Jun 20, 2022 9:44 pm
by Eduard Venter
Ek braai ook maar amper elke dag, baie dae 2 keer.

Hier is wat altyd in my kas is:

Sout
Peper
Geelsout/Aromat
Six gun
Marina
Worcester sout (verskeie)
Mengsel van die laaste bietjies

Suurlemoen
Jimmy sous
Worcester sous
Balsamiese asyn
Knoffel

Jy kan enige kombinasie van bogenoemde gebruik om enige vleis baie lekker te braai. Opsies is eindeloos.

O ja, as jy ooit spek braai in die pan, hou maar daai vet om vanaand fillet skywe daarin gaar te maak met knoffel!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Braai speserye - wat is jou gunstelling?

Posted: Tue Jun 21, 2022 6:44 am
by Chris (vdB)
Eduard Venter wrote: Mon Jun 20, 2022 9:44 pm Ek braai ook maar amper elke dag, baie dae 2 keer.

Hier is wat altyd in my kas is:

Sout
Peper
Geelsout/Aromat
Six gun
Marina
Worcester sout (verskeie)
Mengsel van die laaste bietjies

Suurlemoen
Jimmy sous
Worcester sous
Balsamiese asyn
Knoffel

Jy kan enige kombinasie van bogenoemde gebruik om enige vleis baie lekker te braai. Opsies is eindeloos.

O ja, as jy ooit spek braai in die pan, hou maar daai vet om vanaand fillet skywe daarin gaar te maak met knoffel!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Daai bacon vet soos jy se Eduard loop mooi, ek koop regte plaas botter ook by n' vrou wat dit self maak, waarin ek dan eiers ens bak.