Hallo Mnr Rod.Dis Philemon,die gardenboy op jou plaas.Ek probeer al dae lank om jou in die hande te kry.
Hallo Philemon. Wat kan ek vir jou doen? Is daar probleme?
Um. Ek bel net om te s? die meneer se papagaai is dood.
My papagaai? Dood? Die een wat die nasionale kompetisie gewen het?
Yebo.Dis hy daai.
Deksels dis nou jammer.Ek het n klein fortuin op daardie papagaai spandeer.Waaraan is hy dood?
Hy het vrot vleis ge-eet meneer.
Vrot vleis? Wie het vir hom vrot vleis gegee?
Niemand nie meneer. Hy het die vleis van die dooie perd ge-eet.
Dooie perd? Watter dooie perd?
Die thoroughbred meneer.
My pryswenner perd is dood?
Yebo. Hy is dood van al die harde werk om die waterkar te trek.
Is jy nou gerook? Watter waterkar?
Die een wat ons gebruik het om die vuur dood te maak meneer.
Goeie genugtig, van watse vuur praat jy?
Die een in jou huis meneer. Die kers, hy het geval en die gordyne brand gesteek.
Wat de ongeluk wil jy nou vir my s? die huis het afgebrand oor n kers wat omgevoeter het?
Yebo.
Maar daar is mos krag hoekom het daar n kers gebrand?
Vir die begrafnis meneer.
WATTER D@#$%@&* BEGRAFNIS?
Van jou vrou meneer.Sy het een aand hier aangekom en vir niemand vertel sy kom nie.Ekket gedog dis n rower, toe slaan ek haar dood met meneer se nuwe 22-250.
STILTE
LANGER STILTE
EINDELIK
PHILEMON AS JY MY GEWEER GEBREEK HET IS JY BAIE DIEP IN DIE .
So n bietjie aangepas.
Groete
Kobus

