Page 1 of 5
Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 7:52 am
by Ockert1992
Môre manne,
Hoop dit gaan goed.
Soos dit mos maar gaan, maak nie saak hoe baie messe jy al het nie(en al kan jy net een op 'n slag gebruik) iewers ontwikkel jy 'n juk vir iets anders....
Ek is nou daar....
Ek het bietjie gaan krap tussen die ou messe besprekings en dit was maar stil die afgelope 5 jaar op daardie front.
Wat dra julle deesdae elke dag? Soos mens maar met tyd groei, is ek ook op die punt waar ek nie elke 2de week 'n ander mense dra nie en ek gebruik ook amper die mes wat ek dra vir alles.
Op die stadium dra ek 'n Spyderco Delica VG10 al vir die laaste amper 3 jaar. Ek geniet die mes verskriklik baie. Die opgradering sal defnitief 'n beter staal moet hê en ook so lekker lig en maklik dra.
Ander messe wat ek het wat ek ook op hulle dag geniet het is van die eerste Honey Badgers in Tan Medium, 'n CRKT M21-02G en 'n Victorinox Alox.
Wat sal julle voorstel as 'n waardige toevoeging? Sit sommer ook 'n paar foto's van julle messe op.
Ek hoor graag van julle.
Groete
Ockert
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 8:40 am
by Swede
Ganzo FH41 D2 wat ek huidig gebruik
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 9:02 am
by Ratel
Honey badger. Hulle lemme bly nogal lank skerp en ek hou van die dra knip vir die prys. Dan soms ook Victorinox. Daar is altyd plek vir nog 'n mes.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 9:18 am
by Dumbluck
Die perfekte mes in my broeksak elke dag is nogsteeds die Leatherman C33LX of C33X wat ek destyds by jou gekoop het (dis nou as ek die regte Ockert beet het

)
Gewig, grootte, die lem, als is net vir my perfek.
Ek het al 'n hele paar van hulle gekoop en verloor langs die pad. My pa en skoonpa dra hom ook al.
Ek sukkel net nou verskriklik om hulle in die hande te kry, tyd laat ek weer begin soek vir iewers om hulle te koop.
Ek het ook 'n spyderco as 'n spaar, nie seker van die model nie, ma hy is bietjie groot en ek het sy belt clip afgebreek.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 9:28 am
by pwdejager
Spyderco Tenacious, mal oor Spyderco's ...... net jammer ek kan nie meer bekostig nie
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 9:29 am
by Ockert1992
Dumbluck wrote: Wed Mar 30, 2022 9:18 am
Die perfekte mes in my broeksak elke dag is nogsteeds die Leatherman C33LX of C33X wat ek destyds by jou gekoop het (dis nou as ek die regte Ockert beet het

)
Gewig, grootte, die lem, als is net vir my perfek.
Ek het al 'n hele paar van hulle gekoop en verloor langs die pad. My pa en skoonpa dra hom ook al.
Ek sukkel net nou verskriklik om hulle in die hande te kry, tyd laat ek weer begin soek vir iewers om hulle te koop.
Ek het ook 'n spyderco as 'n spaar, nie seker van die model nie, ma hy is bietjie groot en ek het sy belt clip afgebreek.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Adri Môre,
Jy is 100% op die nommer. Ek dink ook vir die geld wat mens hulle kon koop is dit van die mees onderskatte waarde vir geld messe daar buite. Ek is egter nie seker of hulle nog gemaak word, nadat Leatherman die nuwe Free reeks uitgebring het nie.
Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 9:36 am
by JJV
Spyderco Endura met Emerson opener.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 10:31 am
by alecjohnson
Ek het altyd 'n leatherman Surge gedra, hy le nou in 'n laai vir gebruik in die huis. My EDC mes is die double-folding Jim Shockey Signature Series - Havalon Titan. Lem bly goed skerp en as ek regtig skerp benodig het ek die scalpel lem. Ek dra dan ook 'n DOW vir die manne wat so wil mes leen.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 11:12 am
by Johan Nel
Felco/Victorinox ent en okuleermes. Verbasend handig vir meeste snywerk wat ek moet doen.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 1:23 pm
by Ds J
Spyderco Resilience vir ongeveer drie jaar. Die mes is behoorlik groot, maar dra goed en kan enige werk doen: keel sny, vel slag, karkas breek, snitte uithaal, biltong sny. Algemene huiswerk: groente & brood sny, kosblikke maak vir skool; herstelwerk soos tuinslange en besproeingspyp sny. Vleis sny op die vuur en alle ander alledaagse doeleindes.
Die mes werk meermale per dag en omdat ek n baie skerp mes verkies slyp ek hom gereeld - maklik een maal per week. Gevolglik is +- 3.5mm - 4mm van die snyvlak al weggeslyp, en hy werk nogtans puik.
Die lem is van 8Cr13M gemaak en word pragtig skerp, maar kan nie kers vashou by die beter staalsoorte nie. Vir alledaagse werk sal ek hom graag aanbeveel.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 5:05 pm
by Eduard Venter
Ek het nou 'n klompie soorte messe elke dag gedra en ek gebruik hulle ook meer as die gemiddelde ou. Slag so 100 bokke per jaar, sny baie kele en pype en so nou en dan werk hulle as skroewedraaiers.
'n Ordentlike "pocket clip" spaar jou baie frustrasie. Natuurlik 'n goeie lem. Ek hou van 'n redelike skerp punt voor. Penshaak is maar 'n persoonlike keuse. Ek verkies deesdae 'n mes daarsonder omdat dit haak waar dit nie altyd moet nie. Hou 'n mes altyd vlymskerp dan werk dit soos hy moet. Warthog stelletjie langs die yskas dan gee jy paar slype as jy 'n bier uithaal elke keer.
My gunsteling by verre is die kershaw clash. Ek het al 4 van hulle laat wegraak! Daarna was ek ook baie lief vir my honeybadger wat so bietjie meer as 'n seisoen gehou het voor die punt afgebreek het. Geen ander mes was goed genoeg dat ek dit weer sal koop nie, bygesê daar is hordes wat ek nog nie gebruik het nie.
Ek probeer maar altyd onder R1000 bly want 'n lekker mes het maar 'n manier om voete te kry.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 5:19 pm
by Nico Harris
Ek wissel af tussen n Ontario rat11 en n chris reeves small sabenza. Altwee baie lekker messe.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 5:58 pm
by HeinM
Eduard Venter wrote: Wed Mar 30, 2022 5:05 pm
Ek het nou 'n klompie soorte messe elke dag gedra en ek gebruik hulle ook meer as die gemiddelde ou. Slag so 100 bokke per jaar, sny baie kele en pype en so nou en dan werk hulle as skroewedraaiers.
'n Ordentlike "pocket clip" spaar jou baie frustrasie. Natuurlik 'n goeie lem. Ek hou van 'n redelike skerp punt voor. Penshaak is maar 'n persoonlike keuse. Ek verkies deesdae 'n mes daarsonder omdat dit haak waar dit nie altyd moet nie. Hou 'n mes altyd vlymskerp dan werk dit soos hy moet. Warthog stelletjie langs die yskas dan gee jy paar slype as jy 'n bier uithaal elke keer.
My gunsteling by verre is die kershaw clash. Ek het al 4 van hulle laat wegraak! Daarna was ek ook baie lief vir my honeybadger wat so bietjie meer as 'n seisoen gehou het
voor die punt afgebreek het. Geen ander mes was goed genoeg dat ek dit weer sal koop nie, bygesê daar is hordes wat ek nog nie gebruik het nie.
Ek probeer maar altyd onder R1000 bly want 'n lekker mes het maar 'n manier om voete te kry.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Wat dit een met D2 of 8Cr13MoV staal?
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 6:17 pm
by Dirkvh
Surge op my linkersy en 'n cheaperige Ka-Bar Dozier in my regersak geknip. Oor naweke dra ek 'n Kershaw Skyline met 'n clip. Ek het altyd groter gedra soos CRKT M21 ens, maar meer kompakte lemme werk beter vir my. Het 'n paki kapmes afere in die bakkie se deur om voersakke ens te sny, en 'n Lasher kapmes onder voetmatjie vir kapwerk van lastige takke in die pad.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 6:52 pm
by Askari
So om die beurt 'n Spyderco Millie en PM2.... 'n compression lock Millie sal vir my die ultimate Spydie wees.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 7:47 pm
by Arnold
Elke dag dra wissel ek huidiglik tussen 'n ShamWEri - CPM20CV en 'n ZT0450CF - S35VN. Die 20CV is definitief n wenner vir my en hou baie langer as die S35VN.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 8:16 pm
by Eduard Venter
HeinM wrote:Eduard Venter wrote: Wed Mar 30, 2022 5:05 pm
Ek het nou 'n klompie soorte messe elke dag gedra en ek gebruik hulle ook meer as die gemiddelde ou. Slag so 100 bokke per jaar, sny baie kele en pype en so nou en dan werk hulle as skroewedraaiers.
'n Ordentlike "pocket clip" spaar jou baie frustrasie. Natuurlik 'n goeie lem. Ek hou van 'n redelike skerp punt voor. Penshaak is maar 'n persoonlike keuse. Ek verkies deesdae 'n mes daarsonder omdat dit haak waar dit nie altyd moet nie. Hou 'n mes altyd vlymskerp dan werk dit soos hy moet. Warthog stelletjie langs die yskas dan gee jy paar slype as jy 'n bier uithaal elke keer.
My gunsteling by verre is die kershaw clash. Ek het al 4 van hulle laat wegraak! Daarna was ek ook baie lief vir my honeybadger wat so bietjie meer as 'n seisoen gehou het
voor die punt afgebreek het. Geen ander mes was goed genoeg dat ek dit weer sal koop nie, bygesê daar is hordes wat ek nog nie gebruik het nie.
Ek probeer maar altyd onder R1000 bly want 'n lekker mes het maar 'n manier om voete te kry.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Wat dit een met D2 of 8Cr13MoV staal?
Laasgenoemde. Slyp baie lekker en as jy hom skerp hou heeltemal voldoende. Prys is ook reg.
Ek dink wel hulle maak hom nie meer nie? Die nuwe D2 staal behoort beter te wees en langer te hou. Maar ek het niks sleg te sê oor die ouer model nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Mar 30, 2022 8:22 pm
by Ranger
Spyderco Matriarch and a Leatherman Wave+
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 8:24 am
by Toxxyc
Ek dra nou al vir bykans 7 of 8 jaar lank 'n Kershaw Scrambler. Dit kan selfs al langer wees. Ek kan die mes nie fout op enige plek behalwe sy gewig nie. Hy het 'n volledige staal handsvatsel wat hom gewigtig maak, maar sy reversible pocket clip en die SpeedSafe Assisted Opening is 'n absolute wenner. As hy more verloor koop ek gister weer so tipe mes.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 9:58 am
by BeesBreet
Jammer vir die hijack. Ek al deur n paar spyderco messe, hulle clips jou eenvoudig nie. Ervaar iemand anders die selfde?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 10:05 am
by saswart
CRKT ceo en Leatherman wave
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 10:11 am
by Ockert1992
Dankie Manne, dis waardevolle terugvoer sover.
saswart wrote: Thu Mar 31, 2022 10:05 am
CRKT ceo en Leatherman wave
Hoe ervaar jy die CEO?
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 11:47 am
by saswart
Ockert1992 wrote: Thu Mar 31, 2022 10:11 am
Dankie Manne, dis waardevolle terugvoer sover.
saswart wrote: Thu Mar 31, 2022 10:05 am
CRKT ceo en Leatherman wave
Hoe ervaar jy die CEO?
Hou van die mes, lekker sterk, omdat dit eenvoudige mes is, is hy lekker klein maar ek sou se dit is medium sized lem. Omdat so dun en eenvoudig is dit lekker om te dra en vat nie jou broeksak op nie.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 1:38 pm
by Askari
BeesBreet wrote: Thu Mar 31, 2022 9:58 am
Jammer vir die hijack. Ek al deur n paar spyderco messe, hulle clips jou eenvoudig nie. Ervaar iemand anders die selfde?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het 'n hele paar Spydies wat ek so om die beurt dra. Almal OEM clips op behalwe my PM2. Nog nooit moeilikheid met die clips gehad nie.... ek het egter wel al 'n paar Benchmade clips gebreek
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 3:20 pm
by Dumbluck
BeesBreet wrote:Jammer vir die hijack. Ek al deur n paar spyderco messe, hulle clips jou eenvoudig nie. Ervaar iemand anders die selfde?
Sent from my iPhone using Tapatalk
My clip het redelik kwaai gehaak so kon verstaan dat myne afgebreek het.
Kon iemand al ander clips gekoop kry?
Ek het op 'n tyd probeer en kwaai rondgebel, ma het toe opgegee.
Enige kommersiële duikers met Atlantic Salt messe? Julle haal mos die clip af, ek sal hom koop.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk