Page 1 of 1
Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Sun Mar 27, 2022 7:22 am
by Chris (vdB)
Dagse
Graag hoor ek wat julle als al gemaak het met volstruis vleis en was dit darem eetbaar. Ek weet van biltong, maar kan mens wors ook van die vleis maak of dalk iets anders wat lekker is. Ek wil dalk een skiet volgende maand om sommer net bietjie meer te jag, maar wil darem net eers hoor of mens darem iets met die vleis kan doen, anders skiet ek liewer n' springbok of rooibok in sy plek.
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Sun Mar 27, 2022 7:31 am
by Eduard Venter
Skiet hom! Jy kan nie 'n lekker verestowwer maak met 'n rooibok nie
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Sun Mar 27, 2022 8:01 am
by Ds J
Nog nooit self geskiet nie, maar al gekoop en geëet. Die steaks is regtig lekker, droëwors en gewone wors is ook goed.
Blykbaar kry n mens moeilikheid as jy die maag raakskiet - dit gee n baie slegte smaak aan die vleis.
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Sun Mar 27, 2022 8:13 am
by Chris (vdB)
Eduard Venter wrote: Sun Mar 27, 2022 7:31 am
Skiet hom! Jy kan nie 'n lekker verestowwer maak met 'n rooibok nie
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Sun Mar 27, 2022 12:00 pm
by Diesel Dog
Een volstruis gemeng met twee vet skape en n bees voorkwart maak lekker honde mince.
Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Sun Mar 27, 2022 2:55 pm
by Chris (vdB)
Diesel Dog wrote: Sun Mar 27, 2022 12:00 pm
Een volstruis gemeng met twee vet skape en n bees voorkwart maak lekker honde mince.
Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Dankie DD, nee wat dan skiet ek maar liewer iets anders wat ek ken
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Sun Mar 27, 2022 6:38 pm
by Geno
Ek eet nie volstruis nie en nog minder veldvolstruis oor hy regtig nie lekker ruik nie so ek kan jou nie sê hoe hy proe nie. Die wat ek wel geeet het was nie great nie, selfs fancy woolies volstruis steaks. Ek skiet wel nou en dan een om as rou maalvleis vir my honde te voer.
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Sun Mar 27, 2022 7:09 pm
by Chris (vdB)
Geno wrote: Sun Mar 27, 2022 6:38 pm
Ek eet nie volstruis nie en nog minder veldvolstruis oor hy regtig nie lekker ruik nie so ek kan jou nie sê hoe hy proe nie. Die wat ek wel geeet het was nie great nie, selfs fancy woolies volstruis steaks. Ek skiet wel nou en dan een om as rou maalvleis vir my honde te voer.
Dankie Geno, julle spaar my nou baie verdriet, ek gaan beslis verby hou en liewer iets anders skiet in daai volstruis se plek.
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Mon Mar 28, 2022 9:52 am
by HeinM
Dit is maar 'n stink affere... Al wat ek kan sê... En die goed is moer skelm. Maak jou reg vir 500m skote...
Mooi dag almal!
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Mon Mar 28, 2022 1:18 pm
by Joe13
Soos genoem, het al die maalvleis probeer maar kon dit nie inkry nie.
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Mon Mar 28, 2022 7:06 pm
by J le Roux
Is hier nie eers een Klein-Karoo grootvoël boer wat vir hulle wip opkom nie?
Nek maak lekker stew. Biltong moet lekker sout en baie droog wees, steak moet 'n ryk sous by kry.
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Mon Mar 28, 2022 7:27 pm
by OosKaapJagter
Ds J wrote: Sun Mar 27, 2022 8:01 am
Nog nooit self geskiet nie, maar al gekoop en geëet. Die steaks is regtig lekker, droëwors en gewone wors is ook goed.
Blykbaar kry n mens moeilikheid as jy die maag raakskiet - dit gee n baie slegte smaak aan die vleis.
Waar skiet jy dan die goed? Kopskote?
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Mon Mar 28, 2022 7:40 pm
by Dumbluck
OosKaapJagter wrote:
Waar skiet jy dan die goed? Kopskote?
Ek het baie jare terug in Namibië op 'n plaas gekuier waar die ouens ge-oes het. Daar was hulle agterna gejaag met die bakkie en dan kopskote met 'n haelgeweer so in die jaag.
Dit was ma 'n morsige besigheid.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Mon Mar 28, 2022 9:13 pm
by Eduard Venter
OosKaapJagter wrote:Waar skiet jy dan die goed? Kopskote?
Dis nogal 'n goeie vraag. Ek jag laasjaar met 'n Amerikaner en baie impulsief besluit hy om 'n volstruis te skiet. Dit was geensins deel van die beplanning nie en die volstruis hol voor ons in en steek vas. Die ou wil toe weet waar om te vat. Ek seg toe maar "just hit it in the middle" en dankie tog hy is dood voor hy die grond getref het. Ek is seker daar is lekker pens in die karkas gewees, maar gelukkig is dit nie my probleem gewees nie.

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?
Posted: Mon Mar 28, 2022 9:35 pm
by OosKaapJagter
Hier is dalk 'n nuttige artikel vir diegene wat wel oorweeg om 'n volstruis te skiet. Dit lyk asof een ding vasstaan; moenie laag skiet en die pens raakskiet nie - jy sal spyt wees.
https://www.pressreader.com/south-afric ... 2292543246
Ek sal self maar hou by bokke met vier bene.