Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Chris (vdB) »

Dagse

Graag hoor ek wat julle als al gemaak het met volstruis vleis en was dit darem eetbaar. Ek weet van biltong, maar kan mens wors ook van die vleis maak of dalk iets anders wat lekker is. Ek wil dalk een skiet volgende maand om sommer net bietjie meer te jag, maar wil darem net eers hoor of mens darem iets met die vleis kan doen, anders skiet ek liewer n' springbok of rooibok in sy plek.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Eduard Venter »

Skiet hom! Jy kan nie 'n lekker verestowwer maak met 'n rooibok nie

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Ds J »

Nog nooit self geskiet nie, maar al gekoop en geëet. Die steaks is regtig lekker, droëwors en gewone wors is ook goed.

Blykbaar kry n mens moeilikheid as jy die maag raakskiet - dit gee n baie slegte smaak aan die vleis.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Chris (vdB) »

Eduard Venter wrote: Sun Mar 27, 2022 7:31 am Skiet hom! Jy kan nie 'n lekker verestowwer maak met 'n rooibok nieImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
;D ;D
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Diesel Dog »

Een volstruis gemeng met twee vet skape en n bees voorkwart maak lekker honde mince.

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Chris (vdB) »

Diesel Dog wrote: Sun Mar 27, 2022 12:00 pm Een volstruis gemeng met twee vet skape en n bees voorkwart maak lekker honde mince.Image

Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Dankie DD, nee wat dan skiet ek maar liewer iets anders wat ek ken
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Geno »

Ek eet nie volstruis nie en nog minder veldvolstruis oor hy regtig nie lekker ruik nie so ek kan jou nie sê hoe hy proe nie. Die wat ek wel geeet het was nie great nie, selfs fancy woolies volstruis steaks. Ek skiet wel nou en dan een om as rou maalvleis vir my honde te voer.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Chris (vdB) »

Geno wrote: Sun Mar 27, 2022 6:38 pm Ek eet nie volstruis nie en nog minder veldvolstruis oor hy regtig nie lekker ruik nie so ek kan jou nie sê hoe hy proe nie. Die wat ek wel geeet het was nie great nie, selfs fancy woolies volstruis steaks. Ek skiet wel nou en dan een om as rou maalvleis vir my honde te voer.
Dankie Geno, julle spaar my nou baie verdriet, ek gaan beslis verby hou en liewer iets anders skiet in daai volstruis se plek.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by HeinM »

Dit is maar 'n stink affere... Al wat ek kan sê... En die goed is moer skelm. Maak jou reg vir 500m skote...

Mooi dag almal!
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Joe13 »

Soos genoem, het al die maalvleis probeer maar kon dit nie inkry nie.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by J le Roux »

Is hier nie eers een Klein-Karoo grootvoël boer wat vir hulle wip opkom nie?

Nek maak lekker stew. Biltong moet lekker sout en baie droog wees, steak moet 'n ryk sous by kry.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by OosKaapJagter »

Ds J wrote: Sun Mar 27, 2022 8:01 am Nog nooit self geskiet nie, maar al gekoop en geëet. Die steaks is regtig lekker, droëwors en gewone wors is ook goed.

Blykbaar kry n mens moeilikheid as jy die maag raakskiet - dit gee n baie slegte smaak aan die vleis.
Waar skiet jy dan die goed? Kopskote?
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 562
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Dumbluck »


OosKaapJagter wrote: Waar skiet jy dan die goed? Kopskote?
Ek het baie jare terug in Namibië op 'n plaas gekuier waar die ouens ge-oes het. Daar was hulle agterna gejaag met die bakkie en dan kopskote met 'n haelgeweer so in die jaag.
Dit was ma 'n morsige besigheid.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk


Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by Eduard Venter »


OosKaapJagter wrote:Waar skiet jy dan die goed? Kopskote?
Dis nogal 'n goeie vraag. Ek jag laasjaar met 'n Amerikaner en baie impulsief besluit hy om 'n volstruis te skiet. Dit was geensins deel van die beplanning nie en die volstruis hol voor ons in en steek vas. Die ou wil toe weet waar om te vat. Ek seg toe maar "just hit it in the middle" en dankie tog hy is dood voor hy die grond getref het. Ek is seker daar is lekker pens in die karkas gewees, maar gelukkig is dit nie my probleem gewees nie.

Image
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Volstruis - wat kan als gemaak word met volstuis vleis?

Post by OosKaapJagter »

Hier is dalk 'n nuttige artikel vir diegene wat wel oorweeg om 'n volstruis te skiet. Dit lyk asof een ding vasstaan; moenie laag skiet en die pens raakskiet nie - jy sal spyt wees. https://www.pressreader.com/south-afric ... 2292543246

Ek sal self maar hou by bokke met vier bene.
Post Reply