Raad gesoek met wilde jaghond.

Post Reply
Leon

Raad gesoek met wilde jaghond.

Post by Leon »

Hello Manne.

Ek het n probleem met n wegloop jakkals hond wat wild geraak het. Die ding vang al vir die afgelope 4 maande skaap op die buurmanne se plase hoor ek vandag. Ek het vandag gehoor hy is op my plaas gewaar nadat hulle hom gejaag het vanaf die buurman se plaas.
Vreemde ding is dat ek al die afgelope 2 maande n "jakkals" soek wat naby my skree. Dan skree die ding vir so 20 min aanmekaar so sonder ophou. Eers het ek gedink dis omdat sy stem weergalm teen die volkshuise, maar ek besef nou dis die teefhond wat reen soek. En dis die dat die ding nie reageer op my jakkals roepe nie.
Het iemand raad wat ek kan doen om die ding te lok en dood te skiet?
Watter geluid kan ek gebruik vir n teef hond om haar in te roep?

PS. Nou die aand so gelukkie gehad en die hele teelgroep uitgewis. Kon nie die groot teef kry nie, maar het gesien hoe sy val.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Guest on Thu Jan 26, 2012 1:50 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Raad gesoek met wilde jaghond.

Post by Arno Pienaar »

Hornady.                        Ek het al gehoor dat die mense sy jy roep wilde honde[stroois honde] in met amerikaanse klanke.            Pienaar
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Leon

Re: Raad gesoek met wilde jaghond.

Post by Leon »

Dankie Pienaar, sal paar geluide laai as ek nie ander raad kry nie.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Raad gesoek met wilde jaghond.

Post by Yalair »

Stel 'n hok met rou lewer, distres klanke bring hulle ook gewoonlik in.

Groete
Ben
fiela

Re: Raad gesoek met wilde jaghond.

Post by fiela »

Ek het nognie honde try roep nie. Hier is een van vele sukses fotos met n slagyster.
Hierdie was die laaste van drie in dieselfde trop. Hulle het twee kallers doodgebyt en verwoes.
Stel die yster so voet weg van die gevangde dier. Jy moet die yster ook aan die kant sit waar hulle die meeste gevreet het.
Ek sit dan sommer n tweede yster ook neer. Jy vang nou een en met sy tjank en spookery lok hy sy tjommie ook in en dan kry jy sommer twee. Jou tweede yster moet net nie te naby aan die eerste een le nie, anders trap dieselfde hond in twee ysters, die tweede hond kom weg en jy sal hom nie weer sommer kry nie.      Hoop dit kan help.            Lekker dag
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Raad gesoek met wilde jaghond.

Post by molopohunter »

Honde is n wetter, ons het n groot probleem met hulle hier en maak n reel om op die plaas die geweer heeltyd in die bakkie te hou.
Meeste van die tyd behoort jy hom te sien, en sonder geweer verseker.
Ek vind hulle kom 1 of ander tyd wel na die werkers se area toe om by ander honde uit te kom, en hulle drink ook daagliks baie by dieselfde water punt.

Groete,
Hier is weer daai foto van n klompie wat by ons skade gamaak het. Jammer ek kon nie die poacher saam sy honde so neersit nie.
[img width=560 height=420]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... 6_2192.jpg[/img]
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Leon

Re: Raad gesoek met wilde jaghond.

Post by Leon »

Baie dankie vir al die raad met die blerrie teef hond.
Ek boer glad nie vee nie, slegs wild op die plaas. So dis moeilik om n karkas te kry in die veld te kry en n slagyster te stel. My enigste hoop is om n hok te stel van waar ek die ding af en toe hoor roep. Daar is maar altyd n bakkie geweer wat saamry, maar ek het nog nooit die ding gesien nie, slegs my buurman se volk het die ding al gesien en hom gejaag.
Snaaks is dat ek die ding al vir so 2 maande hoor nie ver van my huis en ek het al raad gevra oor die roep want ek het gedink dis n jakkals wat so roep, maar die ding roep vir so 15min na 30min aan mekaar so "wha wha wha" sonder ophou.
Dit maak nou baie meer sin van dat ek weet dis n hond en nie n jakkals nie. Het laas Sondag terug gekom van n ongedierte jag in Uitenhage area en net na donker het die ding geroep. Het sommer op die bakkie gespring want als was nog reg, maar die ding het net weg geraak en na 80min het ek opgepak en op n ander plek gaan roep.
Fiela, Molopohunter Ben, baie dankie vir die raad.
Gaan julle op hoogte hou met die hond.
Baie goed gedoen met die wat van kant gemaak is.
Post Reply