Kolf hulp

Post Reply
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Kolf hulp

Post by Kaalvoetthysie »

Hallo Manne,

Ek het ‘n Howa 308 met ‘n 20 duim duk loop. Het ‘n Bushnell Forge 2.5-15x50 teleskoop op hom, die “Terrain” of FDE kleur soos ons hom ken.

Vandag finaal besluit dat die plastiek kolf waarmee hy gekom het af kom.

Nou kort ek hulp om te kies.

Opsie 1: standaard Howa walnut hunter hout kolf

Opsie 2: KRG Bravo kolf

Ek soek nie ‘n vol alu chassis nie. So dis hout of die KRG. Hout is altyd mooi. Weet nie hoe dit gaan lyk met die FDE teleskoop nie. KRG weeg maar 500 gram meer en met ‘n dik loop moet ek seker anyway my mond hou oor gewig.

Geweer word vir jag en baan skiet gebruik. Doen so 1 keer n jaar ‘n Bosveld jag en so 2 tot 3 voorsit en bakkie jagte. Ek bly in die Vrystaat en my hart lê in die Kalahari.

Plan is om SA Jagters sosiale skiet te doen vir oefening en gonge vir die lekker. Maar kon nog nie die geweer akuraat genoeg kry om te gaan deel neem nie.

Ek en die geweer het maar ‘n moeilike geskiedenis, so hy gaan oor 3 weke na ‘n wapen smid toe en alles gaan oor gedoen word, Nuwe basisse, ringe, sneller moet gewerk of vervang word, loop moet gecheck word en dan moet die nuwe kolf ge”bed” word. Hy het nou seker so 300 skote deur die loop.

As ek nou verder sleg skiet moet ek weet dis ek. (Hy skiet mooi en dan gooi hy flyers waar ek ‘n A3 mis skiet)

Ek het nou n paar rand so ek wil maar koop en klaar koop.

Hoop julle kan help.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Kolf hulp

Post by Vissie »

Los hom net soos hy is en bêre hom agter in die kluis vir die dag dat jy ‘n skoonseun kry…

Vat eerder die geld wat jy nou wou spandeer, en koop ‘n Tikka!
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Kolf hulp

Post by Kaalvoetthysie »

Vossie, geldige advies, maar met ons wonderlile CFR en die jag seisoen wat nader kom glo ek nie daai een gaan so lekker werk nie…


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: Kolf hulp

Post by Dash431 »

Tussen daardie twee, die KRG sonder enige twyfel. Ek is stout oor n mooi hout kolf, maar ek dink die Bravo is n beter opsie vir jou aanwending.
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Kolf hulp

Post by Lamtjop »

Thys ek het ook n 308 howa wat my grys hare gegee het gehad. 3 gunsmiths later en 2 stelle scope mount plus glasvesel kolf toe was dit altyd die meopta meopro. Die rubber hogue kolf is nou nie grend nie maar het mooi gewerk toe scope nog saam gespeel het.
Ek het 2 vriende met std howa met hogue kolf en hulle skiet bitter fyn, maar as jy klaar besluit het op iets ander, gaan google woox riflestock. Mooi loop
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Kolf hulp

Post by Kaalvoetthysie »

Het ook aanvanklik vermoed dis die teleskoop, Nuwe teleskoop, ringe ge”lap”, torque wrench gekoop om ringe te torque. Niks gehelp nie. Ou teleskoop in gestuur om reg gemaak te word, hulle het hom terug gestuur en gesê daar is niks fout nie.

Plastiese kolf se loop kanaal is oop gemaak. “Forend” is versterk met epoxy, Aksie ge”bed”.

Kry die flyers van ‘n skiet raam af. As ek waag om ‘n by pod op te sit kan ek maar vergeet.

So ja, op die oomblik wil ek maar so veel as moontlik moontlikhede op een slag uit skakel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Kolf hulp

Post by Ds J »

Thys, laat die ds tog ook maar n bietjie vir jou preek ;)

Die enigste rede om die kolf te vervang is as jy werklik seker is dat die fout by die kolf le^. As die fout elders te vinde is gaan jy goeie geld in die water gooi.

Voorstel: leen by iemand n ander kolf, en probeer hom net n slag op jou geweer. n Paar biere en n pakkie wors is gewoonlik genoeg betaling in die skietwereld. Dit behoort vir jou die fout uit te wys.

Die feit dat die wilde skote so ver uit is, laat my vermoed dat daar dalk n heeltemal ander fout is. My pa se Sauer 80 het dit ook op n stadium gedoen. Oom Louw van Deventer (Advanced Guntech in Potch) het hom daardie jare uitmekaar gehaal en n klein klippie in die kolf gekry wat soms teen die loop gedruk het.

Jy noem dat die pootjies ernstige probleme veroorsaak, en dat die flyers (net?) met n skietraam ontstaan. Dit behoort n aanduiding te wees van waar die fout is.

Lastige vragies ter wille van kontrole:

1. Wat doen die geweer met n ander skut?

2. Wat doen die geweer op n ander raam? (Ek het eendag n man se geweerkolf beskadig omdat ek nie besef het die kolf druk teen die staal nie.)

3. Hoe lyk jou groeperings met n ander geweer van dieselfde skietraam af?
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Kolf hulp

Post by Kaalvoetthysie »

Ds J wrote:Thys, laat die ds tog ook maar n bietjie vir jou preek ;)

Die enigste rede om die kolf te vervang is as jy werklik seker is dat die fout by die kolf le^. As die fout elders te vinde is gaan jy goeie geld in die water gooi.

Voorstel: leen by iemand n ander kolf, en probeer hom net n slag op jou geweer. n Paar biere en n pakkie wors is gewoonlik genoeg betaling in die skietwereld. Dit behoort vir jou die fout uit te wys.

Die feit dat die wilde skote so ver uit is, laat my vermoed dat daar dalk n heeltemal ander fout is. My pa se Sauer 80 het dit ook op n stadium gedoen. Oom Louw van Deventer (Advanced Guntech in Potch) het hom daardie jare uitmekaar gehaal en n klein klippie in die kolf gekry wat soms teen die loop gedruk het.

Jy noem dat die pootjies ernstige probleme veroorsaak, en dat die flyers (net?) met n skietraam ontstaan. Dit behoort n aanduiding te wees van waar die fout is.

Lastige vragies ter wille van kontrole:

1. Wat doen die geweer met n ander skut?

2. Wat doen die geweer op n ander raam? (Ek het eendag n man se geweerkolf beskadig omdat ek nie besef het die kolf druk teen die staal nie.)

3. Hoe lyk jou groeperings met n ander geweer van dieselfde skietraam af?

Hallo Oom,

1. Dieselfde

2. Al skiet sak, bipod, drie poot probeer, almal doen dit. Ook twee kwes bokke, een van ‘n skiet sak af en een van ‘n drie poot af (darem gekry)

3. Sal dit toets. Is ‘n vriend se skiet raam, hy het baie lading ontwikkeling daarmee gedoen sonder probleme.

Net ter agtergrond. Toe ek die geweer gekoop het, het hulle vir my ‘n dun loop aksie se kolf gegee. In my onkunde (eintlik maar net plein on oplettend en deur die dinges) dit eers na baie sukkel agter gekom. Het toe die loop kanaal oop gemaak met ‘n dremel.

My vertroue in die geweer is heeltemal daarmee heen. Dus die effens drastiese stap. Ek dink dit gaan altyd in my agterkop bly spook. Die gewere waarmee ek groot geword het en toe later weer begin skiet het, het nooit so gespook nie. Ek is verseker nie die wereld se beste skut nie, maar as jy begin twyfel in jou roer het jy die helfde van die geveg verloor.

‘n Nuwe kolf raak goedkoop as jy ‘n Blou wildebees of Gemsbok kwes en verloor.

En dan moet ek ook maar tong in die kies erken dat dit moerse smart sal wees om die roer uit die tas uit te haal met ‘n mooi baadjie aanImage


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kolf hulp

Post by tripodmvr »

Hier is ook iemand wat oor die kolf kla. Sy oplossing is wat jy na moet kyk.

https://www.youtube.com/watch?v=jzy5zbaqkks
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Kolf hulp

Post by Klein Karoo »

Het jy al die papier toets gedoen tussen die loop en kolf, koud en wanneer die loop warm is?
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Kolf hulp

Post by Lamtjop »

Thys kyk ook dat staal magasyn kas nie vasknyp tussen magasyn plaat/sneller beuel en die aksie nie. As geweer aanmekaar gesit is moet magasyn kas nog effe kan rond wikkel.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kolf hulp

Post by Capt. Yoda »

Kaalvoetthysie wrote: Sun Feb 20, 2022 8:08 pm Het ook aanvanklik vermoed dis die teleskoop, Nuwe teleskoop, ringe ge”lap”, torque wrench gekoop om ringe te torque. Niks gehelp nie. Ou teleskoop in gestuur om reg gemaak te word, hulle het hom terug gestuur en gesê daar is niks fout nie.

Plastiese kolf se loop kanaal is oop gemaak. “Forend” is versterk met epoxy, Aksie ge”bed”.

Kry die flyers van ‘n skiet raam af. As ek waag om ‘n by pod op te sit kan ek maar vergeet.

So ja, op die oomblik wil ek maar so veel as moontlik moontlikhede op een slag uit skakel.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Watse skiet raam is die? Soos n skiet stoel of een van daai Caldwel leadsled tiepe jobs
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply