Goeienaand Jaracal,
n Baie ervare ou jagter het gesê n jagter moet 100 skote op die baan skiet vir elke 1 skoot in die veld. As jy baie ervare is mag dit afskuif tot 60 skote op die baan vir elke 1 skoot in die veld.
Ons leef en werk in n jagtersparadys (Vryburg / Stella / Piet Plessis), met die gevolg dat ek bederf word om te mag skiet/jag op plase.
En toe ek voorlaasweek my roer gaan inskiet het ek geskrik vir my groepering! Dit is regtig verroes want oor die laaste twee jaar het ek te min geoefen.
Ek het nou die standaard kruis- en sirkelteikens laat vaar, en begin op n oop sirkel (deursnee 8cm) oefen. Die rede is dat n bok nie n kol, of n streep op sy teiken het nie. Ek oefen dus nou om die koeël in die middel van die denkbeeldige teiken te plaas.
Vrae:
1. Hoeveel moet n mens oefen?
2. Hoe moet n mens oefen?
3. Enige ander gedagtes?
Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
'n Papierbord as teiken sal as 'n goeie maatstaf dien. Vryhand behoort jy al jou skote daarin te plaas om as 'n ervare skut te kwalifiseer. Dieselfde bord moet jy dan sekerlik oor 'n twee/drie been rus op 200 kan tref. 300m skote vereis 'n stewiger rus
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
My nederige 2c wat oefen aanbetref . . . in die veld staan bokke nie vir lank stil nie en jou tyd is gewoonlik min onder normale omstandighede. Neem dus jou windbuks en gaan skiet voëls waar jy mag en waar dit veilig is en voëls wat natuurlik gejag mag word. Skiet uit die vuis uit en soms oor een of ander dooierus. Jy sal verbaas wees hoe jy dan jou oog en aftrek oefen in die proses. Natuurlik moet jy later na die werklike jagkaliber beweeg en dan is jy seker maar hoofsaaklik beperk tot die skietbaan. Moet beslis nie net oor die skietbank sit en skiet totdat jy tevrede is nie. Jou geweer / teleskoop-kombinasie word daardeur getoets en bevestig. Jou werklike skietvermoë in die veld onder verskillende jagtoestande kan steeds in die hek duik as jy nie ook onder daardie tipe omstandighede geoefen het nie. Laastens, hoe fiks is jy? As jy langerige ent bekruip het of vinnig gestap het en dan redelik vinnig moet korrel en skiet, is jy gemaklik daarmee?
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
Hang 'n 8 duim gong op 50m en skiet hom uit die vuis uit. Skuif verder na gelang die sukses verbeter. Vir bosveld jag sal dit lekker help. Natuurlik kan mens dieselfde van stokke af doen en die gong grootte maak nie regtig saak nie. Dis maar net lekkerder om op 'n gong te skiet as papier.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
Vrae:
1. Hoeveel moet n mens oefen? Tot jy vertroue in jou geweer en skootplasing vermoë het. Party ouens kort net paar skote en ander meer en ander skiet sommer net nog omdat skiet lekker is.[/color]
2. Hoe moet n mens oefen? Glad nie van 'n skiettafel by 'n skietbaan nie. Daar is nie ene in die veld. Bepaal hoe julle gaan jag en simuleer dit as jy oefen.
3. Enige ander gedagtes? Meeste mense hou van bipod (ek ook) maar dit werk baie min kere in due veld en dan probeer jy dit maak werk. Agter op 'n bakkie hou ek van 'n Xbag. In due veld vir voorsit en stap dra 'n rugsak saam met alles wat jy wil saamvat en gebruik dit as jy voorste rus (dit is nou as jy nie agter stokke staan en skiet.
Ek begin al meer en meer sin kry in die heavy duty geweertipe tripods met 'n platvorm op. Dan kan hy verstel van lê tot staan met 'n saddle bag bo-op.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
Deur die jare het ek gesien meeste van my kliente sukkel om vinnig in n stabiele skiet posisie te kom om n goeie en dan n rusitge beheerde skoot te vat. Jy kan dit oefen by die huis met jou geweer dryfire met snapcaps om in posisie te kom en te sien wat doen jou kruis na jy die sneller getrek het. Van daar sal ek n pellet gebruik en dan jou geweer op die baan. Ek oefen skiet van skiet stokke/bipod staan, kneel en le en dan eers uit die vuis. Ek so bok teikens gebruik omdat dit jou leer om n plek op n bok te kies en nie na n bull te mik wat baie makliker is. As jy dit ordentlik doen en goed konsenteer sal jy mentally moeg wees as jy 40 keer dit gedoen het. Elke 2de dag vir twee weke en jy sal groot verbetering sien.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2944
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
Uitstekende praktiese voorstelle hier gedeel.
Aanvullend hiertoe, laaste paar jaar se manier na baie gesukkel, soos Thunderhead baie mooi opsom. Stabiliteit verder as 150m is alles, die lanseerbasis, my 2c. Ek gebruik ook ander suksesvol, maar hierdie die beste vir my op langer skote.
Ek hou van lig wees, wel met noodsaaklikhede in rugsak. Harris of soortgelyke mediumhoogte ligte bipod voorop, ek al geoefen om vinnig op of af te haal volgens behoefte. Ek neem my liggewig 3-poot stoel saam, soms nie, afhangende van omstandighede. Vir voorsit wag ek op my stoel. Vir in posisisie kom sit ek plat op my gat, geweer op bipod met ruimte vir heen en weer draai, my rugsak of opgevulde rugbykous met gebreekte mielies of liggewig vulmateriaal bo-op die stoel. My regterskouer/arm rus bo-op my stoel en ek sit kruisbeen of uitgestrek. Hierdie posisise neem ek tussen bossies in of indien skaars, voor ‘n bossie of miershoop of rots in. Op langer skote het bokke min benul van jou. Indien daar ‘n boom of rots is, neem ek dit verder deur agtertoe daarteen te leen, baie stewig. My linkerarm oor/op my knie en hou die geweer vas by en saam die bipod.
Hoekom lang storie, want jy kan dit so oefen op die skietbaan. Die lang 300-350m of selfs verder skote raak ‘n plesier en akuraatheid uitstekend. Min toerusting om baan toe te neem. By die baan kan jy ook terugleen teen die skiettafel se poot en dit so oefen.
Natuurlik skiet ek regs!
Beste.

Last edited by Lategan1 on Sun Jan 30, 2022 1:12 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
Ek oefen met 'n windbuks, wat net so groot en swaar is soos my jaggewere. Goedkoop en nogal effektief.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Oefen vir jagskote - voorstelle en gedagtes asb?
Toe ek nog in die NW gebly het met n 100m binne baan 2min van my af en n 1000m baan 15min van my af het ek so tussen 1000 en 1500 skote n jaar met my gewere op die baan geskiet vir oefening plus seker nog n 500 in comps van SAjagter to LR, ongelukkig is dit nou te duur om so baie te wil skiet so n man moet maar slim oefen. EK skiet nie na n bok uit die vuis uit nie, as ek nie n boom/miershoop, tracker se skouer, bakkie se bonnet, cruiser se dak, op my pens le of n skiet stok het nie sal ek hom maar laat verby gaan so dit is die maniere hoe ek oefen.
Die baan waar ons nou skiet staan daar n lekker boom waar onder ons altyd le en skiet so as dit jag tyd raak sal ons daar van stokke af skiet en dan sal ek n paar skote "uit" die boom uit vat en self n paar somer oor n drom of tyre wat daar le tot so 150/200m.
In die bosvled waar daar skietstokke gebruik word is ek nie van plan om baie verder as 150m te skiet nie so ek oefen maar daai afstand, as ek wil ver skiet klim ek agter op n cruiser in die Kalahari of Vrystaat en ek oefen darem genoeg vir ver skiet uit n stil posiesie....of wel ek het darem altyd
Soos die manne se as jy n lekker windbuks het en jy kan n voel of 10 jag is dit goeie oefening

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.