Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Ek ry vandag terug van Sutherland/Loxton en wonder so by myself of die jag van katte en jakkalse in dieselfde trant sou wees sonder die forum. Besef toe dat ek baie geleer het en dinge aan my kant verhaas het. Ek is die forum ewig dankbaar vir die ondervinding en ook om met ander jagters te kan gesels en meer te leer.
My hoed word hoog gelig in die rigting van Heinrich Funck!
Ek was ook gelukkig genoeg om Niel Viljoen in my omswerwinge te ontmoet en kan nie sy naam hier uitlaat nie. Dankie maat!
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Dankie Taffie.
Daar word gese^ dat ek meer jakkalse indirek slim gemaak het as dood. Ek moes die forum stig sodat die ouens inligting kon uitruil om die slim jakkalse te kan dood.
Op 'n meer ernstige noot, dit was maar net die regte ding op die regte tyd in Afrikaans. Gelukkig sien ek Google Chrome het 'n "translate" funksie so kan ons vriende ander kant die water soos Quinton Wagoner ook deelneem en hulle inligting deel.
Groete
Heinrich
Daar word gese^ dat ek meer jakkalse indirek slim gemaak het as dood. Ek moes die forum stig sodat die ouens inligting kon uitruil om die slim jakkalse te kan dood.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
oom taf, as oom weer naby sutterland kom, beter oom laat weet, oom het 80km van my gedraai!
anyway, wil net se, as dit nie van die forum was nie, sou ek nog met rooilig gejag het, en vir gary laubser geglo het...dink dit verduidelik genoeg.
dankie oom hein, en oom taf

HOU HOM DAAI DIKTE
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Oom Taf,
As dit nie vir die forum was nie, sou ek nooit geweet het wat ek nou weet nie.
Ek sou nog jakkalse met wit lig sonder dimmer, wit bakkie, en CD sommer in die bakkie se radio probeer inroep het.
Roep sequence sou natuurlik sommer 'n hele CD van voor tot agter gewees het!
Die forum het my gehelp om my toerusting op standaard te kry, jakkalse se siklus te leer (probeer) verstaan. Raad en wyshede van ou hande en voldydse jagters soos Meester Taf, Oom Heinrich, JB, Mac, FM, Raves, Louis102, Jason, Boertjie, Niel Viljoen, Tomcat, Meerkat, Britsman (by the way, waar is Pappa Brits deesdae?), Biker, Freddie101, Chris101 en en en en en en............. sou ek nooit eers van geweet het nie.
Dankbare Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Ja ek stem!!!! Dit is awesome om so baie te leer en dit dan in die veld toe te pas en daar in die veld verder te leer.
Dankie almal!!
Dankie almal!!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Stem volkome saam.Dan moet ek ook dankie se aan Taffie, dat ek so baie saam met hom kon gaan en net tyd saam met hom spandeer.Daar leer jy baie.Luister ook as hy sommer so gesels met die manne, iewers tel jy iets op.Die man weet waarvan hy praat.
Boera
Boera
- PJS
- Sr. Member

- Posts: 403
- Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
oom Taf
Ek wil heelhartig met almal saamstem. Ek is nog maar nuut in die ding, maar het reeds tonne geleer. Die e-boek en die Tips het my baie geleer en as mens die basiese beginsels toepas kom n mens al baie v?r.
Sien uit na die kursus die naweek saam met al die slim manne.
Groete,
PJ

Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Ek moet ook bieg dat ek seker maar soos Geno die ding gedoen het voor ek bewis was van die forum, so ek reken dit is klaar tussen die twee van ons heelwat minder skelm jakkalseGeno wrote: Oom Taf,
As dit nie vir die forum was nie, sou ek nooit geweet het wat ek nou weet nie.
Ek sou nog jakkalse met wit lig sonder dimmer, wit bakkie, en CD sommer in die bakkie se radio probeer inroep het.
Roep sequence sou natuurlik sommer 'n hele CD van voor tot agter gewees het!![]()
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
die forum het so baie gehelp en bloot net iets om te geniet dat ek dink die volgende stap is seker Jracal Anonymous 
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Heinrich en die anner manne

Ek het 'n klompie van Heinrich en Hennerikkie se way points, so kom ek toe agter dit is waar die manne nog met kleinvee kan boer, daar waar nie way points is nie, boer die manne met niks!
Alle grappies op 'n stok. Die forum het hierdie land se jakkalse en katte aan die gorrel beet!
Mooiloop
..................dit gaan ook maar by die een oor in en die anner een uit.Daar word gese^ dat ek meer jakkalse indirek slim gemaak het as dood. Ek moes die forum stig sodat die ouens inligting kon uitruil om die slim jakkalse te kan dood.
Ek het 'n klompie van Heinrich en Hennerikkie se way points, so kom ek toe agter dit is waar die manne nog met kleinvee kan boer, daar waar nie way points is nie, boer die manne met niks!
Alle grappies op 'n stok. Die forum het hierdie land se jakkalse en katte aan die gorrel beet!
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Jaja! Hulle trap maar lekker lig deesdae!tafjak wrote: Die forum het hierdie land se jakkalse en katte aan die gorrel beet!
Goed, beter, 6millimeter!
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Die Jaracal forum kos my net geld
.
Nee alle grappies op 'n stokkie... toe ek aansluit by die forum het ek genoem dat ek al 18 jakkalse geskiet as ek reg onthou, en toe ek begin leer het hier by grootmanne soos FM, Louis,Taffie en Heinrich, het ek my getalle daarna binne 4 maande na 53 jakke geklim in en rondom my plaas. Dit wat ek hier geleer het van roofdier beheer, het my duisende rande meer gespaar as wat ek al ooit spandeer het.
Ek wens ek kon alle DATA(geslag/ouderdomme/tye van die jaar) gehad het van al die jakke wat ek al geskiet het, nie op ander plase, maar op my eie plaas.
Die Jaracal forum het my nie net gehelp om beter roofdier beheer toe te pas nie...
Die forum het vir my nuwe vriende gegee met dieselfde passie en liefde wat ek het.
Die forum het my 'n beter plaasboer gemaak - nuwe idees en raad is elke dag hier beskikbaar.
Die forum het my 'n beter jagter en visserman gemaak
Norton

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Ek dink Heinrich Funck het die forum se geraamte met groot visie en inspirerende leiding geskep en met Taffie aan die voorpunt het die lede mooi die vleis aangesit. Kan my boerdey eintlik nie voorstel sonder die kennis wat ek hier opgedoen het nie. Letterlik 100de jakkalse en rooikatte het hul moses te?gekom met raad wat ek hier opgedoen het.
Ook interessant hoe my vriende kring verander het sedert die ontstaan van die forum, het sommer lekker mense so ontmoet!
Ek kan net dankie s? aan al die partye wat so onbaatsugtig hier bygedra het!

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Niel Viljoen
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Wed May 05, 2010 9:21 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Forum lede
Die antwoord op hierdie topic is ongetwyfeld n baie beslisde ja!!!!
Ek dink Heinrich het sy jare se ondervinding en kennis op n baie onbaatsigtige manier aan ons ieder en n elk oorgedra.Ek dink hierdie forum is n absolute bewys daarvan. Nogmaals baie dankie Heinrich!!
As ek kyk na ons aantal lede en hoe vinnig hierdie forum groei dan spreek dit mos boekdele. Hierdie forum was n honger wat moes gevul word, hierdie forum het n nuwe familie gestig wat dieselfde taal praat, dink en doen. Kennis en advies kan nou op n daaglikse basis uitgeruil word. Die forum is n kursus in jou kantoor agter jou lessenaar. Geluk met hierdie inisiatief Heinrich!!
Ek kom op baie van my kursusse waar vrae aanhoudend gevra en herhaal word, altyd baie lekker om die manne na hierdie dik boek te verwys - Die Jaracal Forum-
En ja ek wonder wat se die rooijakkalse en rooikatte daar op hul forum oor die ontstaan van die Jaracal familie.
Ek dink dit gons maar daar want hul ledetal is beslis besig om net mooi in die teenoorgestelde rigting te gaan as die Jaracal Forum.
Taffie baie dankie vir die erkenning ou maat!!!(Ek sit ook maar nog lanks al my ou forum pelle hier op dieselfde skoolbanke ons leer nog elke dag- Jakkie se planne het nie einde)
Baie dankie ook vir die groot rol wat jy hier vervul, Jy is darem self a "walking encyclopedia" (n dik boek om te lees)
Groetnis
Niel

- Bruhn
- Newbie

- Posts: 16
- Joined: Wed Dec 21, 2011 5:38 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Baie dankie Heinrich Funk vir jou visie met die forum .Mense soos jy maak n verskil ek het 2 kursusse by jou gedoen in '98 +'99
een was maj Bodiker by doen so voort.Al wat dan oorbly is om swak bure te bestry wat moeiliker is ek sal graag so n kursus
wil doen.As almal net saamwerk sal die jak en kat onder beheer kom. Die forum het beslis n baie groot verskil gemaak aan
ongedierte beheer.Ek kan nie glo ek het so lank gevat om deel te word van forum tipies boer moet eers seerkry nou val
jakke met eentonige reelmaat. Dankie Niel en Taffie julle is twee bulle.Moenie ophou nie Heinrich.
Groete
Bruhn

Absence of evidence is not evidence of absence
.22 Bruno
223 Howa varminter
260 rem
.22 Bruno
223 Howa varminter
260 rem
- Francois Hugo
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Ek wil nou maar net maak, soos daardie ou tannies op Nicky se RSG program !! NET erken ek stem saam met die vorige sprekers!!!!
EK ken geen plek waar 'n man duurgekoopte ondervinding so maklik en gratis kan verkry nie en dan WERK DIT OOK NOG!!!
Dankie vir die uitstekende idee om so 'n Forum (met 'n hoofletter) te begin het, aan Heinrich, dankie vir die manne (veral die raadgewers soos Oom Taffie en Niel en Louis en .MAC en... en...en....) wat ure sit en raad bedien, wat die lesers (waarvan ek 'n getroue een is) sonder dat raadgewers regtig geweet het, menige male 'n ekstra WELKOME passasier op die bakkie laat laai het!!! (My tipboek is al amper langer/dikker as tafjak se tips!!)
Ek wil die invalhoek so effe uit 'n ander hoek benader as ek mag ??
- Ek wil namens ons "internet sluipers" ook aan die lede van die Forum wat nie huiwer om daai "dom" vraag te vra nie, ook te bedank - sonder daardie vrae, dink ek het daar nog BAAAIIIEEEE meer van ons "ekstra pasasiers in die rondte gewees!!!!!
Dankie sommer ook vir die"buite" inligting wat dalk nou nie die spesifieke roepklank gee nie, maar darem kan bevestig dat 'n 243 darem maar 'n lekker roer is, as jy hom volgens die kenners (wat ook gratis inligting gee) se herlaai resepte doen.
Is dit nie wat die Forum lekker maak nie? Alles wat 'n man wat van die natuur en skietgoed hou onder een dak - Amper soos Hendrik v Rensburg se lekkerte of soos Woolies vir die vrouens!!
Groetnis uit die Namakwaland!!

Dooie Jakkalse doen nie kwaad nie!!!!
- Problem Animal Control
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Manne
Ek het beslis baie geleer,meer as wat ek dalk besef. Woorde is daar nie genoeg om vir julle dankie te se vir al die inligting en antwoorde wat julle so onbaatsugtig deel en antwoord nie.
Groette
PAC

9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223
Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!

- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
As ek dink hoe ek alles verslint en versamel het 10/12jaar gelede oor jakkelsjag en skiet en kyk terug na hoe ek begin het, is hierdie forum
seker die grootste bron van gratis en verniet inligting wat bestaan en bygedra het tot wat ek vandag weet. Ek het nou nog die 50/50 video van Willem,Poena en Oela en hoe ek vas geglo het daai is die pad voorentoe, modder rims en al.
Die kursese van Hein en die forum het my gehelp om met van cd diskman's en tapes met flex draad speakers tot vandag se foxpro's en dimmers, AllenT stoele en natuurlik 75gr v-maxe en die 243 die pad te sien.
Dankie aan almal wat so onbaatsugtig raad en hulp aanbied en Taffie ek glo en vertrou sedert die stigting van die forum daar defnetief
kruis en dwars oor ons land en Nam al n hele paar ongediertes meer gesneuwel het, en stem met Niel saam oor hulle forum getalle.
Hierdie JARACAL FAMIELIE IS LEKKER TYE SAAM MET LEKKER MENSE.
Trots Jaracal
Reds

Last edited by Rooies on Wed Jan 25, 2012 12:35 pm, edited 1 time in total.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."

fiela
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Oom Taf,
Ek het maar altyd op die harde manier geleer, en dit het my al duur te staan gekom!! Van ek die forum benut leer ek nog, maar nou is daar baie minder jakke wat slim word. Dankie vir al julle groot manne wat nie huiwer om te help nie, DANKIE!!
N.S. Die lekkerste van die forum is dat hier nie "geklas" word tussen die jagters nie. Almal is deel van n groot famielie wat dieselfde
oorlog fight! Dis als te danke aan die groot manne wat ons jong manne so aanvaar en help.
Lekker dag.

- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 866
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Kerels
Daar is geen twyfel aan die sukses van hierdie forum nie. Om die waarheid te se - buiten die goeie raad rondom probleemdier beheer het ek ook 'n hele paar pelle ryker geword en die forum is nou al so veelsydig dit het tot 'n "dating line" of te wel "by die opsitkers" gedeelte wat net so suksesvol ondersteun word deur Geno , Boertjie en ander. O ja my maandelikse begroting word ook nou aangepas volgens raad wat die manne hier gee.
BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT SO GRETIG HELP - VERAL JB WAT MY SO ELKE NOU EN DAN ASSISTEER EN BYSTAAN.
TAFFIE en HEIN - GOEIE WERK MANNE !!!!!!!!! Hier het ons 'n plekkie gekry om meestal in AFRIKAANS ons uit te leef sonder dat IEMAND ons skeef aankyk.

Geroer-nie geskud nie
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
VIR SEKER!!.
Sonder hierdie forum sou my speenpersentasie baie laer geweees het.
Sonder hierdie forum sou daar baie meer slim jakkies gewees het.
Sonde die forum sou ek nie n paar rand ekstra kon verdien nie.
Sonder hierdie forum sou ek nie die vriende wat ek hier gekry het ontmoet het nie.
Sonder die forum sou ek nie Van visvang in Namibie geweet het nie(Dankie Louis en ander van Suidwes)
Oja en dan sou ek nie my tentmaatjie Reds ontmoet het nie!

Last edited by Freddie101 on Wed Jan 25, 2012 6:49 pm, edited 1 time in total.
yol bolsun
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Reds, wat het in daardie tent gebeur dat julle twee mekaar so laaik?Freddie101 wrote: .... Oja en dan sou ek nie my tentmaatjie Reds ontmoet het nie! ....
Wonder of Oom Frikkie daarvan weet??
Nee, ou Freddie, ek spot sommer. Daai manne van St Nowhere en Myl 108, is die manne waarmee 'n man oorlog toe kan gaan (sal net die Jaegermeister by die huis los, in so 'n geval)
Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Nou wat is oor om te se.
Na n 7 dag kursus totale tyd op forum.
BAAAAAAAIE DANKIE aan alle insette.
Na Funk my gehelp het om eerste 8 klanke op foxpro te kry en bietjie raad.
My amper 2maande gevat om stomme ding hier te kry.
Pretoria toe gery vir Tewis se eerste roeper en 50 cayotie slagysters.
NOU n 1000 jakkies later komp kursuse lekker kuier al is dit net gou jong wat doen ek nou.
BAAAAIE DANKIE!!!!!!!!!!!!!
101

Knou die gediertes AF.
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
JARACAJ FORUM het een van die groot lekkertes in my lewe geword en my soveel vriende laat ontmoet het wat DIESELFDEE DRAAD MET DIESELFDE VOLTAGE in hulle het. Dankie O ja en jakkalse en katte kry beslis op hulle hel.
Groete Biker
Groete Biker
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?
Manne ek wil ook so graag iets hier se maar dan gaan ek net herhaal wat die ander gese het so kom ons hou dit maar by n groot DANKIE en nogmaals DANKIE vir hierdie forum. ALMAL wat my al raad gegee het het my beslis gered van bankrotskap want ek kan nou weer met skaap boer op n semi ekstensiewe stelsel en aan die ander kant, as ek moes betaal vir al die raad en advies wat ek hier gekry, was ek ook bankrot!
Baie dankie manne
Doepie
Baie dankie manne
Doepie