Middag. Wil net hoor hoor wat julle voorstel wat my te doen staan. N vriend van my het n scope gekoop in USA en n seun wat daar op n plaas werk sou die scope vir saam gebring het maar op die lughawe het hulle van die ander outjies se scopes af gevat gelukkig kon hy die scope vir die boer gee vir wie hy werk anders was hy ook gevat. So wat dink julle manne kan ons doen om die scop hier te kry?
Groete SmitH
In bring van Telleskoop
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: In bring van Telleskoop
Baie ouens is nie bewus van die ITAR regulasies wat in die VSA van toepassing is nie. Dit is 'n afkorting vir International Trade in Arms Regulations.
Hulle kan beslag lê op items, boetes uitreik of selfs strafregtelike klagtes lê teen individue wat die regulasies verbreek.
Sommige teleskope word as "military grade" geklassifiseer en dan gaan die ou maar sy teleskoop moet afskryf of smous daardie kant. Die meeste jagteleskope val nie in daardie kategorie nie. Ek sou voorstel jou vriend moet die US Department of Commerce, Bureau of Industry and Security kontak en hulle vra of die betrokke teleskoop onder die lys van verbode items val. https://www.bis.doc.gov
Indien hulle skriftelik bevestig die teleskoop val nie onder die lys van verbode items nie, behoort dit die proses te vergemaklik.
LW: Ek is geensins 'n kenner op die gebied van in- en uitvoer nie. Indien dit bevestig word dat die teleskoop nie val onder enige lys van verbode items nie, sou ek steeds iemand kontak wat 'n kenner is op die gebied.
Daar is 'n rede waarom teleskope, wapens en wapenonderdele duurder is hierdie kant. Invoerders en handelaars moet aan alle plaaslike en internasionale regulasies voldoen. Baie "winskopies" kan dus potensiëel onwettig wees.