Page 1 of 1

Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Wed Nov 10, 2021 8:45 pm
by Ds J
Goeienaand Jaracal,

Sal moerbeihout werk vir n geweerkolf?

Dit is bietjie ligter (minder dig) as okkerneut, maar baie elasties en kloof of skeur nie so maklik nie.

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Wed Nov 10, 2021 9:14 pm
by Fanta300
Naand DsJ, het hierdie gekry.

Besluit maar self

https://www.sporterizing.com/index.php? ... gunstocks/

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Wed Nov 10, 2021 9:33 pm
by Alwin
Ek het ook gewonder oor die nuttigheid van moerbeihout. Vir die spesifieke projek, wat eintlik 'n eksperiment is waarop mens nie noodwendig 'n duur stuk okkerneut wil waag nie, is dit dalk 'n goeie keuse. Maak net seker daar is genoeg ruimte vir die hout om te rek en krimp, sonder om die metaal dele onder spanning te plaas. Eintlik is dit net 'n handvatsel. As die hout dan later blyk om ongeskik te wees, is dit nie 'n groot verlies om hom weg te gooi nie. Teen daardie tyd sal jy weet of die konsep en vorm werk, dan kan jy 'n beter materiaal kry vir die volgende kolf.

Kyk ook maar na gelamineerde hout. Dit is gewoonlik baie sterk, stabiel, waterdig en lyk ook goed. Dit sou my keuse wees vir 'n permanente kolf. Mens kan selfs oorweeg om 'n vel "marine ply" te koop by die hardeware en die kolf op te bou deur stukke hiervan op mekaar te lamineer.

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Wed Nov 10, 2021 10:00 pm
by Hercules Louw
Naand Ds J

Ek het al drie kolwe van moerbeihout gemaak. Ek het die planke uit 'n ou droë moerbeiboom met n kettingsaag uitgesaag. Die kleur van die vars hout is kerriegeel, word dan na verwerking 'n pragtige diep goue kleur wat met tyd donkerder word. Die hout vertoon ook baie mooi grein en lewe.

Moerbeihout is na my mening baie sterker as okkerneut, en dit breek ook nie as jy 'n splinter buig nie, dit is veerkragtig. Maar dit is nie die maklikste hout om mee te werk nie, masjiene brand die hout baie vinnig swart dat die rook draai. Skuurmasjiene pak ook vinnig aan.

Alle moerbeihout is egter nie dieselfde nie. Die boom wat ek in Pretoria het groei vreeslik vinnig, het reuse blare en die grootse en lekkerste moerbeie, maar die hout is sag, sponsig en nutteloos, afgesaagde takke is nie eens geskik om vuur mee te maak nie.
Die een wat ek kolwe van gemaak het, het in die Suid- Vrystaat gegroei. Die blare is kleiner, die stam en takke dikker vol knoetse en die moerbeie klein en ronder.

As jy die regte hout het sal jy n baie sterk, mooi en unieke kolf daaruit kan maak.

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Thu Nov 11, 2021 9:14 pm
by makjak
Hou net in gedagte, soos bo genoem, dat hout "verdonker" soos wat jy olie of dit verouder. ( raak amper die kleur van embuiya maar mooi) kan nie sien dat dit nie kan werk nie

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Thu Nov 11, 2021 11:42 pm
by Ds J
Ek het vars stompe gekry en dit gekloof, en toe laat droog. Ons area is mos redelik droog, so die bome groei stadig. Die nat hout is kerriegeel, maar is nou al amper sjokoladebruin. En taai! Die ringe en vlekke is maar min. Die hout is byna effekleur.

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Fri Nov 12, 2021 7:00 am
by win270
Dit sal gaaf wees as julle foto's kan plaas van die afgesaagde hout, ook kolwe wat in die verlede gemaak is van die moerbeihout. Ek vind hierdie bespreking baie interessant.

Dankie by voorbaat!

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Fri Nov 12, 2021 8:52 am
by LoopSoosStroop
Ds J wrote: Thu Nov 11, 2021 11:42 pm Ek het vars stompe gekry en dit gekloof, en toe laat droog. Ons area is mos redelik droog, so die bome groei stadig. Die nat hout is kerriegeel, maar is nou al amper sjokoladebruin. En taai! Die ringe en vlekke is maar min. Die hout is byna effekleur.
Dagse Ds J, hoop dit gaan lekker.

Hoe lank is daardie stukke, en is die grein redelik reguit? Ek wonder of dit nie lekker hout sal wees vir 'n boog nie?

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Fri Nov 12, 2021 9:04 am
by Krobb
n Vriend wat tradisionele langboë bou het my vertel dat moerbeihout n lekker boog maak. Ek dink dit sal deffinitief werk vir n geweerkolf.

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Fri Nov 12, 2021 9:26 am
by Ds J
20211112_092437.jpg
Hierdie stuk het vir drie maande maande in water gelê. Ek het dit laasweek gekloof en gestapel om te droog.

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Fri Nov 12, 2021 9:34 am
by Ds J
20211112_092809.jpg
n Stuk van dieselfde boom; drie/vier maande gelede gekloof en gestapel.

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Fri Nov 12, 2021 9:46 am
by Ds J
LoopSoosStroop wrote: Fri Nov 12, 2021 8:52 am Hoe lank is daardie stukke, en is die grein redelik reguit? Ek wonder of dit nie lekker hout sal wees vir 'n boog nie?
Lengtes wissel,, die meeste is 1,2m tot 1,4m met enkele stukke tot 2m.
Boogbouers kan my kontak - ek het nie daaraan gedink nie.

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Sat Nov 13, 2021 5:27 am
by Andre308
Nou as julle die bome so afkap, wat gaan die kindertjies se seiwurms dan nou eet? ::) :laugh:

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Sat Nov 13, 2021 9:44 am
by Gawie(13mm)
Andre308 wrote: Sat Nov 13, 2021 5:27 am Nou as julle die bome so afkap, wat gaan die kindertjies se seiwurms dan nou eet? ::) :laugh:
Moermy blare!!

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Sat Nov 13, 2021 12:28 pm
by Hercules Louw
Andre308 wrote: Sat Nov 13, 2021 5:27 am Nou as julle die bome so afkap, wat gaan die kindertjies se seiwurms dan nou eet? ::) :laugh:
André, gelukkig het die bome wat groot blare en moerbeie dra, swak hout, so daar is hoop vir die sywurms.
Die foto's hieronder is van die blare en vrugte van my moerbeiboom in Pretoria. Ek self het nog nie 'n ander boom gesien wat sulke groot blare het nie, of sulke groot en lekker moerbeie dra nie.
Moerbeiboomblaar.jpg
Moerbeie.jpg

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Sat Nov 13, 2021 12:50 pm
by Hercules Louw
My eerste poging met 'n moerbeihoutkolf was vir 'n ou Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer. Die geweer is nou meer as 100jaar oud en het oorspronklik aan my oupa behoort. Hy het blykbaar die kolf afgeslaan op 'n rooijakkals se kop, die jakkals was in 'n slagyster gevang. Die oorspronklike kolf is toe met koperdraad vasgedraai en dis hoe ek die haelgeweer as kind leer ken het. Ek het in die laat 80's vir die haelgeweer die kolf op die foto's hieronder gemaak.
Moerbeihoutkolf H&R haelgeweer regs.jpg
Moerbeihoutkolf H&R haelgeweer links.jpg
Moerbeihoutkolf H&R haelgeweer voorkant.jpg

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Sat Nov 13, 2021 12:57 pm
by Hercules Louw
Die foto's hieronder is van die moerbeihoutkolf op my 6.5-284. Ek het die kolf sommer 'n bietjie olie gegee voor ek die foto's geneem het, dit is waarom dit blink.
Die derde moerbeihoutkolf was op 'n 6mm-223, maar die geweer het ek so 2 jaar gelede verkoop en het ongelukkig geen foto's nie.
Moerbeihoutkolf 6.5-284 _ 1.jpg
Moerbeihoutkolf 6.5-284 _ 2.jpg

Re: Moerbeihout vir geweerkolf?

Posted: Sat Nov 13, 2021 1:15 pm
by Ds J
Baie dankie vir die foto's. Dit lyk sommer goed!