Moerbeihout vir geweerkolf?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Moerbeihout vir geweerkolf?
Goeienaand Jaracal,
Sal moerbeihout werk vir n geweerkolf?
Dit is bietjie ligter (minder dig) as okkerneut, maar baie elasties en kloof of skeur nie so maklik nie.
Sal moerbeihout werk vir n geweerkolf?
Dit is bietjie ligter (minder dig) as okkerneut, maar baie elasties en kloof of skeur nie so maklik nie.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Naand DsJ, het hierdie gekry.
Besluit maar self
https://www.sporterizing.com/index.php? ... gunstocks/
Besluit maar self
https://www.sporterizing.com/index.php? ... gunstocks/
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Ek het ook gewonder oor die nuttigheid van moerbeihout. Vir die spesifieke projek, wat eintlik 'n eksperiment is waarop mens nie noodwendig 'n duur stuk okkerneut wil waag nie, is dit dalk 'n goeie keuse. Maak net seker daar is genoeg ruimte vir die hout om te rek en krimp, sonder om die metaal dele onder spanning te plaas. Eintlik is dit net 'n handvatsel. As die hout dan later blyk om ongeskik te wees, is dit nie 'n groot verlies om hom weg te gooi nie. Teen daardie tyd sal jy weet of die konsep en vorm werk, dan kan jy 'n beter materiaal kry vir die volgende kolf.
Kyk ook maar na gelamineerde hout. Dit is gewoonlik baie sterk, stabiel, waterdig en lyk ook goed. Dit sou my keuse wees vir 'n permanente kolf. Mens kan selfs oorweeg om 'n vel "marine ply" te koop by die hardeware en die kolf op te bou deur stukke hiervan op mekaar te lamineer.

Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Naand Ds J
Ek het al drie kolwe van moerbeihout gemaak. Ek het die planke uit 'n ou droë moerbeiboom met n kettingsaag uitgesaag. Die kleur van die vars hout is kerriegeel, word dan na verwerking 'n pragtige diep goue kleur wat met tyd donkerder word. Die hout vertoon ook baie mooi grein en lewe.
Moerbeihout is na my mening baie sterker as okkerneut, en dit breek ook nie as jy 'n splinter buig nie, dit is veerkragtig. Maar dit is nie die maklikste hout om mee te werk nie, masjiene brand die hout baie vinnig swart dat die rook draai. Skuurmasjiene pak ook vinnig aan.
Alle moerbeihout is egter nie dieselfde nie. Die boom wat ek in Pretoria het groei vreeslik vinnig, het reuse blare en die grootse en lekkerste moerbeie, maar die hout is sag, sponsig en nutteloos, afgesaagde takke is nie eens geskik om vuur mee te maak nie.
Die een wat ek kolwe van gemaak het, het in die Suid- Vrystaat gegroei. Die blare is kleiner, die stam en takke dikker vol knoetse en die moerbeie klein en ronder.
As jy die regte hout het sal jy n baie sterk, mooi en unieke kolf daaruit kan maak.

makjak
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Sat Dec 03, 2016 8:54 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Hou net in gedagte, soos bo genoem, dat hout "verdonker" soos wat jy olie of dit verouder. ( raak amper die kleur van embuiya maar mooi) kan nie sien dat dit nie kan werk nie
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Ek het vars stompe gekry en dit gekloof, en toe laat droog. Ons area is mos redelik droog, so die bome groei stadig. Die nat hout is kerriegeel, maar is nou al amper sjokoladebruin. En taai! Die ringe en vlekke is maar min. Die hout is byna effekleur.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Dit sal gaaf wees as julle foto's kan plaas van die afgesaagde hout, ook kolwe wat in die verlede gemaak is van die moerbeihout. Ek vind hierdie bespreking baie interessant.
Dankie by voorbaat!
Dankie by voorbaat!
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Dagse Ds J, hoop dit gaan lekker.Ds J wrote: Thu Nov 11, 2021 11:42 pm Ek het vars stompe gekry en dit gekloof, en toe laat droog. Ons area is mos redelik droog, so die bome groei stadig. Die nat hout is kerriegeel, maar is nou al amper sjokoladebruin. En taai! Die ringe en vlekke is maar min. Die hout is byna effekleur.
Hoe lank is daardie stukke, en is die grein redelik reguit? Ek wonder of dit nie lekker hout sal wees vir 'n boog nie?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
n Vriend wat tradisionele langboë bou het my vertel dat moerbeihout n lekker boog maak. Ek dink dit sal deffinitief werk vir n geweerkolf.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Hierdie stuk het vir drie maande maande in water gelê. Ek het dit laasweek gekloof en gestapel om te droog.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
n Stuk van dieselfde boom; drie/vier maande gelede gekloof en gestapel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Lengtes wissel,, die meeste is 1,2m tot 1,4m met enkele stukke tot 2m.LoopSoosStroop wrote: Fri Nov 12, 2021 8:52 am Hoe lank is daardie stukke, en is die grein redelik reguit? Ek wonder of dit nie lekker hout sal wees vir 'n boog nie?
Boogbouers kan my kontak - ek het nie daaraan gedink nie.
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Nou as julle die bome so afkap, wat gaan die kindertjies se seiwurms dan nou eet?

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Moermy blare!!Andre308 wrote: Sat Nov 13, 2021 5:27 am Nou as julle die bome so afkap, wat gaan die kindertjies se seiwurms dan nou eet?![]()
![]()
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
André, gelukkig het die bome wat groot blare en moerbeie dra, swak hout, so daar is hoop vir die sywurms.Andre308 wrote: Sat Nov 13, 2021 5:27 am Nou as julle die bome so afkap, wat gaan die kindertjies se seiwurms dan nou eet?![]()
![]()
Die foto's hieronder is van die blare en vrugte van my moerbeiboom in Pretoria. Ek self het nog nie 'n ander boom gesien wat sulke groot blare het nie, of sulke groot en lekker moerbeie dra nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Hercules Louw on Sat Nov 13, 2021 12:59 pm, edited 1 time in total.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
My eerste poging met 'n moerbeihoutkolf was vir 'n ou Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer. Die geweer is nou meer as 100jaar oud en het oorspronklik aan my oupa behoort. Hy het blykbaar die kolf afgeslaan op 'n rooijakkals se kop, die jakkals was in 'n slagyster gevang. Die oorspronklike kolf is toe met koperdraad vasgedraai en dis hoe ek die haelgeweer as kind leer ken het. Ek het in die laat 80's vir die haelgeweer die kolf op die foto's hieronder gemaak.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Die foto's hieronder is van die moerbeihoutkolf op my 6.5-284. Ek het die kolf sommer 'n bietjie olie gegee voor ek die foto's geneem het, dit is waarom dit blink.
Die derde moerbeihoutkolf was op 'n 6mm-223, maar die geweer het ek so 2 jaar gelede verkoop en het ongelukkig geen foto's nie.
Die derde moerbeihoutkolf was op 'n 6mm-223, maar die geweer het ek so 2 jaar gelede verkoop en het ongelukkig geen foto's nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Hercules Louw on Sat Nov 13, 2021 1:27 pm, edited 1 time in total.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Moerbeihout vir geweerkolf?
Baie dankie vir die foto's. Dit lyk sommer goed!