Rem 700 extractor probleme
-
Boerklong
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Fri May 10, 2019 8:35 am
Rem 700 extractor probleme
Middag manne.
My rem 700 6.5 creed het nou besluit om nie meer doppe te extract nie. Als nagegaan soos ejector ens, en als is hunky dory. Bietjie op die internet gaan soek en dit wil my voorkom of dit n algemene probleem is. Die extractor lyk soos n springloaded plaatjie wat net in die slot kop in haak. Blykbaar kan n mens n sako tiepe extractor laat insit. Enige iemand al so n probleem ondervind en wat is die beste plan om van die probleem ontslae te raak?

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Rem 700 extractor probleme
Enige wapensmid wat sy sout werd is kan jou help om die oorspronklike een te herstel deur 'n nuwe kloutjie te installeer met 'n stywer veer.
'n Sako tipe uittrekker is 'n goeie opsie, maar deur minder warm ladings te skiet, sal voorkom dat die probleem weer manifesteer.

'n Sako tipe uittrekker is 'n goeie opsie, maar deur minder warm ladings te skiet, sal voorkom dat die probleem weer manifesteer.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Boerklong
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Fri May 10, 2019 8:35 am
Re: Rem 700 extractor probleme
Dankie Gawie. Het ook gedink dat druk miskien oorsaak kon wees maar daar is geen druk tekens op primers nie en die doppe kom glad uit maar hulle trek nie heeltemal uit nie en gaan lê dan bo op die magasyn (somtyds met die bek na my toe). Volgens die klagtes van die manne in die VSA is dit n redelike algemene probleem veral met die gewere wat se serial nommer met RR begin soos myne.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Rem 700 extractor probleme
Watter koeël en teen watter spoed skiet jy dit?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Boerklong
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Fri May 10, 2019 8:35 am
Re: Rem 700 extractor probleme
Naand Tripod. Skiet n108gr Scenar met 44gr S365 vir 3020fps.
-
Boerklong
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Fri May 10, 2019 8:35 am
Re: Rem 700 extractor probleme
Sako doppe en CCI 250 primers.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Rem 700 extractor probleme
Die dop trek dus uit die kamer uit, maar die uitwerper, daai pennetjie in die slotgesig, is te pap om die dop by die poort uit te werp.Boerklong wrote: Sun Oct 31, 2021 6:54 pm Dankie Gawie. Het ook gedink dat druk miskien oorsaak kon wees maar daar is geen druk tekens op primers nie en die doppe kom glad uit maar hulle trek nie heeltemal uit nie en gaan lê dan bo op die magasyn (somtyds met die bek na my toe). Volgens die klagtes van die manne in die VSA is dit n redelike algemene probleem veral met die gewere wat se serial nommer met RR begin soos myne.
Ek sou die slot uitmekaar haal en kyk of daar nie vuillis of ghries aanpaksel is wat die pen vertraag, aanwesig is nie.
Kragparafien is net die doepa of as jou moed jou begewe om die slot heeltemaal uitmekaar te haal kan jy Q20 of DW40 in daai gaatjie inspuit, dat die sop spat.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Boerklong
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Fri May 10, 2019 8:35 am
Re: Rem 700 extractor probleme
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Rem 700 extractor probleme
Daar is nie dalk roes in die kamer nie?
Groete
Groete
-
Boerklong
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Fri May 10, 2019 8:35 am
Re: Rem 700 extractor probleme
Naand Ralph.
Nee het n bore scope gebruik om te kyk en kon niks sien nie. Het vir veiligheid n stukkie scothbright gebruik en om n nylon borsel gedraai en die kamer versigtig daarmee skoon gemaak. Het toe normale skoon maak prosedure gebruik om seker te maak daar is geen stof ens in die kamer nie. Kan met sekerheid sê dat dit nie n probleem is nie.
Dankie vir die gedagte.
Groetnis.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8006
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Rem 700 extractor probleme
As ek reg lees, soos Gawie, is dit ejector probleme en nie extractor probleme nie aangesien jou dop wel uit die kamer getrek word maar dan nie uit die aksie gegooi word nie.
Die extractor is eenvoudig om te vervang en soos enige veer kan hy pap word. Die ejector se veer is ook nie te moeilik om te vervang indien dit die probleem is nie. Ek dink die Sako extractor is nice maar sou eerder iemand kry om 'n Howa extractor (M16 tipe) te installeer, wat veiliger is.
Volg eerste Gawie se raad maar jy kan sommer daai ejector bietjie indruk en kyk of hy maklik weer uitkom en of daar nie iets is wat hom vashou nie.
Die extractor is eenvoudig om te vervang en soos enige veer kan hy pap word. Die ejector se veer is ook nie te moeilik om te vervang indien dit die probleem is nie. Ek dink die Sako extractor is nice maar sou eerder iemand kry om 'n Howa extractor (M16 tipe) te installeer, wat veiliger is.
Volg eerste Gawie se raad maar jy kan sommer daai ejector bietjie indruk en kyk of hy maklik weer uitkom en of daar nie iets is wat hom vashou nie.
-
Boerklong
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Fri May 10, 2019 8:35 am
Re: Rem 700 extractor probleme
Dankie Arnold.
Was net so bietjie van die lug af met die eskom en munisipale loadshedding.
Was net so bietjie van die lug af met die eskom en munisipale loadshedding.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1369
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Rem 700 extractor probleme
Ja ek moet sê met die skietery word slotte maar vuil, en manne is geneig om net buite skoon te maak. Die Rem 700 se slot haal bitter maklik uitmekaar (met 'n skoenveter sommer) en maak maklik skoon ook.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8006
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Rem 700 extractor probleme
Jy gaan sukkel om die ejector met 'n skoenveter uit te haalToxxyc wrote: Tue Nov 02, 2021 10:40 am Ja ek moet sê met die skietery word slotte maar vuil, en manne is geneig om net buite skoon te maak. Die Rem 700 se slot haal bitter maklik uitmekaar (met 'n skoenveter sommer) en maak maklik skoon ook.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1369
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Rem 700 extractor probleme
Ja ek moet seker noem dis "field stripping", maar nogsteeds baie beter as net die "afvee met olielappie" wat meeste mense doen na 'n skietsessie.