Goeie dag almal,
My neef skiet n Sako .338 Lapua. Ek dink dit is n Hunter of iets van die aard, nie die TRG nie. Nou hy is n kort maer mannetjie en hy sukkel met die terug skop. Hy wil die geweer bietjie vebruik vir lang afstand skiet ook maar kry natuurlik nie sy skote gevolg nie want die geweer gooi hom van teiken af met elke skoot. Hy het nou al een van daai silencers met die brake op en oorweeg nou n recoil reducer. So sy vraag is of die Kwik tiepe of die met die spring en gewig beter werk? Of het iemand dalk n ander voorstel wat ook kan help?
Alle komentaar en insette sal wardeer word.
Dankie
Recoil reducers
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 398
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Recoil reducers
More, ek het 'n 450 Rigby waarvoor ek 'n kwikbuis ingesit het (en ek het 'n lood staaf onder die kwiukbuis ook ingesit), Ek reken hy sal beter 'recoil reduction' kry uit die knaldemper met die rem op.
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 481
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: Recoil reducers
Sal dit nie help om die kwikbuis of iets soortegelyks by te sit nie?
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 398
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Recoil reducers
As hy altwee wil/kan doen sal dit eerste prys wees. Ek het my lood stafie met 'n sukkie koper pyp as gietvorm gemaak met ou lood sinkers en 'n gasvlam so mens hoef nie enige 'high-tech' storie te laat maak nie, Ek kan nou nie kommentaar lewer oor wie se kwik buise die beste werk nie, die een wat Thor maak is wel maklik/lekker om te installeer.

