Goeie more
Tydens die afgelope paar jaar het ystervarke erg oorgeneem op 'n stuk waar dit dig bebos is.
Wat is die beste manier om ystervark nommers onder beheer te kry sonder:
1.) Dubbel kajuit bakkie met féleunings
2.) Ligte wat skerp genoeg is om aan die ander kant van die plaas te sien
Die sal nou op die familie plaas wees. Daar is gereeld 'n geweerlanger wat die ongediertes die deur wys, maar die ystervarke verniel nie die wild nommers nie, so die geweerlanger los bloot die ystervarke uit. En nee, ek betaal hom nie so ek kan nie vir hom beveel om die ystervarke ook te tem nie.
Ystervark Beheer
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Ystervark Beheer
Pm gestuur
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Ystervark Beheer
Ystervarke vang mens redelik maklik in n groterige hok. By my Pale is hulle redelik ligsku en vat dadelik die pad gate toe as die skietlig op n hulle val. Mielies werk goed asook pampoen vir lokaas. Bedags vang jy die tarentale en snags die ystervarke
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Ystervark Beheer
Vanghokke, Phostoxin Pille en n graaf… nie so lekker as om te skiet nie, maar die beste resultate
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Ystervark Beheer
Ek stem, vanghokke is baie effektief en hulle spaar jou baie ure se slaap tussen 01:00 en 04:00 die oggend wanneer die ystervarke die aktiefste is.BeesBreet wrote: Thu Sep 09, 2021 12:57 pm Vanghokke, Phostoxin Pille en n graaf… nie so lekker as om te skiet nie, maar die beste resultate
Sent from my iPhone using Tapatalk
Die hokke moet maar net goed bestuur word en die trapplaat gewig so gestel word dat hy nie die heeltyd muskejaatkatte, meerkatte, fisante en dies meer vang nie.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ystervark Beheer
Die vanghokke werk goed soos reeds genoem hierbo. Hier en daar het ek al 'n spesifieke penvark gekry wat nie in 'n hok in gaan nie dan moet jy maar ander plan maak.
Ek stel sommer met oorskiet pap, werk soos 'n bom. Hulle gaan sommer ook vanself in 'n hok in wat jy vir rooikat stel met vleis/maaiers
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Ek stel sommer met oorskiet pap, werk soos 'n bom. Hulle gaan sommer ook vanself in 'n hok in wat jy vir rooikat stel met vleis/maaiers
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Ystervark Beheer
Manne
Jy gaan varke met hokke vang maar as jy wil klaar kry met die probleem is daar net 1 oplossing. Sny spoor van die kwaaddoenplek tot by die gate waar hulle in die dag bly. Gooi Phostoxin in en gooi die gat toe.
Jy gaan varke met hokke vang maar as jy wil klaar kry met die probleem is daar net 1 oplossing. Sny spoor van die kwaaddoenplek tot by die gate waar hulle in die dag bly. Gooi Phostoxin in en gooi die gat toe.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Ystervark Beheer
Moet my asseblief nie pla met posts oor die gebruik van gif nie.
- Theunis Visser
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Wed Apr 22, 2020 10:40 am
Re: Ystervark Beheer
Middag
As jy besluit om van vanghokke gebruik te maak - Uie werk ook baie goed vir lokaas.
Groete
As jy besluit om van vanghokke gebruik te maak - Uie werk ook baie goed vir lokaas.
Groete
Boesmanland skaapboer.