Page 1 of 1

Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Mon Sep 06, 2021 10:56 am
by Klein Karoo
Goeie more manne, hoop dit gaan goed.

Kan julle asb voorstelle maak watter teleskope sal aan die volgende vereistes voldoen, teleskoop sal op n 20" 6.5CM gemonteer word.

Die teleskope sal aangewend word vir n kompakte stap jag geweer, dink hier Klein Karoo vlaktes asook Oos-Kaap berge en valleie.

Vereistes of dit wat vir my werk:

1.MRAD
2. FFP
3. Kruishaar wat nie te besig is nie
4. Zero stop
5. Lockable turrents (elevatio), daai wat jy optrek verstel en dan weer indruk
6. Illuminated reticle
7. Prysklas R20 000.00

Manne julle tyd word waardeur.

Blessings.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Mon Sep 06, 2021 12:02 pm
by Arnold
Kyk op 'n website soos www.optics-trade.eu wat jou help om daardie eienskappe te kies. As ek vinnig soek dan pas hierdie twee in jou vereistes

Vortex Strike Eagle
Delta Javelin

Dit gaan dan seker afhang van die reticle keuse en gewig van die teleskoop. Ek is seker daar is meer opsies en as jy dalk 'n vereiste prysgee raak die opsies natuurlik nog meer.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Mon Sep 06, 2021 1:03 pm
by Klein Karoo
Dankie Arnold, waardeur.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Wed Sep 15, 2021 11:14 pm
by dooierus
Hallo Klein Karoo, het jy toe 'n scope gekry wat jou gaan pas? Deel 'n bietjie as jy het!

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Thu Sep 16, 2021 7:34 am
by Toxxyc
Ek is nuuskierig - jy soek 'n eenvoudige kruishaar, maar FFP en MRAD is vereistes. Gewoonlik met MRAD en FFP (en die ander wat jy soek), sal jy iets soos 'n Christmas Tree reticle die beste kan gebruik, omdat jou kruishaar dieselfde bly soos jy vorder.

Ek moet sê ek was ook nie lus vir 'n besige kruishaar nie maar ek het toe maar 'n "besige" een gekoop vir 'n bargain hierso op Jaracal. As ek mik na 'n bok en die verstellings is gedoen gee ek nie regtig om oor die kruishaar nie, hy "verdwyn" tot ek vir hom soek en ek fokus net op die center dot.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Thu Sep 16, 2021 9:29 pm
by Wingnut
Goeie naand,
Ek myself het nie een nie, maar lig en kompak. Dink Leupold lrp met Tmr reticle dalk 'n solid opsie.
Groete

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Thu Sep 16, 2021 9:35 pm
by JohanvB
Vortex Strike Eagle 5-25x56..pel het een.. Hy loop soos tyre en tjoep!

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Sat Sep 18, 2021 5:34 am
by Pinkes
Javelin bo SE verseker.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Sat Sep 18, 2021 6:27 am
by Ammion
Pinkes wrote: Sat Sep 18, 2021 5:34 am Javelin bo SE verseker.
Stem saam, het ook ‘n Javelin - baie goeie scope vir die prys.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Sat Sep 18, 2021 7:08 am
by LUAN
Wingnut wrote:Goeie naand,
Ek myself het nie een nie, maar lig en kompak. Dink Leupold lrp met Tmr reticle dalk 'n solid opsie.
Groete
Daai lrp is nie so kompak sy turret steek hoog uit

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Sat Sep 18, 2021 7:30 am
by Arnold
Element Helix en Titan kan dalk ook aan jou vereistes voldoen ek weet net nie of hulle lockable turrets het nie.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Thu Oct 14, 2021 9:32 pm
by Wingnut
LUAN wrote: Sat Sep 18, 2021 7:08 am
Wingnut wrote:Goeie naand,
Ek myself het nie een nie, maar lig en kompak. Dink Leupold lrp met Tmr reticle dalk 'n solid opsie.
Groete
Daai lrp is nie so kompak sy turret steek hoog uit
Gewig gewys??
Plaas hom langs die res.
Maat top turret is hoog.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Fri Oct 15, 2021 9:45 am
by pwdejager
Ek het die Leupold LRP. Great scope met nie 'n besige reticle nie (TMR reticle). MAAR die turrets is nie lockable nie (pla nie regtig nie) en die turrets is groot of "hoog" (dit pla my in die jagveld - loop jag).

Vir my nuwe jaggeweer (Sauer 243Win) gaan ek die Vortex Strike Eagle opsit. Hoofsaaklik omrede sy turrets "lae" turrets is.

Soos voorheen genoem, die "besige" reticle pla my ook nie, kom nie eers agter nie.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Fri Oct 15, 2021 10:32 pm
by Jandre steenkamp
Halo

Hier is 2 scopes wat ek beskikbaar het. Ek koop en verkoop so latweet as iets jou dalk kan pas. Ek weet hule voldoen nie aan al die vereistes nie. Maar dalk sien jy kans vir een.

Lynx LX3 5-30x56 Competition teleskoop..
Illuminated reticle
Zero stop
SFP
34mm Sus Tac ringe ingesluit..
R17000

Vortex Viper PST 6-24×50 EBR-1
Illuminated reticle
FFP
R15000

Altwee scopes baie baie mooi op gepas en spotless.
Geen merkies of krap merke..

Kan my whatsapp of kontak op vir meer fotos
0845641614

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Sun Oct 17, 2021 7:57 am
by Gerhardu
Kyk ook na die Arken scope.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Sun Oct 17, 2021 8:10 am
by Gerhardu
Arnold wrote: Mon Sep 06, 2021 12:02 pm Kyk op 'n website soos www.optics-trade.eu wat jou help om daardie eienskappe te kies. As ek vinnig soek dan pas hierdie twee in jou vereistes

Vortex Strike Eagle
Delta Javelin

Dit gaan dan seker afhang van die reticle keuse en gewig van die teleskoop. Ek is seker daar is meer opsies en as jy dalk 'n vereiste prysgee raak die opsies natuurlik nog meer.
Kan n mens met goeie gemoedsrus by optics-trade n scope koop?

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Sun Oct 17, 2021 9:40 am
by Christo
Gerhardu wrote: Sun Oct 17, 2021 7:57 am Kyk ook na die Arken scope.
Ek het gister een afgelewer gekry. Dink hy gaan puik werk vir my doel. Hy mag dalk swaar wees maar sy glas is uitstekend en hy het al die features wat jy soek. Kyk gerus na hom voor jy besluit.

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Sun Oct 17, 2021 2:25 pm
by Gerhardu
Ek gaan verseker Christo. Dankie.

Sent from my SM-G998B using Tapatalk

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Mon Oct 18, 2021 6:04 pm
by 470rigby
++>: Skiet iemand nog met 'n K4 Weaver?

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Thu Dec 16, 2021 8:01 am
by ettiene.xtremetr
Christo wrote:
Gerhardu wrote: Sun Oct 17, 2021 7:57 am Kyk ook na die Arken scope.
Ek het gister een afgelewer gekry. Dink hy gaan puik werk vir my doel. Hy mag dalk swaar wees maar sy glas is uitstekend en hy het al die features wat jy soek. Kyk gerus na hom voor jy besluit.
Hi. Net hoor, hoe het jy arken hier in SA gekry

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk

Re: Teleskoop met die volgende vereistes:

Posted: Thu Dec 16, 2021 8:22 am
by Christo
ettiene.xtremetr wrote: Thu Dec 16, 2021 8:01 am
Christo wrote:
Gerhardu wrote: Sun Oct 17, 2021 7:57 am Kyk ook na die Arken scope.
Ek het gister een afgelewer gekry. Dink hy gaan puik werk vir my doel. Hy mag dalk swaar wees maar sy glas is uitstekend en hy het al die features wat jy soek. Kyk gerus na hom voor jy besluit.
Hi. Net hoor, hoe het jy arken hier in SA gekry

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Bel die verskaffer hier in SA. Anton Prinsloo 0825695242