GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post Reply
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Ds J »

Goeienaand Jaracal, help tog maar so n bietjie asb?!

Hoe lank of kort kan n geweerkolf wees? En wat is die doel met n sekere lengte - het dit te doen met oogspasiëring, of met die lengte van die skut, of hoe?

Agtergrond: ek maak gedagtes bymekaar vir n 303 bakkiegeweer, gebaseer op n 1915 SMLE.
Die geweer moet ongeveer 95cm lengte hê om gemaklik hanteerbaar te wees in my bakkie. Met n 40cm loop en n 12cm knaldemper is die totale lengte alreeds 70cm tot aan die agterkant van die aksie. Dit laat my met 25cm vir n kolf! (Die bestaande kolf op n 303 is 32cm lank.)

Ek wil graag n reguit kolf opsit. Sal dit kan werk as ek die beginsel van n "scout rifle" gebruik en die teleskoop/RDS vorentoe monteer? Of gaan ek letterlik met n blou oog sit na die eerste skoot as my gesig te na aan die aksie lê?

Waaraan moet ek nog dink?
User avatar
Vloot
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sun Feb 10, 2013 1:20 am

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Vloot »

Ds J wrote:Goeienaand Jaracal, help tog maar so n bietjie asb?!

Ds J,

Daar is opvoukolwe beskikbaar vir Enfield smle.

Dalk is dit n opsie seker afhanged van die doel van die setup.

Het self so setup maar is deesdae n bosvark geweer sonder opvoukolf.

Toevallig ook n 1915.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Doen wat jy kan met wat jy het, waar jy is.
Die Wat WEN: Doen die regte goed, reg.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Ds J »

Vloot wrote: Mon Jun 21, 2021 6:28 am

Goeiemôre Vloot,

Baie dankie. Ja, ek is bewus van die opvoukolwe; ek sal egter verkies om my eie houtkolf vir die ou roer te maak. Iets soos hierdie boer in my gedagtes:
303 duimgat.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Vloot
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sun Feb 10, 2013 1:20 am

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Vloot »

Ds J
Dan is n ander opsie dalk om die silencer aftewissel met n tromprem om by die ideale lengte uit tekom. En die silencer optesit wanneer nodig.

Ek hou die met belangstelling dop.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Doen wat jy kan met wat jy het, waar jy is.
Die Wat WEN: Doen die regte goed, reg.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Wouter Roets »

More Jaap

Hoop dinge gaan goed daar by julle. As jy vas is met die totale lengte, is my opinie dat jy nie moet peuter met jou natuurlike length of pull van jou kolf nie. Daar is n baie goeie rede hoekom dit n sekere mate moet wees vir jou spesifiek want n mens skiet eenvoudig net sleg as dit korter is vanwee die feit dat jy in n totale ongemaklike of beter gestel jou liggaam in n onnatuurlike posisie verkeer as jy skiet. Vat bietjie n kind se speel geweer en kyk hoe dit voel as jy hom teen jou skouer druk. Niks voel reg nie en dit vat heelwat tyd om relatief gemaklik te word en met n bakkie geweer wat n mens vinnig en gemaklik mee wil skiet dink ek n mens defeat die hele purpose van die oefening vir die geweer. So in kort dink ek n opvou of uitskuif kolf soos met die AR's is jou enigste opsie.

Groetnis
Wouter
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by F.L.A.S.H »

DS J

Ek het nou net gou my bakkie geweer gemeet en hy is in totaal 108cm

Dit is n 18duim loop, reflex wareior, mauser aksie en gewone kolf

Ek kan vir jou eerlik se ek het nog nie eenkeer gewens hy was korter nie.
Hy pas baie mooi lang my in op drywer se kant of le maklik op ander kant.

As jy fotos wil he hoe hy lyk en hoe hy in Bakkie pas kan jy my n WhatsApp stuur na o72 2o5 drie816

Jammer ek het nie plan vir kolf anders as opvou nie

Groete
Dave
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by tripodmvr »

Flash het nou gekom met dit wat ek wou noem. Refleks knaldemper wat dan goed die lengte sal beperk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by RabieL »

N laaste opsie maar dalk nie altyd so maklik om te implementeer in die praktyk nie, is om te gaan kyk na die bullpup beginsel. Die geweer word letterlik terug gemonteer in die kolf en die sneller as sulks met n verlenging na voor geskuif. Ek weet daar is van die manne wat dit al suksesvol kon doen, maar hoe prakties dit op n Lee Enfield gaan wees weet ek nie.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Ds J »

Naand Mense,
Baie dankie vir die gedagtes. Daar is gelukkig darem nog baie tyd; ek hoef dus nie haastig te raak nie.

Die bullpup-beginsel is regtig aantreklik, juis omdat dit die looplengte spaar. Ek het al ernstig daarna gekyk, dit lyk egter of n mens n ingeneursgraad nodig het vir die sneller. Dr Google en Mev Youtube ken n man wat n inlyn-aksie uitgedink het wat bo-oor die slot pas. Dit is basies n skuins gleuf in n pyp,en as n mens die pyp skuif, roteer hy die slot volledig tot bo en skuif saam met hom terug.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Ds J »

Wouter Roets wrote: Mon Jun 21, 2021 11:28 am As jy vas is met die totale lengte, is my opinie dat jy nie moet peuter met jou natuurlike length of pull van jou kolf nie. Daar is n baie goeie rede hoekom dit n sekere mate moet wees vir jou spesifiek want n mens skiet eenvoudig net sleg as dit korter is vanwee die feit dat jy in n totale ongemaklike of beter gestel jou liggaam in n onnatuurlike posisie verkeer as jy skiet. ... So in kort dink ek n opvou of uitskuif kolf soos met die AR's is jou enigste opsie.

Groetnis
Wouter
Dit is juis waarom ek die vraag vra: as die lengte van die kolf se hoofdoel is om my oog en die visier of teleskoop reg op te lyn, dan bepaal die kolf die verhouding tussen die oog en die visier. As n mens dan die teleskoop of visier vorentoe skuif (soos met n scout), dan is die langer kolf tog nie nodig nie. As voorbeeld: my .22 is 97cm lank, met +-14" loop en 5" knaldemper. Die teleskoop is so gemonteer dat ek hom optel en skiet, al is my hande in n ander posisie.

As daar n ander rede is waarom die kolf n sekere lengte moet wees, sal ek dit graag wil verstaan.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Gian_dP »

Treklengte(length of pull) van kolf bepaal primer die afstand van skouer na sneller. Dit bepaal die verhouding tussen skouer, sneller, skiethand en gesig op die wangstuk van die kolf.

As dit te lank is, sukkel jy om geweer vinnig in skouer te kry. Te kort, is jou hand en gesig te naby aan mekaar en kan kontak maak met terugskop.( of met teleskoop!)

Om "long eye relief" teleskoop verder vorentoe te monteer help dat jy nie lid van die halfmaan klub word nie, maar te kort kolf bevorder nie vinnig en akkuraat skiet nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Wouter Roets »

Jaap

Dit is soos Gian se n kolf wat te kort is beinvloed n mens se akkuraatheid en spoed waarmee jy skiet geweldig. Daar is n baie goeie rede hoekom n kolf n sekere lengte is wat niks te doen het met kop/oogposisie nie en absoluut gebasseer is op n mens se anatomie. Deur die jare het ons nou mooi uitgefigure waar jou hand in verhouding met jou skouer moet sit om die mees stabielle platvorm te skep vir akkuraad skiet. Ek se nie n mens kan nie aanpas nie, maar dit gaan baie oefening verg en kan heel moontlik jou skietvernuf beinvloed met jou normale gewere. n Bakkie geweer moet jy instinktief skiet vanwee die tydsfaktor wat baie keer betrokke is en ek persoonlik sal met n geweer wil werk wat dit so maklik as moontlik maak.

Groetnis
Wouter
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: GEWEERKOLF: hoe werk dit eintlik?

Post by Ds J »

In die geval moet ek dan óf die 303 se kolf net so los en n RDS of ghostring opsit, of ten minste die saak verbeter en n kolf met my eie treklengte maak. Baie dankie!

Dit bring my by die volgende vraag: hoe gemaklik werk n duimgatkolf vir alledaagse gebruik?
Ek het een keer met een geskiet en dit was n plesier. Kan hy vinnig aanlê, of wat het julle beleef?
Post Reply