Die Mod 80 aksie is glo Musgrave se weergawe van 'n pushfeed Winchester mod 70.
Ek hoop julle kan my help met iets wat pla. Ek vind met die kamer van 'n rondte maak die slot moeilik toe. Maar as die toe slot met dieselfde rondte weer gewerk word verloop dit seepglad. Sodra dieselfde rondte uit die kamer gehaal word en weer gevoer word, is die grendel weer stram om toe te maak.
Die grendel aksie het 'n claw extractor en 'n push feed ejector.
Ek vat maar ook 'n kans en hoop iemand kan ook help met 'n handleiding vir die Musgrave Mod. 80 asb.
PS, die geweer is in puik kondisie, hy het bitter min gewerk en is dus soos nuut.
Musgrave Mod. 80 vrae
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Musgrave Mod. 80 vrae
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Musgrave Mod. 80 vrae
Is jou doppe nie die probleem nie. Of te lank, skouers nie vêr genoeg terug of dalk beskadig. Maak ook seker die kamer is mooi skoon en dat daar nie dalk 'n koolstofring voor is nie. As jy kan, loer met 'n "bore scope" na die kamer.
Indien jy nog sukkel moet jy liefs 'n geweersmid nader.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Musgrave Mod. 80 vrae
Dankie Marius
Die doppe was ook my eerste vermoede, aangesien my matryse opgestel is volgens GSC metode vir my Howa, maar ek vind dieselfde met PMP rakpatrone wat rondle. Ek sal die kamer bekyk ens koonmaak.
Ek het wel nou net gelees die post'64 Winchester mod 70 moet liefs uit die magasyn gelaai word juis oor die weerstand van dit verg om die uittrekker klou oor die dop te stoot. Ek sal vanmiddag mooi gaan kyk wat aangaan.