Koedoe jag advies
- Koggelbeer
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Mon Feb 02, 2015 3:31 pm
Koedoe jag advies
More almal
Ons gaan volgende week weer in Pongola jag vir die week . Ons gaan hoofsaaklil vir koedoe en dan watokal ons nog raak loop hehe.
Ek het nog nie my eerste koedoe gekry nie.
So enige raad/advies sal waardeur word.
Vroeg oggend en laat middag? Of hoe
Dankie
Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Koedoe jag advies
Stap tien treë stadig, saggies en versigtig TEEN DIE WIND.
Staan stil vir tien sekondes.
Herhaal.
As dit heldermaan is, vreet hulle in die nag, dan is dit moeilik om hulle bedags te kry.
Staan stil vir tien sekondes.
Herhaal.
As dit heldermaan is, vreet hulle in die nag, dan is dit moeilik om hulle bedags te kry.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Koedoe jag advies
Groot Koedoe bulle word vir jou gegee!
Maar met jag is daar altyd geluk maar hoe harder jy werk hoe beter kans het jy. Wind is baie belangrik en stadig jag die bulle sal seker nou begin meer rondloop vir koeie so dit is goeie tyd want hulle het net een ding op die brein.

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Koedoe jag advies
1. Loop stadig en sag;
2. Sit of staan baie en kyk mooi rond. Tensy die koedoe beweeg of 'n oor beweeg, gaan jy hom nie maklik sien nie en sal jy teen hom verbyloop;
3. As jy koeie of verse sien, staan stil en kyk baie mooi in die bosse om hulle rond. 'n Verkyker gaan baie help, selfs in digte bos, om "deur" die bos te kyk vir beweging;
4. Pasop vir bokkoors as jy 'n mooi bul sien. Raak eers rustig en beplan wat jy gaan doen en hoe jy dit gaan doen;
5.Geniet dit en leer uit elke keer uit;
6. Kom vertel na die jag hoe dit afgeloop het!

Aim small, miss small
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Koedoe jag advies
Mnr Koggelbeer
Pongola se wereld is baie bergagtig so ek sal voorstel dat jy vroegoggend die hange wat son kry mooi deur kyk met n verkyker. Soos reeds gese as jy n koei gewaar wees geduldig want die kaans is goed dat n bul wel sy opwagting sal maak. Beplan dan van daar jou volgende stap. Wind is verseker belangrik, maar klank en beweging gee jou net so maklik weg. Praat ook met die volk aangesien koedoes net soos baie ander diere ook maar hulle voorkeur gebiede en bewegings patrone het. Verder kan ek nie genoeg benadruk dat jou geduld ten volle getoets gaan word nie, so veg maar daai stemmetjie wat jou aanpor om dinge vinniger te doen. Daai kenmerkende blaf wat deur die klowe weergalm gepaardgaande met die geluid van los klippe wat oor mekaar spat sal dan al beloning wees vir die tyd wat jy ingesit het.
Groetnis en geniet die verslawende jag
Wouter

- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Koedoe jag advies
Stadig beweeg waar die kudu's hul bevind, (500m na 1km per uur) veral as die bos ruig is. Geen of so min lawaai as moontlik (kaalvoet en net onderbroek aan). Hou die wind baie goed dop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 762
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Koedoe jag advies
Waar skiet jy n groot koedoe bul?
In die pad
Sterkte en geniet die jag
In die pad
Sterkte en geniet die jag
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Koedoe jag advies
Teen sononder of vroegaand kom hulle water drink. Die bulle kom laaste uit!
As jy my nou saam genooi het, het jy eerstehandse ondervinding opgedoen!
As jy my nou saam genooi het, het jy eerstehandse ondervinding opgedoen!
- Vloot
- Newbie

- Posts: 36
- Joined: Sun Feb 10, 2013 1:20 am
Re: Koedoe jag advies
Verseker!Witpietskiet wrote:Waar skiet jy n groot koedoe bul?
In die pad
Sterkte en geniet die jag
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Doen wat jy kan met wat jy het, waar jy is.
Die Wat WEN: Doen die regte goed, reg.
Die Wat WEN: Doen die regte goed, reg.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Koedoe jag advies
Alles wat die ouens hier bo genoem het plus 'n blikkie bully beef. Mens raak honger van al die geduld en stadig loop.
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Koedoe jag advies
Dag Koggelbeer
Al die raad hierbo is baie waar.
Die tipe terrein waarin jy jag sal jou strategie bepaal.
In bergagtige terrein gaan dit weliswaar makliker. Gebruik die hoëgrond en jou verkyker. Die sonkant van n rant of koppie is baie belangrik vroegoggend soos hierbo gesê. In die laat namiddag is koedoes geneig om van die hoëgrond af te beweeg na die vlak en oopkolle toe.
In plat boswêreld kan ek net sê die handvol bulle wat ek al daar geskiet het was blote toeval/geluk.
Al die raad hierbo is baie waar.
Die tipe terrein waarin jy jag sal jou strategie bepaal.
In bergagtige terrein gaan dit weliswaar makliker. Gebruik die hoëgrond en jou verkyker. Die sonkant van n rant of koppie is baie belangrik vroegoggend soos hierbo gesê. In die laat namiddag is koedoes geneig om van die hoëgrond af te beweeg na die vlak en oopkolle toe.
In plat boswêreld kan ek net sê die handvol bulle wat ek al daar geskiet het was blote toeval/geluk.
- Koggelbeer
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Mon Feb 02, 2015 3:31 pm
Re: Koedoe jag advies
Baie dankie vir almal se advies
Ek gee terug voer as ek terug kom, hopelik met my koedoe
Sent from my SM-A705FN using Tapatalk
Ek gee terug voer as ek terug kom, hopelik met my koedoe
Sent from my SM-A705FN using Tapatalk
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Koedoe jag advies
Moenie vergeet om jou geweer saam te neem nie!!Koggelbeer wrote: Thu Apr 22, 2021 2:45 pm Baie dankie vir almal se advies
Ek gee terug voer as ek terug kom, hopelik met my koedoe
Sent from my SM-A705FN using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Koedoe jag advies
En maak seker die slot is in. !!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Koedoe jag advies
Daardie het ek al n paar keer op die skietbaan gesien, man maak geweer skoon, kom by die skietbaan en die slot lê nog op die werkstafel!
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Koedoe jag advies
Geduld betaal altyd. As jy n Kudu in n bos sien stap en hy het jou dalk gewaar of nie wag maar, lank en geduldig, al is dit 30 minute, dan sal hy uitkom op sy tyd of as hy voel dit is velig. Het al n paar goue geleenthede verspeel deur oorhaastigheid en te veel stories van ander gehoor dat as hulle begin aanstap te vinnig, dan begin Kudu uit bos hardloop.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Koedoe jag advies
Ek het gevind dit is belangrik om vol camos aan te he agter op die cruiser
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Koedoe jag advies
En aftershave wat soos lemoen ruik...Capt. Oblivious wrote:Ek het gevind dit is belangrik om vol camos aan te he agter op die cruiser
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Koedoe jag advies
Maar net my ondervinding ivm beweging: Diere beweeg "stadig" terwyl hulle loop,Zuku wrote: Sat Apr 24, 2021 11:51 am Geduld betaal altyd. As jy n Kudu in n bos sien stap en hy het jou dalk gewaar of nie wag maar, lank en geduldig, al is dit 30 minute, dan sal hy uitkom op sy tyd of as hy voel dit is velig. Het al n paar goue geleenthede verspeel deur oorhaastigheid en te veel stories van ander gehoor dat as hulle begin aanstap te vinnig, dan begin Kudu uit bos hardloop.
wei, ens. n Mens se gewone stap spoed is in verhouding met diere se bewegings, vinnig. Jy beweeg ook anders as diere. Jou lyf, arms, bene ens.
Enige vinnige beweging trek diere se aandag en maak dat hulle op hulle hoede is. n Ou boesman het eenkeer vertel dat as jy gewoonweg stap, die lengte van n mens se tree n geluid maak wat diere as gevaar ervaar.
Ek het ook darem al ondervind dat ek normaalweg stap en dat ek op bokke afkom wat onbewus was van my. Miskien was die wind en ander faktore met geluk in my guns.
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Koedoe jag advies
Die flits van n blink geweerloop, teleskooplense, brillense en ander blinkgoed aan jou klere waarsku wild ook baie vêr.
Dis hoekom daai troppie koedoes partykeer laat spaander al was jy nog baie vêr, die wind was reg en jy het nie n geluid gemaak nie.
Dis hoekom daai troppie koedoes partykeer laat spaander al was jy nog baie vêr, die wind was reg en jy het nie n geluid gemaak nie.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Koedoe jag advies
Knipmes, uitstekend en met eenvoudige praktiese begrip gestel. Tweebeen dier klink opmerklik anders as vierbeen dier, verseker.
Jankraay en Oblivouis se raad is weereens die skerpste of is dit nou die beste?
Old Spice sal die ding doen.
Beste.
Jankraay en Oblivouis se raad is weereens die skerpste of is dit nou die beste?
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 