Het al vir ewig issues met my mossie gehad. Die naweek met n man geprt wat selfde issues het.
Oom Marius (tripod) het my op n forum gestuur waar die aksie skoewe se skroefdraaf te kort is, dus kan aksie skroef nie genoeg indraai nie. Huidig staan ons op 2 en 3/4 draaie voor aksie skroef teen die loop se skroef draad druk.
Inteendeel kan jul op fotos sien hoe die skroefdraad al beskadig is van te min vleis op kolf waar over tightening plaasgevind het.
Maklikste oplossing is om n waster onder kolf te plaas wat die aksie skroef.
Soos jul kan sien is AL die moontlikste werk aan kolf gedoen. Aksie is gebed, magesyn/aksie plaat is gebed binne kolf, voorend van kolf is meer rigid gemaak met staal staaf in ribs asook n plat alluminium strip gebed in plek. Natuurlik is die enigste ander ding om pillars in te sit.
Bases is uitgeruil vir picatinny rail (ook gebed) en natuurlik is die kroon gesny dus gaan hy sekerlik nou beter skiet (ek hoop).
Nou net n 9rdentlike lading ontwikkeling met Riflex dan hopelik sal die stuef kind weer na voor in die kluis kan skuif.
Gedink ek sou die aksie en loop skroefdraad kwessie deel om jul te vra hoe algemeen dit is. Hoeveel aksie skroefdraad moet daar wees en natuurlik of dit eintlik n flaw is in die Mossberg.
Is n waster enigste oplossing en of sal dit n akkuraatheids verbetering inhou?








Sent from my LYA-L09 using Tapatalk

