Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek lees al die lekker stories en is nou sommer jeukerig om jakke en katte te begin plat trek.
Waar begin ek?
Kursusse?
Of moet ek probeer saam met 'n gesoute man te gaan jag?
Ek is woonagtig in die Oos Rand en werksaam in Secunda. Ek noem maar nie my tuisdorp nie want ek sien die manne spot met Brakpan OEPS
Is daar dalk iemand in hierdie omgewing wat kursusse aanbied of kan help
Ek is baie bly jy beplan om op die regte manier te begin. Om net weg te spring en te probeer jakkals roep en skiet leer jy niks en die jakkalse sommer baaaaie. My raad sal wees om eers paar keer saam met iemand te probeer uitgaan en kyk of dit vir jou is, daarna sal ek n kursus aanbeveel, weet nie waneer daar weer een naby jou is nie, Safari het einde laas jaar vir Jacques daar gehad. Begin sommer eerste op die forum sal ek se lees soveel jy kan omtrent toerusting en tegnieke, veral Taffie se tips en vrae is baie breedvoerig.
Sterkte.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Ian,
Secunda, Balfour, Devon, Leandra, Bethal en Charl Cilliers is areas waar ek gereeld jag, jy's welkom om saam met my te kom.
Kontak my gerus op nul-82-vyf-354100 of vanniekerk dot eugene @ yahoo.com
Ek moet ook se ek sal graag wil sien hou julle pro's dit doen en wat dit alles behels. Ek is in Roodepoort (JHB) omgewing. As daar iemand is wat hier rond jag en nie omgee om 'n newbie touwys te maak nie, sal ek dit nogals waardeer.
Ek is hier in Potch,dit is seker ook darem nie te ver van jou nie. soos Peet ook gese het kry jy n plaas met probleme en ek sal jou ook uitvat. Ek het nou vir Altapj op die forum gehelp en paar keer uitgevat. Die man het toe die kursus by Safari gaan doen en nou is hy gehook.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Jy kan maar vir Geno enige tyd bel as hy nie jakkalse jag nie jag hy Beretta se dogter maar dis al so tussen die jakkalse en Beretta sal hulle nie kla as jy pla nie
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
ek is bly om te sien ons manne wat lief is vir die 300H&H raak almeer op die forum. ej sal jou n foto stuur van n jak wat voor Blok se 300H&H geswig het.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Ja nee die beste kaliber wat ek nog ooit geskiet het
My huidige 300H&H is my tweede nadat ek my hartsgeweer moes verkoop toe die kinders kom en geld skaars was. Daardie geweer was ek baie lief voor en my voorletters en geboorte datum was die geweer nommer IM680709
Het my eerste Gemsbok en Koedoe met hom platgetrek.
Wonder baie waar die ou roer in die wereld is.
Ek het al vergeet van dat jy n foto van daai jakkals geneem het Was seker een van die lekkerste skote van die naweek en ons het mos al drie daai hond sien kom sonder dat ons dit weet. Sal nooit ons twee se straf doppe na die tyd vergeet nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"