Dankie Tripod, nog een van jou goeie plasings.
Dat almal BC BC BC mal is, is so. Alles is relatief .... beoogde afstand hierdie geval.
Ons het een probleem. Met die dat vervaardigers ook in die rigting hardloop, produksielyne vaartbelyn maak volgens mark volume behoefte, beperk dit gewone jagpunte se redelike beskikbaarheid, verskeidenheid o.a ook weens beperkte rakspasie.
Wanneer ek my ammo boksie met Partitions oopmaak, kyk niemand eers links nie,( en wat is nou veel beter as hulle!) maak net jou poli ammo oop, veral by jonger manne, dan hoor jy, jissie oom, wat is dit! Nou ja, dit was enkele jare gelede, nou nie meer snaaks nie. Tog word daar steeds na die groen rooi oranje swart punte gestaar, in stilte. Onderkant die kleurpunte is ‘n reuse bootstert, vir ‘duck a dive’. Kyk ook na Sierra se nuwe reeks.
Koppel die ontwikkeling van teleskope laaste paar jaar hieraan, dit is net VER skiet en BC.
As dit so aangaan, gaan gewone platbasis patrone/koeëlpunte vir 0-300m jag of skaars of duur raak. Die volume ekonomie van skaal in vervaardiging eenheidkoste dikteer dit. Voorbeeld, Hornady Interbond 165gr Desember @ R 1200.00, nou R 1929.00! Gewone platbasis en bootsterte gaan nie meer so ‘trendy’ wees nie. Dalk is ons reeds daar? Was Berger 6mm 88gr ‘FB high BC’ ‘n sukses by ons? Volgens my nee. Manne soek die stert!
Ons jag binnekort met Chinese loodpunte/bonds
Beste.