Die rol van BC met die keuse van koeëls

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Die rol van BC met die keuse van koeëls

Post by tripodmvr »

[youtube]https://youtu.be/0ZyUrUD69s4[/youtube]
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Die rol van BC met die keuse van koeëls

Post by Lategan1 »

Dankie Tripod, nog een van jou goeie plasings.

Dat almal BC BC BC mal is, is so. Alles is relatief .... beoogde afstand hierdie geval.

Ons het een probleem. Met die dat vervaardigers ook in die rigting hardloop, produksielyne vaartbelyn maak volgens mark volume behoefte, beperk dit gewone jagpunte se redelike beskikbaarheid, verskeidenheid o.a ook weens beperkte rakspasie.

Wanneer ek my ammo boksie met Partitions oopmaak, kyk niemand eers links nie,( en wat is nou veel beter as hulle!) maak net jou poli ammo oop, veral by jonger manne, dan hoor jy, jissie oom, wat is dit! Nou ja, dit was enkele jare gelede, nou nie meer snaaks nie. Tog word daar steeds na die groen rooi oranje swart punte gestaar, in stilte. Onderkant die kleurpunte is ‘n reuse bootstert, vir ‘duck a dive’. Kyk ook na Sierra se nuwe reeks.

Koppel die ontwikkeling van teleskope laaste paar jaar hieraan, dit is net VER skiet en BC.

As dit so aangaan, gaan gewone platbasis patrone/koeëlpunte vir 0-300m jag of skaars of duur raak. Die volume ekonomie van skaal in vervaardiging eenheidkoste dikteer dit. Voorbeeld, Hornady Interbond 165gr Desember @ R 1200.00, nou R 1929.00! Gewone platbasis en bootsterte gaan nie meer so ‘trendy’ wees nie. Dalk is ons reeds daar? Was Berger 6mm 88gr ‘FB high BC’ ‘n sukses by ons? Volgens my nee. Manne soek die stert!

Ons jag binnekort met Chinese loodpunte/bonds :police:

Beste.
Last edited by Lategan1 on Mon Feb 01, 2021 12:01 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Die rol van BC met die keuse van koeëls

Post by Toxxyc »

Ek dink almal jaag die "high BC" koele omdat hulle een projektiel soek waarmee hulle kan bosveld jag, verder jag en op die baan kan speel. Om ladings en rondtes te ruil elke keer as jy baan/veld toe gaan is moeilik, veral omdat jy BAIE meer tyd op die baan spandeer agter die geweer, as in die jagveld agter die geweer. Ek skiet seker 150 rondtes op die baan vir elke een wat ek in die veld skiet, en ek het nie 'n "long range" geweer om mee te speel nie.

So nou speel ek met my jaggeweer. Daarom koop ek nie 'n round nose flat base bullet om mee te speel nie, maar ek kies die skerppunt boattail bonded waarmee ek darem nog redelik lekker kan speel tot op so 800m. Dis maar al.

PS: Ek is nou besig om die ding te ruil. Ek gaan nogsteeds jag met die SP/BT koele want ek het hulle en hulle skiet nou goed, maar my baanpunte gaan ruil. Ek sal net moet inskiet en seker maak ek is op die teiken elke keer voor ek gaan jag. Dis maar al.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Die rol van BC met die keuse van koeëls

Post by Capt. Yoda »

Ek kan nie dink ek het al ooit langs n vuur met een van my skiet of jag maats gestaan en praat oor BC vir n bosveld koel nie maar hoekom sal ek nie die beste koel vir die doel wil koop as ek bq verder gaan skiet nie. Selfs op 350m as jy na n klein tyken soos n kop skiet help elke bq as die wind lastig begin word. Ek skiet 1 koel in elk van my gewere of ek met hom staal op 1200m gaan skiet of n Koedoe in Vaalwater en behalwe vir een kaiber wat ek regtig nie gaan gebruik vir ver skiet nie is die res almal van die "beter BC" koels.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply