Vervalde Lisensie
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Vervalde Lisensie
Mense, my vrou se handwapen lisensie het verval. Vir een of ander rede het ons nie aandag daaraan gegee nie.
Die handwapen was baie min gebruik, haar oupa het dit aan haar gegee maar ons wil hom nie regtig hê nie.
Is hulle van enige waarde? Llama .32. Hy is baie oud en ons is eintlik opsoek na iets nuut.
Wat sal die beste opsie wees om die wapen van haar naam af te kry?

Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Vervalde Lisensie
Handig in by die SAPD en voltooi die toepaslike dokumentasie.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Vervalde Lisensie
Maak net vinnig. Die amnestie is net geldig tot 31 Januarie 2021.
Indien die wapen voor verstryking van die amnestie ingehandig word, is daar geen nagevolge nie. Die wapen is waarskynlik bitter min werd, maar sy sal dit in elk geval nie nou kan verkoop nie.

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2944
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Vervalde Lisensie
Soos gesê hieronder.
Ek kan net verdere kommentaar lewer as volg, sonder om te gaan kyk of weet hoe lyk die .32 wat julle het.
Waar die .22 se waarde deur die jare as onvoldoende deur baie afgemaak is vir selfverdediging/afskrikmiddel, die 9mm pistole en .38 rewolwers weer effe te hardegat is vir die vrou wat nie ‘n toegewyde skut wil wees nie, as volg. Die .32 rewolwer is baie onderskat en vlgs my goeie opsie as dame vuurwapen, ons praat nou van die snotkop kortloop weergawe. Hy is maklik hanteerbaar op die skietbaan. Dit is ook so dat baie vandag die betroubare pistole verkies. Daaroor spreek ek niks.
Hou dit in gedagte met jou dringende besluit.
Ek skiet beide .32 en .38Spec in 4” loop.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Vervalde Lisensie
Dankie julle.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Vervalde Lisensie
Vuurwapenamnestie
Die vuurwapenamnestie eindig op 31 Januarie 2021, wat beteken dat daar slegs 5 werksdae oorbly om die amnestietydperk te benut. Regdeur die land het ons ervaar dat die Polisie in verskillende distrikte en provinsies verskillende optrede toelaat en selfs aanmoedig.
In die Weskaap het kol. van Lill skielik op 22 Januarie 'n skrywe uitgestuur na alle stasies waarin hy daarop wys dat indien enige persoon 'n wapen aan iemand anders gee om in te handig die persoon wat die wapen weggee (of soms verkoop) om ingehandig te word, die Wet oortree en dat daar teen sulke persone opgetree sal word. Hy is op 'n missie van sy eie maar die Raad het dit goed gedink om lede in elk geval maar te waarsku om liewer versigtig te wees.
Indien u reeds 'n wapen so ingehandig het, is daar nie veel wat u kan doen nie. Indien u van plan was om 'n wapen aan iemand anders te gee om in te handig, is die advies om liewer versigtig te wees, die wapen self in te handig en self aansoek te doen vir 'n nuwe lisensie.
Die moontlike vervolging sal gefokus wees op diegene wat 'n wapen aan iemand anders gegee het om in te handig, nie op die persoon wat ingehandig het nie.
Die Raad het besluit om die situasie dop te hou en indien daar enige vervolgings sou plaasvind dan saam met soveel moontlik ander verenigings wat betrokke wil raak, 'n aansoek te bring teen die Polisie as daar genoegsame goeie meriete is om die belange van lede te beskerm. Dit maak nie sin om nou met groot lawaai met 'n hofsaak te dreig terwyl niemand nog vervolg is nie.
Die twee skrywes van kol. van Lill waaroor ons beskik is hier en hier beskikbaar.
Sou enige lid van SA Jagters vervolg word, laat weet my asseblief so gou moontlik sodat SA Jagters kan optree om die belange van lede te beskerm.
Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
JDKey
- Sr. Member

- Posts: 318
- Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am
Re: Vervalde Lisensie
Ek verneem die rye by die verskeie polisie stasies is redelik lank soos ek hier tik. Mense is ongelukkig oor dit so lank vat. Dit gaan my verstand tebowe....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Vervalde Lisensie
Vrydag gesien daar was lang ry voor Garsfontein stasie die middag nog.JDKey wrote: Sun Jan 31, 2021 4:09 pm Ek verneem die rye by die verskeie polisie stasies is redelik lank soos ek hier tik. Mense is ongelukkig oor dit so lank vat. Dit gaan my verstand tebowe....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Mense het oorgenoeg tyd gehad om hulle g@t in rat te kry behalwe vir dit is meeste van hulle ook nie deel van groot organisasie soos Chasa of SA Jagters nie wat baie geld uitvurk vir ons regte maar eintlik seker gedink ons kon nog iets uit die hoed haal.
Hulle trek voordeel uit ons lede geld en sake wat ons wen maar bring nie 'n sent by nie.
Dit frusteer my want die polisie kan klaar nie hulle werk doen nie nou word hulle toegegooi onder nog en ons nuwe aansoeke of hernuwings gaan nou langer vat.
Ek verstaan daar is mense met goeie redes hoekom hulle lisensies verval het maar hoekom wag tot 99 om in te gee en heraansoek te doen????
Jammer ek gee nou gas hier maar ek het begin Desember nuwe aansoek ingedien nog nie eers my eerste sms ontvang nie en gaan seker nou eers die week wat kom by DFO draai maak om te hoor wat gaan aan maar ek weet klaar daar gaan vir my genoem word hulle het te veel werk.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2944
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Vervalde Lisensie
Frederik, jy raak aan ongemaklike waarheid.
Ek is Vrydagmiddag Portugese Mauser en ander wapens uit ‘n boedel aangebied. Die familie besluit op 99 die prokureurs/eksekuteurs kan maar laat gaan.
Lang storie kort, wapenoffisier besluit dit moet in teen 31ste. Cherrie op koek - versoek dat hulle dit vandag/ Sondag inbring.
Die prok kantoor sou nie die naweek gewerk het nie, nou moet hulle. Ek waardeer die feit dat ons amptenare onselfsugtige diens verrig. Dink nie ons het oor die algemeen ‘n idee hoe Jan Publiek selfsugtig omgaan nie.

Last edited by Lategan1 on Sun Jan 31, 2021 11:10 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Vervalde Lisensie
Staan en luister na 'n man wat in 'n lang ry moes staan met 7 gewere vir
"......hopelike hernuwing want as hulle nie, sal hy en sy prokureer....." inhandiging.
How much for those guns?....vra n verbyloper hom.
R100 000 is not even enough sê hy.......
Dit gaan rerig my verstand te bowe hoe mense so traak my nie agtig is oor hulle wapens is.
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
JDKey
- Sr. Member

- Posts: 318
- Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am
Re: Vervalde Lisensie
Ek is eintlik verlig want daai klomp is nie deel van ons nie en verdien nie om wapens te besit nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Dawid S
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm
Re: Vervalde Lisensie
Goeiedag lede.
Ek het my aansoeke in Januarie in gedien. 6 maande voor lisensies verval.
Die lisensies verval die week.
Ek vind niks op die Saps stelsel nie.
Die vrou by die plaaslike Saps wapen afdeling se sy is nuut daar het nie toegang tot die stelsel nie en dat dit 'n gemors is.
Ek hou nie van so 'n situasie nie. Gaan dit nou oral so? Ek het darem my kwitansies.
Grootbrak Saps.