Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek will sommer die slim manne kom raad vra. ek het vir ,y 'n 6.5x55 met 24 duim loop aangeskaf. ek sal graag julle opinies/raad wil hoor oor watse glas ek daar moet op sit.
Ek jag hoofsaaklik in die bos maar wil met die kaliber dalk bietjie meer teiken skiet en vlakte jag aanpak.
Ek hoor graag van Julle.
Groete
303 Brit Lee Enfield Mk4 No2
6.5 x 55 SE Voere LBW
Bosvark ek jag ook met 'n Swede. Ek doen basies dieselfde as jy, jag meer in bos en bietjie vlakte. Ek skiet gereeld tot en met so 250m en hier en daar rondom 300m. Ek skiet gonge tot en met so 500m as die geleentheid hom voordoen.
Vir my jag en speel werk 'n 4-16X Nikon Morarch lekker. Nikon is van die mark af dus dink ek dat die 4-16 vir jou meer van waarde sal wees. 'n 20x scope sal daai bietjie ekstra gee op papier of vêr gonge maar as ek jou post so lees dink ek nie jy moet veel geld ekstra spandeer as jou behoeftes nie verander nie.
Hi Bosvark
Hier is 1 of 2 besluite wat jy ook oor moet besluit:
1. Wat is jou budget?
2. Wil jy oop of toe turrets hê (ek sou sê oop turrets is lekker vir gongs skiet en dalk ook vir daai langer skote op die vlaktes as jy tyd het om te dial)
3. FFP of SFP ....ek dink sfp is reg vir wat jy wil doen.
4. Vergroting.....ek stem saam met pvdw.....20 x gaan vir jou iets ekstra bied.....dink nie jy het meer as dit nodig nie. Ek jag ook op 12 of 14 op die vlaktes....maar soms op die langer skote, en as jy tyd het, dan gaan jy dalk wil opdraai.
Laat weet gerus watter kant jou kop staan.
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
Vir bosjag is 4-6x vergroting voldoende vir die meeste skote. Vir teiken skiet op verder afstande is 10-20x weer meer geskik. Om die twee te vermeng is dus 'n kompromie. Bosveld vereis vinnige skote en wye sigveld help om die teiken vinnig op te spoor. By teikenskiet het jy baie tyd tot jou beskikking. 'n Veeldoelige 5-20x vergroting behoort dus te kan werk.
Jy het nou die keuse tussen 1 ste of 2de fokuspunt teleskope. Die 1ste fokuspunt is handig vir teikenskiet, maar as jou oë nie die dunner kruishaar op laer vergrotings kan sien nie, dan gaan jy sukkel in die bos. Die 2de fokuspunt is die teleskope wat die meeste gebruik word en dit werk vir bos en teiken.
Ek sal voorstel dat jy deur 'n paar teleskope gaan kyk om die beste vir jou oog te vind. As jy iets sien wat jou geval kom vra dan raad oor daardie spesifieke model.