Page 1 of 3
.375HH
Posted: Sat Dec 31, 2011 12:05 pm
by Vlakvark
Manne ek staan voor n mo**se keuse ek wou nog altyd graag n .375HH gehad het
Nou kan ek hom koop maar ek steek vas weet nie of dit die regte ding is om te koop nie
Ek skiet met .270 het ook ma se .243of haar 7mm08 tot my beskiking. Ja sy out gun my sy het 5 wapens en ek het net 4

nou kan ek dit gelyk maak 5 elk.

Ek het by Krismis boxse by voorportaal algemeen Reply 38 gesit wat ek alles skiet. Die .375HH lyk my nou te groot en sy trajek hy val soos klip oor 300m hoe lyk hulle groepering oor 200m tot by 300m Ek het seker 28 jaar terug met een gespeel op 100m en ek het hom begeer hy het beter baie beter as my ou .303 wat my 1ste wapen was geskiet sou wat wou gee daai tyd om hom te gehad het.
Sal ek hom met ligter koeels op die selfde trajek as .270 kan kry ek ken my.270 en jag lekker gemaklik van af 25 tot 300 meter met hom nou moet ek n ander wapen leer ken en gebruik ek ruil maklik tussen die .270 en 7mm08 sonder probleme. Moet ek eerder na .300 of .338 kyk en my droom nog n paar jaar uit stel.
Of is n .375 n moet in elke man se kluis. Moet ek net na hom kyk as wapen vir tot 200m Ek is bang ek koop hom en hy staan net in die kluis as of ek al vier die wat ek het ewe veel gebruik
Nog n vraag wat se scope nie gevaarlike wild en tot so 300 m al my wapens het 4-14x50mm scopes op moet ek daarby bly of eerder 40 of 27mm gaan of 1.5-5x20 hy sal seker sukkel op 300m
Re: .375HH
Posted: Sat Dec 31, 2011 5:21 pm
by Gerard
Vir wat dit werd is: 'n Kli?nt van ons in Limpopo het 'n 375H&H en het 'n 300WM oorweeg. Hy begin skiet in tussentyd sy 375 met 200gr koe?ls en vind dat hy oor presies dieselfde trajek skiet as 'n 300WM met 180gr loodkern koe?ls. Hy het nou geen behoefte aan 'n 300 nie.
Re: .375HH
Posted: Sat Dec 31, 2011 5:36 pm
by Pvdw
Vlakvark ek het noudie dag gesit en kyk na herlaai data vir die 375H&H.
200-220gr koe?ls word gejaag tot teen 3100-3200ft/s. Nou ek ken nie veel van 375 trajekte en goette nie maar ek kan net indink hoe daai koe?l gaan vlieg teen daai spoed en massa
Download een van die eksterne balistiese programme van die net af en voer die nodigge inligting daar in. Die trajekte is nie altyd perfek nie maar jy sal 'n baie goeie idee kry van wat om te verwag.
Peet
Re: .375HH
Posted: Sat Dec 31, 2011 6:19 pm
by DWB
Wys my asb daarop uit as ek verkeerd is, maar ek dink die 375 met 200gr koeels gaan minde? byt as die 338.
En ja, elke man moet 'n 375 h?

Re: .375HH
Posted: Sat Dec 31, 2011 6:50 pm
by blaser
Jy kan die 375 maak om soos baie ander kalibers te skiet (ligter koeels meer kruit ens) maar jy kan nie die ander maak om soos die 375 te skiet nie
Re: .375HH
Posted: Sat Dec 31, 2011 6:57 pm
by Pvdw
Jy kan die 375 maak om soos baie ander kalibers te skiet (ligter koeels meer kruit ens) maar jy kan nie die ander maak om soos die 375 te skiet nie
Goed gestel, nooit daaraan gedink nie.
Peet
Re: .375HH
Posted: Sun Jan 01, 2012 10:54 am
by iceman1982
Gerard wrote:
Vir wat dit werd is: 'n Kli?nt van ons in Limpopo het 'n 375H&H en het 'n 300WM oorweeg. Hy begin skiet in tussentyd sy 375 met 200gr koe?ls en vind dat hy oor presies dieselfde trajek skiet as 'n 300WM met 180gr loodkern koe?ls. Hy het nou geen behoefte aan 'n 300 nie.
Oom Gerard,
n Ander klient van julle in die Oos Kaap voel presies dieselfde.....
Groete,
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 9:34 am
by Vlakvark
Manne ek wil more die Wapen gaan koop
Ek hoor wat Oom Pine en Gerard se Rem ek like jou verduideliking baie
Dit is ook die .375 se 100ste herdenking die jaar so hy is 100 jaar oud(ek wil darem n nuwe een koop)
Ek het so bietjie met QL gespeel en is nog steeds onseker ek weet die .338 of selfs kleiner is wat ek moet vat maar my hart se .375
Waar is die manne met .375 ondervinding veral 200g koeels en hulle trajek, spoed
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 9:41 am
by tripodmvr
Jy in Oz gaan makliker regkom met verskillende kalibers. Ek vrek oor my 375 en met 200gr koe?ls skiet hy baie plat. 'n Vriend van my gebruik dit nou as sy springbokgeweer - skiet soos 243 en die terugslag is min. Die 200 greiners is voldoende vir alles wat in die jagveld roer.
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 10:42 am
by DWB
Oom Vlakvark,
Luister na Oom se hart, want anders gaan mens altyd wonder
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 12:47 pm
by molopohunter
remington wrote:
Jy kan die 375 maak om soos baie ander kalibers te skiet (ligter koeels meer kruit ens) maar jy kan nie die ander maak om soos die 375 te skiet nie
Baie goed gese.
En mens kort net n 375...

Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 4:28 pm
by afriventure
Vlakkie
Dit lyk of jy seker reeds oortuig is oor jou keuse van die 375 H&H, die geheim bly altyd dat jy
koop wat jou hart begeer.
Die ander vraag is dan ook wat wil jy oorwegend met hom skiet ? daar by julle weet ek nou nie.
Onthou 'n 375 is steeds 'n lekker kaliber vir die manne wat iets swaars soek vir groter bokke, dit is nie 'n lang afstand geweer nie, alhoewel tot op 200m met 'n 300gr koel het jy nie probleme nie.
My Mening: Ek sou nie die 375 met 200gr koel aanjaag om meer spoed en afstand te kry nie, 'n 300 doen dit net makliker, en 'n 338 is ook 'n goeie keuse, ek skiet self 'n 338 en dit is seker die geweer wat ek die meeste gebruik in my arsenaal vir gewone jag, skiet hy nou vir jou lekker! ( Party manne kla hy skop???

)
Ek is 'n man wat glo in swaar koele so my 375's gooi net 300gr. my 338 net 250gr, alhoewel hy loop soos stroop met 200- 225gr. Ek het al 'n hele paar buffels getiep met die 338.
As 'n man will groot goete aanvat so nou en dan, en jy moet 'n geweer koop - my keuse 416 Rem. As jy dit gereeld gaan doen, kry iets groter.
Hoop nie dit maak jou deurmekaar nie, en ou maat maak jou eie keuse!
Ek se altyd moet net nie iets koop wat gebou is vir 'n swaarder punt en 'n ligter punt gebruik om weg te kom van "recoil" nie, dan bluf jy jouself ( sien die baie gebeur)
Groete
Johan
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 4:39 pm
by Vlakvark
Afriventure
Praat van deumekaar nou is ek Ek wil die ligte koels gebruik om beter trajek te kry aangesien ek basies net wild met hom gaan skiet As ek wel Water buff gaan skiet sal ek 300g toe gaan want dit is gewoonlik naby skoote+- 70M
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 4:47 pm
by tripodmvr
Vlakvark wrote:
Afriventure
Praat van deumekaar nou is ek Ek wil die ligte koels gebruik om beter trajek te kry aangesien ek basies net wild met hom gaan skiet As ek wel Water buff gaan skiet sal ek 300g toe gaan want dit is gewoonlik naby skoote+- 70M
Het grotendeels nog 235gr Goodnel en Barnes X en 200gr Impalas in my 375 gebruik. Hierdie koe?ls penetreer op die lengte van 'n kudu en skiet baie plat. Moet net nie gewone loodpunte in 235gr gebruik nie. Te kort en te sag. Ek dink die 235 Barnes'e is genoeg om buffel mee te skiet. Die enigste 300 greiners wat ek mee gejag het was die Frontier Game Ranger, 'n kopergeplateerde loodkoe?l. Die 235gr Barnes is akkuraat uit my Musgrave by 2900fps en dit sal sorg vir'n baie plat trajek. Terugslag het my nog nooit gedurende die jag gepla nie, maar dit is minder met die ligter koe?ls. Die ligter gedagte is suiwer vir die platter skiet.
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 5:31 pm
by DWB
Oom moet seker al "n fabrikaat in gedagte h??
Kyk eers dan watse fabrikaat bied watse kalibers?
Maar mens weet mos, as jy hom optel sit hy net so mooi reg
Kry dan maar 'n 300H&H hy het ten minste 'n .375 se dop

Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 5:49 pm
by Gerard
Dis 'n goeie ding om jou hart te volg in die sake. Onthou net om jou brein saam te vat.
Kyk na die syfers op QL en vergelyk die 338 en 375 met 200gr koeels. Die dryfmiddel met die 375 sal vinniger wees en die trompdruk is ook laer. Albei werk in die rigting van minder terugskop. Die 338WM sal 'n effens platter trajek skiet as die 375 maar die 375 sal 'n groter wondkanaal deursnee en effens minder penetrasie gee. Albei het genoeg penetrasie vir 'n eland of kameelperd.
Met nader skote op groter diere is dit gerusstellend om meer penetrasie in die hand te h? maar mens moet nie giroskopiese stabilisasie inboet nie. 300gr monometaal koeels is dus nie gewens nie en, in loodkern koeels, moet mens sonder twyfel iets met 'n gebonde kern gebruik.
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 6:26 pm
by Gerhard
Ek het 250gr Barnes TSX'e gekry vir my 375H&H
Volgens QL behoort ek sy node te slaan teen 2800fps min of meer.
Dit is meer as voldoende vir my tot op 300m.
Stem saam met Afriventure en die 300gr's
Vriend van my gaan skiet gereeld springbokke in die Kalahari met sy 375 en 300gr's
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 7:49 pm
by Penkop
Oom Gerard,
Ek aanvaar "giroskopiese stabilisasie" beteken "tuimel"?
Hoekom sal 'n monometaal koe?l bogenoemde stabilisasie verloor in die konteks soos Oom dit stel?
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 7:59 pm
by DWB
Ek dink 'n 300gr Mono sal seker baie lank wees dus gaan dit oor die stabilisering.
Maar Oom Gerard sal beter verduidelik
Re: .375HH
Posted: Mon Jan 02, 2012 8:50 pm
by tripodmvr
The power of the 375. Onlangse berig in die Magnum het gepraat oor werklike penetrasie op olifante met die uitskiet van wild in Zimbabwe. Loshande was daar twee kalibers wat voorgeloop het. Dit was penetrasie op olifante deur die skedel en verder. Die tweede plek was dit die 375 met 2 meter. Eerste was die 416 Rigby met 3 meter. Ek is tevrede met die No. 2 posisie as dit aan so ou kaliber behoort. Die 458 het slegs net meer as 1 meter penetreer.
Re: .375HH
Posted: Tue Jan 03, 2012 12:01 am
by Wouter Roets
Hallo Almal
Die vordering wat in die laaste twee dekades gemaak is op solid koeel ontwerp is verstommend. Die pluimpie hierin is dat die meeste daarvan geskiet het op eie bodem en ons is bevoorreg om seker die grootste eksponent daarvan op die forum te he. Daar is soveel aspekte verbonde hieraan waarvan die vorm van die koeel seker die grootste is. Vasinerende onderwerp! Ek sou bitter graag die resutate van die nuwerwetste onwerpe wou sien in n soortgelyke toetse. Ek dink nie ek sal alleen wees as ek my hand sou opsteek om die werk te doen nie.
Meskien het Oom Gerard so bietjie informasie oor die veriggting van die nuwer koeels?
Groetnis
Wouter
Re: .375HH
Posted: Tue Jan 03, 2012 12:19 am
by Gerard
Daar is 'n paar feite en re?ls met giroskopiese stabiliteit (stabiliteitsfaktor - s/f) wat nooit verander nie:
1. S/f is die laagste by die tromp en verhoog soos wat die koe?l weggaan van die geweer af.
2. S/f verhoog namate die spiraal van die geweer stywer word (kleiner nommer) of die lang as van die koe?l verkort of die trompspoed verhoog.
3. Stabiele vlug onder alle atmosferiese omstandighede vereis 'n s/f van 1.2 of meer.
4. Stabiele penetrasie van vlug na weefsel vereis 'n s/f van ten minste 1.5 met koe?ls wat omklink en ten minste 2 met koe?ls wat nie omklink nie.
In 'n standaard spiraal 375H&H is monometaal koe?ls van 300gr op die rand van stabiele penetrasie met geen marge van veiligheid nie. 300gr Monometaal sagtepunt koe?ls is nog slegter daaraan toe. 300gr Loodkern, plathak koe?ls is 'n goeie begin punt in sagte of soliede fomaat. Dit is gewoonlik op die korter afstande (waar s/f nog laag is) wat dinge skeef loop met 'n 375.
In 'n 375H&H gebruik ek 'n 200gr sagte mono vir vlaktewild, 'n 265gr sagte mono as daar die moontlikheid is dat ek in buffel of olifant kan vasloop en 270gr soliede monos vir brute, diep en reguit penetrasie. 'n 375H&H het genoeg spoed, en sit genoeg stress op 'n koe?l, dat loodkerns nie 100% betroubaar is nie, veral op spoegafstand.
Re: .375HH
Posted: Tue Jan 03, 2012 12:55 am
by Dawid
Vlakvark,
Ek dink die manne het nou heel weggehardloop met jou "Post"
Alle tegniese aspekte word nou bespreek en ek dink dit raak oor die algemeen te tegnies om by jou besluit uit te kom......
375 IS n goeie geweer en het homself al oor en oor bewys. Koop nou die ding en kry klaar sodat jou siel kan rus want ek gaan beslis nie na jou gehuil luister as jy spyt is dat jy nie gekoop het nie.
Soos my Pa altyd gese het..." Moenie more by my kom kla nie"

Re: .375HH
Posted: Tue Jan 03, 2012 3:09 am
by Vlakvark
David
Ek ry nou Gun shop toe ek hoop net hulle het hom in vooraad Ek het op .375 besluit . Ek begeer hom al te lank oor die 27 jaar dis nou tyd dat hy in my kluis kom staan.
Niemand het dop lewe aan geraak nie hoeveel keer kan hy geherlaai word Ek is nou op pad so sal eers die andwoord kry as ek hom klaar gekoop het. As die handelaar my nie weer van plan laat verander nie
Re: .375HH
Posted: Tue Jan 03, 2012 6:15 am
by DWB
Oom Vlakvark, die Bybel s? mens moenie soos 'n golf wees wat rondgewaai word deur die wind nie
Staan vas en moenie voor die handelaar swyg nie
Goeie besluit! Geniet hom!
Ek dink dit maak dit soveel lekkerder dat sou daai uitnodiging ooit kom, dat jy weet jy kan!