Nou kan ek hom koop maar ek steek vas weet nie of dit die regte ding is om te koop nie
Ek skiet met .270 het ook ma se .243of haar 7mm08 tot my beskiking. Ja sy out gun my sy het 5 wapens en ek het net 4
Sal ek hom met ligter koeels op die selfde trajek as .270 kan kry ek ken my.270 en jag lekker gemaklik van af 25 tot 300 meter met hom nou moet ek n ander wapen leer ken en gebruik ek ruil maklik tussen die .270 en 7mm08 sonder probleme. Moet ek eerder na .300 of .338 kyk en my droom nog n paar jaar uit stel.
Of is n .375 n moet in elke man se kluis. Moet ek net na hom kyk as wapen vir tot 200m Ek is bang ek koop hom en hy staan net in die kluis as of ek al vier die wat ek het ewe veel gebruik
Nog n vraag wat se scope nie gevaarlike wild en tot so 300 m al my wapens het 4-14x50mm scopes op moet ek daarby bly of eerder 40 of 27mm gaan of 1.5-5x20 hy sal seker sukkel op 300m




