Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Om waardering te wys vir 'n lekker jaar (alle ander opsigte 'n ramp) op Jaracal wil ek sommer een van die ammo tasse opsit as 'n prys.
Inskrywing is kosteloos, die eerste en enigste prys is 'n ammunisie tas in 308fam of 300/338 fam wat posgeld insluit.
Ek is nie seker hoe om dit te formuleer, maar ek het gedink 100 nommers, een inskrywing per lid en genereer dan sommer 'n random nommer tussen 1 en 100 met excel om die wenner aan te wys. Tensy iemand vir my 'n beter en makliker plan het.
Die ander alternatief is om die prys op veiling te sit, die koper betaal die koop bedrag aan 'n welsyns organisasie oor.
2 daughters. Plenty guns.
Last edited by Francoisv on Mon Dec 21, 2020 10:22 am, edited 1 time in total.
Arnold wrote: Mon Dec 21, 2020 11:24 am
Wat van n inskrywingsfooi van R10 per kaartjie en jy kan meer as een keer inskryf. Die opbrengs gaan dan vir n goeie doel.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Die voorstel is mees sinvolste om deelname te kry en fondse uit verskeie lede se sak.
Die veiling metode beteken net EEN lid moet die bydrae maak vir n goeie saak en sy sak moet verkieslik DIEP wees.
Herbesin oor die insameling...daar is baie gewillige lede. Maak dit n "lucky draw" teen gemaklike bedrag!

Maar net my 2c
Viking
Dankie vir jou inset. My aanvanklike idee was sommer om iets terug te sit in Jaracal, toe beweeg die ding so half vanself veiling en donasie toe. Ek glo 'n kompetisie met kaartjie en nommers en trekking en in betalings ens sal meer op lewer, maar vir al daai admin sien ek nie nou kans hier paar dae voor Kersfees. Miskien in die nuwe jaar, want middernag op 31 Des verdwyn al die jaar se ding en ons begin vars.
Jy kan die geld oorbetaal aan die welsyn van jou keuse, en van my kant af sort ek jou uit met 'n spoggerig tassie, laat weet wat jou kaliber behoefte is.
Groot dankie vir jou met die poging, gedog miskien meer belangstelling. Almal by die see buite opvangs of Kersgeskenke is duur!
Ek gaan PWV Pieter Vorster se vorige poging ondersteun, sal na vakansie oorbetaal, EFT bewys vir jou aanstuur. My kaliberkeuse as ek het, 6.5x55 Sweed. Andersins .308/.243.
Begunstigde:
Huis Andrew Murray, Wellington.
Groete en Geseënde Kersfees aan jou en familie.
NS.
Ek kan dit altyd met my Hilux by jou kom afhaal in die Kaap!
Jy kan die geld oorbetaal aan die welsyn van jou keuse, en van my kant af sort ek jou uit met 'n spoggerig tassie, laat weet wat jou kaliber behoefte is.
Die aksie is nou afgehandel, sommer lekker met Lategan gesels gister. Altyd lekkerder om mekaar in die oog te kan kyk. Dankie vir jou aandeel in die aksie Lategan.