Page 1 of 1
Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)
Posted: Tue Dec 15, 2020 10:59 am
by Quenets
Goeiedag Almal
Ons het 'n lekker nuwe Daystate Red Wolf Safari 5.5mm op uitverkoping vir R48 900.00
Kontak my by
hunting@quenets.co.za of 023 347 7188 as julle belangstel.
Groete
Werner
Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)
Posted: Tue Dec 15, 2020 11:08 am
by tripodmvr
Sê ek toe 'n groot woord toe ek die prys bekyk. Die wisselkoers en swak rand straf ons darem erg.
Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)
Posted: Tue Dec 15, 2020 11:39 am
by OosKaapJagter
Word hierdie windbuks as 'n vuurwapen geklassifiseer?
Die spesifikasie vir hierdie .22 hierbo dui aan "30 shots @ 65 ft/lbs".
Die Wet op beheer van Vuurwapens, wet 60 van 2000, definieer 'n vuurwapen as volg: (Net die tersaaklike gedeelte wat windbukse beskryf aangehaal)
"Definitions
1. In this Act, unless the context declares otherwise-
(xii) "firearm" means any-
(d) device manufactured to discharge a bullet or any other projectile of .22 calibre or higher at a muzzle energy of more than 8 joules (6 ft-lbs), by means of compressed gas and not by means of burning propellant; or...."
Die idee is nie om 'n "spoilsport" te wees nie, maar om onnodige drama te vermy.
Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)
Posted: Tue Dec 15, 2020 11:44 am
by tripodmvr
Die 5.5mm is kleiner as .22 en daarom word die' PCP nie as 'n vuurwapen i.t.v. Wet 60 van 2000 gesien nie.
Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)
Posted: Tue Dec 15, 2020 12:33 pm
by OosKaapJagter
Dankie Tripod.
Indien dit wel 5.5mm is, is dit net-net nie .22 van 'n duim nie. Dan sal dit wettiglik nie as 'n vuurwapen geklassifiseer word nie.
Ek sien .22 van 'n duim is inderdaad 5,588 mm.
Die beskrywing kan lei tot onsekerheid, want dit word beskryf as beide .22 en 5.5mm, met .22 wat 'n "vuurwapen" is volgens die definisie en 5.5mm wat nie een is nie.
Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)
Posted: Tue Dec 15, 2020 5:36 pm
by Dirkvh
tripodmvr wrote: Tue Dec 15, 2020 11:44 am
Die 5.5mm is kleiner as .22 en daarom word die' PCP nie as 'n vuurwapen i.t.v. Wet 60 van 2000 gesien nie.
Korrek. Alhoewel windbukse geklassifiseer word as .22 is hul slegs 5.5mm en nie 5.56mm soos die wet bepaal, wat die eintlike metric is van .22
Re: Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)
Posted: Thu Dec 17, 2020 10:02 am
by Capt. Yoda
Man dis n lekker speel ding die
Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)
Posted: Thu Dec 17, 2020 11:36 am
by Toxxyc
OosKaapJagter wrote: Tue Dec 15, 2020 11:39 amDie idee is nie om 'n "spoilsport" te wees nie, maar om onnodige drama te vermy.
Ek stry nie met jou nie, maar ek dink nie ons moet die tipe vrae in die publiek vra nie. Daar is tans 'n paar hofsake oor probleme met hierdie tipe windbukse, en dit byt lelik aan die windbukswêreld.
Re: Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)
Posted: Thu Dec 17, 2020 4:01 pm
by OosKaapJagter
Die idee was nie om die draad te kaap nie, maar om 'n geregverdigde kwelpunt op te klaar. Dalk mis ek die punt, maar ek glo dit is beter om duidelikheid te kry alvorens die minister met die hoed se agente by jou opdaag.
Die feit is dat enige windbuks onder 5,588mm wettig is, synde dit minder as .22 van 'n duim is. Ek verstaan nou dat ".22" windbukse eintlik 5,5mm is.
Dit is 'n gegewe dat die wetgewing se bepalings vasstaan en om daaroor te swyg laat nie die probleem verdwyn nie. Hierdie lyk na 'n puik speelding vir diegene in wie se begroting dit val.
Re: Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)
Posted: Wed Mar 23, 2022 12:27 pm
by moemin
Dagse manne, ons almal verwys na ons 5.5mm air rifles as .22, alhoewel dit nie is nie, maar close enough..